Die Jaguares in Poema-gewaad het Saterdag feitlik in ʼn spieëlbeeld van verlede week se neerlaag teen Wallis in die tweede toets weer die onderspit gedelf.
Alles vir die sleutelwoord "Argentinië"
Poemas skrik dalk vinniger as Saru wakker
Die Argentynse Rugbyunie (UAR) gaan sy keurbeleid vir die nasionale span luidens berigte op sy eerskomende jaarvergadering in Maart hersien.
La Boca se tango
Maar as ek dink aan Argentinië, dink ek aan Evita Perron en … tango. En nie net enige tango nie. La Boca se tango, skryf Marianne Styan.
Vermiste duikboot steeds soek ná ‘ontploffing’
Die hoop om die bemanning lewend te vind kwyn al meer, aangesien die duikboot net genoeg suurstof gehad het om ongeveer ses dae te hou.
Pa hou dogter as seksslaaf aan; verwek 8 kinders
ʼn Hooggeregshof het Woensdag gehoor dat dié man sy dogter reeds 22 jaar gelede, toe sy 15 jaar oud was, begin verkrag het.
Rugbykampioenskap: All Blacks wil Pumas se tjank aftrap
Die Argentynse Poemas kan die Bokke ʼn baie groot guns bewys wanneer hulle Saterdag in New Plymouth teen die All Blacks in ʼn toets in die Rugbykampioenskap speel, maar ons glo tog sekerlik nie aan die tandemuis nie.
Poemas snoei weer kwaai aan span
Die Argentynse Poemas se afrigter, Daniel Hourcade, weet steeds nie wie sy beste span is nie.
Jano Vermaak vervang Ross Cronjé in Bokgroep
Jano Vermaak sal Woensdag in die plek van Ross Cronjé saam met die Springbokspan na Argentinië vertrek.
Dít was mos Bokrugby met ʼn plan en struktuur
Drukrugby. Ja, met hier en daar ʼn losserige stukkie spel tussenin, maar met doelgerigtheid en gehalte wanneer dit saak gemaak het.
Rugbykampioenskap: seges teen Franse tel nie meer
Daar is genoeg voorbeelde, ook onlangs, om te bewys dat eenderse uitslae ná mekaar nie ʼn gegewe is nie. Om vandag te verloor en more maklik te wen, is nie ongewoon nie.
Jagter deur olifant vertrap
Die olifant het glo skielik op die man afgepyl.
SA chenin kan Amerikaners se aandag trek
Internasionale wynkenner se raad aan plaaslike wynmakers: “In plaas daarvan om daarop aanspraak te maak dat julle alles kan doen, sou dit beter wees om die klem te laat val op dit wat julle die beste doen”.
Juniors druk 11 keer om halfeindplek te verseker
Dit was heerlik en mooi om na te kyk, vol vernuf en vaart en heeltemal oortuigend toe die Junior Springbokke Donderdag met 72-14 teen Argentinië in die o.20-Wêreldkampioenskap gewen het.
Rigtinglose Bokke kry eerste pak in Argentinië
Die Springbokke het Saterdagaand in Salta deur die eerste helfte geploeter en daarna marginaal verbeter maar nogtans 24-26 in hulle tweede Rugbykampioenskap-toets teen Argentinië verloor.
Koch enigste verandering aan Bokke se beginspan
Vincent Koch in die plek van die beseerde Julian Redelinghuys is die enigste verandering aan die beginspan van die Springbokke wat Saterdag in Salta in die tweede toets van die Rugbykampioenskap speel.
Terugvegpoging red ʼn middelmatige Bok-vertoning
Die Springbokke het hulle openingswedstryd in die Rugbykampioenskap in die laaste tien minute beklink toe hulle Argentinië Saterdag 30-23 in Nelspruit geklop het.
Argentynse boere hunker steeds na SA
Dis ongelooflik om te hoor hoe sommige van dié mense, wat in Argentinië gebore en grootgemaak is, steeds na Suid-Afrika hunker.
Dolfyn vrek ná swemmers selfies neem
ʼn Jong dolfyn het vermoedelik weens dehidrasie gevrek nadat hy soos ʼn trofee rondgedra en deur ʼn groep swemmers gevryf is voor hy agterweë op die sand gelaat is.
Dakar: Die hele boksemdais was Suid-Afrikaans
Verbeel jou ʼn sit in ʼn motor wat die een dag soos ʼn oond voel terwyl jy oor duine moet jaag, net om die volgende dag paaie vol sneeu aan te durf.
Supertameletjie wag dalk op Argentynse rugby
Dit lyk of daar in die komende jaar `n supertameletjie op die Argentynse Rugbyunie (UAR) kan wag.