Skep uit ervaring en lesse wat geleer is – hou aan om op die positiewe dinge te fokus. Jy sal dalk nou tereg jouself die vraag afvra watter positiewe ervarings of lesse ons uit 2020 kan neem. Hier is ʼn paar wat opvallend was.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "AON"
Video: Kom ons gesels oor doeltreffende skoolbestuur
Vir Verna Stuurman gaan dit veel eerder oor die geleenthede wat vir leerders en onderwysers by ʼn skool geskep word en ʼn skool se hele waardestelsel.
Onderwysers moet nou omsien na hul gesondheid
ʼn Mens kan nie iets gee wat jy nie het nie. Jy kan ook nie iets verkoop as jy nie eers self daarin glo nie. Dit is waarom dr. Gillian Arendse glo dit is uiters belangrik dat onderwysers in hierdie tyd na veral hul eie emosionele en geestesgesondheid omsien.
Luister: Vind onderwysmodel wat karakter, kennis, vaardighede bou
In die eerste episode van hierdie reeks getiteld “Die onderwys – Kom ons beweeg saam vorentoe”, gesels René met Daan Potgieter, uitvoerende hoof van die Afrikaanse Onderwysnetwerk. Hulle verken Suid-Korea en Finland se onderwysmodelle.
ʼn Visie vir onderwys in die digitale era
Daan Potgieter, uitvoerende hoof van die Afrikaanse Onderwysnetwerk, het tydens die bekendstelling van VivA se Taalportaal en Taalonderrigportaal gesels oor die AON se visie vir onderwys in ‘n digitale era.
Nuwe Afrikaanse plakkaatreeks vir klaskamers
Hulpmiddels vir klaskamers is altyd welkom. Tog is dit belangrik dat hulpmiddels nie net bydra tot vrolike dekor nie, maar ook wel sinvol is. Die Afrikaanse Onderwysnetwerk (AON) het ’n Afrikaanse plakkaatreeks ontwikkel vir graad 4 tot 12.
In ’n japtrap gereed vir die grootskool
Wilna van Rooyen, ʼn vroeëkinderontwikkelingspesialis van die Afrikaanse Onderwysnetwerk (AON), verstaan die hart van klein mensies en deel graag ʼn paar idees om gr. R-leerders speel-speel vir die grootskool voor te berei.
Nasionale leesprojek begin op Internasionale Moedertaaldag
“Dit is die Afrikaanse gemeenskap se plig om ons kinders hierin te ondersteun. Ons sal hulle versaak indien ons hulle nie hierdie geleentheid bied nie.”
Nou kan hy onderwys en Afrikaans kombineer
“Die pos by die AON is ʼn nuwe uitdaging en ek kan nou my passie uitleef om te sorg dat Afrikaanse onderwys behoue bly. My nuwe werk behels dat ek ʼn netwerk tussen die onderskeie rolspelers en skole met Afrikaans as onderrigtaal bou.”
Nuwe denke en leierskap vir veranderende onderwyslandskap nodig
Onderwys in Suid-Afrika is vandag wisselvallig, onvoorspelbaar, ingewikkeld én onduidelik. Dit is in die lig hiervan dat onderwysers en hoofde hulself toenemend moet vra of hulle toegerus is om aan die uitdagings van die “Vuca-scenario” en omstandighede te voldoen.
Afrikaans is ons almal se ma
Wat bly oor? Afrikaanssprekendes sal, soos ná die Anglo-Boereoorlog, sélf die wa deur die drif moet help.