Die ATKV-Mediaveertjies het Vrydagaand weer Suid-Afrika se blinkste mediasterre vereer – en dié jaar het die nasionale radiostasie RSG, kykNET en Die Burger bo uitgetroon.
Alles vir die sleutelwoord "ATKV"
Le Hanie bedank ná jaar by ATKV
Deidre le Hanie het ná ʼn jaar in haar amp as besturende direkteur by die ATKV bedank.
Talle bekendes deel van liedjiewerkswinkel
Die liedjiewerkswinkel word in Mei vir jong aspirantliedjieskrywers in grade 11 en 12 deur die ATKV, in samewerking met die Atterbury Trust en die Afrikaanse Hoër Seunskool, aangebied.
Skryf nou in vir ATKV-Applous 2018
Die ATKV-Applouskompetisie word vanjaar vir die 41ste keer aangebied.
ATKV-Lenteskool: Kompetisie vir skrywers van romantiese fiksie
Hierdie twee-en-’n-halfdag-geleentheid is ’n praktiese slypskool vir enigiemand wat ’n liefdesverhaal wil skryf.
Beste internasionale praktyke bewys onderrig in Afrikaans moet bly
Gemeenskappe hoef verder nie skaam te wees om eie bates vir eie taal aan te wend nie, want dit beteken nie dat hulle onvriendelik jeens ander gemeenskappe staan nie, maar bloot dat hulle waardering vir hulle eie het en dieselfde reg aan ander gun.
ATKV reageer op klagtes oor nuwe strategie
Die ATKV het gesê die vereniging neem kennis van die uiteenlopende reaksies op sy Afrikaans Plus-inisiatief.
‘Word ATKV nou TKV?’
“Die geskiedenis het bewys dat as ʼn organisasie probeer om alles vir almal te wees, dit dikwels in die middel deurval en eindig deur niks vir niemand te wees nie.”
Die ATKV ly aan ‘mission creep’
“Die ATKV se toekomsplanne is helaas ʼn naïewe strategie wat dalk aanvanklike suksesse sal oplewer en die projek vergroot, maar die ATKV desnoods uiteindelik gaan verander of selfs onder sal laat gaan.”
‘ATKV is jou Afrikaanse kultuurtuiste’
Lesers het Dinsdag skerp gereageer op Maroela Media se berig oor die ATKV se nuwe strategiese fokus en die nuwe rigting wat die organisasie wil inslaan. Lees Deidre le Hanie, die nuwe besturende direkteur van die ATKV, se kommentaar op lesers se navrae en kommentaar:
Afrikaans Plus – ʼn nuwe strategie vir die ATKV
Die ATKV is steeds trots Afrikaans, maar “nie meer op ʼn selfsugtige basis nie,” sê Deidre le Hanie, die nuwe besturende direkteur van die ATKV.
Maak jou huisie-by-die-see-drome waar
Die Overbergse kusdorpie Onrusrivier, net ʼn klipgooi van Hermanus, het die afgelope paar jaar ʼn voorkeurbestemming vir vyftigplussers geword. Hierdie omgewing bied aan inwoners en vakansiegangers topklas wynlandgoedere, swemstrande, gholfbane, winkelsentrums, restaurante, ʼn Mediclinic-hospitaal en nog vele meer.
Die Bosveld op sy beste
Negester Klein-Kariba, met sy pragtige Bosveld-fauna en -flora, lê in die Waterberg-biosfeer wat ook ʼn Unesco-erfenisgebied is. Dié beveiligde en volhoubare leefstyl-landgoed vir vyftigplussers, grens aan die ATKV-Klein-Kariba-vakansieoord en is naby Bela-Bela (Warmbad) geleë, net ʼn uur se ry van Pretoria af.
PG du Plessis: ʼn Diep leemte wat nie gevul kan word
“Nou het sy welbekende stem en lag vir oulaas stil geword en die ondeunde vonkel in sy oë is geblus na ʼn uitmergelende, maar moedige jare lange stryd teen kanker. Hy was voorwaar ʼn skrywer wat die lag saam met die traan beter as enigeen kon vasvang.”
Die ATKV kry nuwe besturende direkteur
Sy het verskeie toekennings ontvang en was die eerste vrou wat as finansiële direkteur en besturende direkteur in die Altron-groep gedien het.
Lank lewe Afrikaans as moedertaal!
ʼn Mens kan met reg vra hoeveel daar werklik te vier is, gegewe die knaende en volgehoue aanslag op Afrikaans as onderrigmedium vanuit regerings- en ander oorde. Nie net Afrikaans word toenemend misken nie. Ook die land se ander inheemse tale word nie bevorder, ontwikkel of ʼn plek in die son gegun nie.
Winterskool weer met trots in 2017 aangebied
Opwindende, bekroonde skrywers wat ook boeiende geselsers is, kom gee inspirasie en wenke aan dié wat die leer wil klim as skrywers van verhale, kinder- en jeugverhaalkuns en gedigte: Lien Botha, Simon Bruinders, Hans du Plessis, Fanie Viljoen, Cecilia Steyn, Martin Steyn en Bibi Slippers.
ATKV-Oesfees vier 10 jaar!
Tradisionele Kaapse geregte soos waterblommetjiebredie, braaivleis, Kaapse kerrieafval en koeksisters word verkoop asook ’n verskeidenheid van Solms-Delta se wyne.
ATKV-Postmatriek dié alternatief ná matriek!
Waag ’n bietjie. Toets jou grense. Gaan roei op ’n rivier. Beplan jou toekoms. Leer Zoeloe praat. Leer besigheidsbestuur. Doen ’n bergfietskursus. Probeer abseil. Gaan op ’n fietstoer. Leer oor entrepreneurskap. Vind uit oor persoonlike finansies en begroting.
ATKV bied jou veel meer as taalplesier
As jy gedink het die ATKV is ʼn outydse taalorganisasie wat net oor die korrekte gebruik van Afrikaans teem, dink weer!