” … dieselfde konsep geld ook vir die lewe – die donkerste en koudste oomblikke is normaalweg net voordat die son opkom. Nou weet ek dat wanneer jy daardeur kom, ’n euforie op jou wag wat ligjare van die donker verwyder is.”
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Armand du Plessis"
Man pak Ultra-Trail Drakensberg-wedloop tuis aan
As ultramarathon-atleet het hy al reg oor die wêreld naam gemaak. “Ek het gereeld gedurende die wedloop aan die ander drawwers gedink wat iets soortgelyks binnenshuis moet aanpak. Nou dít verg baie moed.”
SA’ners presteer tydens uitmergelende roete in Italië
Armand du Plessis, een van die Suid-Afrikaners wat aan die uitmergelende Tor des Geants (“reis van die reuse”) in die Italiaanse Alpe deelgeneem het, het Vrydagoggend ná meer as 113 ure op die pad, die wedloop voltooi.
Volg SA’ners regstreeks wat aan uitmergelende wedloop deelneem
Terwyl die Suid-Afrikaanse atlete by die Paralimpiese Spele in Rio de Janeiro, Brasilië, is daar twee Suid-Afrikaners wat in die Italiaanse Alpe aan een van die uitmergelendste veldwedlope deelneem.
SA’ner blink uit by Chileense ultramarathon
Armand du Plessis, ʼn ultramarathon-atleet van Kaapstad, het die land se naam hoog gehou toe hy die derde plek op die podium gehaal het tydens ʼn 160 km-wedloop onder uiterste omstandighede in Chileense Patagonië.
170 km, drie lande, 46 uur, een stel tekkies en ʼn hart vol durf
Stel jouself voor: dis Vrydagaand om 18:00 en jy staan gereed met net jou paar hardloopskoene aan jou voete, ʼn waterbottel oor jou skouer en ʼn paar energiestafies iewers in jou sak versteek. Voor jou lê 170 km oor drie lande, meer as 10 000 m se klim (dis hoër as Everest!) en jy moet dit binne 46 uur voltooi.