ATKV-Spelathon is ‘n nasionale spelkompetisie vir moedertaal en niemoedertaalsprekers en word aangebied vir graad 6 tot 10 in Gauteng en graad 9 tot 10 in die res van die provinsies. Skryf nou in!
Alles vir die sleutelwoord "ATKV"
Moedertaal: Gr. 12 toppresteerders aangewys
Sakkie Kotze, lid van die ATKV-direksie, het dié leerders aangemoedig om hul moedertaal nie net tuis nie, maar ook op straat en in die openbare lewe met trots te praat en te skryf.
Gee aan elke kind ‘n stem in sy moedertaal, sê ATKV
In moeilike ekonomiese omstandighede is dit nodig om geld wys te belê, en die ATKV meen een van die beste beleggings is om moedertaalonderrig vir ons kinders moontlik te maak.
ATKV-oorde en SANBD vat hande vir skenkersplan oor Kerstyd
ATKV-oorde gaan vanjaar sy Kersbydrae maak deur ʼn bloedskenkingsprojek by al sy oorde landswyd van stapel te stuur.
Dans dat die stof staan
Wanneer jy vir die eerste keer sien hoe die rieldans gedoen word, sal jy verstom staan. Hierdie dans kan nie sommer deur enige iemand gedans word nie, en maggies, daar word gedáns!
Internasionale Woordeboekdag
Internasionale Woordeboekdag word Vrydag wêreldwyd gevier.
Bloemhof kraai koning in tienertoneelkompetisie
Die Hoër Meisieskool Bloemhof van Stellenbosch is die nasionale wenner van die 51ste ATKV-Tienertoneelkompetisie met die produksie Vyf: ’n dokumentêr. Dié aankondiging is verlede week gemaak op die Aardklop Nasionale Kunstefees in Potchefstroom.
Praktiese wenke aan seniors tydens Ekspo 50
Die Centurion Raad vir Bejaardes het op 6 en 7 Oktober ’n suksesvolle Ekspo 50 met die tema “Verouder met grasie” in Centurion aangebied.
Woordveertjies vereer uitblinkers in woordkuns
Die wenners van die ATKV-Woordveertjies is Vrydag tydens ʼn feestelike geleentheid in Durbanville aangewys.
Leer ʼn gemeenskap lees en skep ʼn volhoubare toekoms vir SA
“In hierdie inligtingseeu is geletterdheid onontbeerlik vir gesonde gemeenskappe in Suid-Afrika,”
ATKV-Tienertoneel slyp steeds nuwe talent
Altesaam 180 toneelgroepe van oor die hele Suid-Afrika en Namibië neem vanjaar aan die ATKV-Tienertoneelfees deel. Die streekfeeste het reeds afgeskop en die Pretoria-streekfees is om die draai.
Luister: Jou kultuurkoerant vir 23 Julie tot 29 Julie
Charlie Smidt van die FAK is terug om te gesels oor wat in jou kontrei op die kultuurfront gebeur.
Luister: Filmverse – waar digkuns en animasie ontmoet
Filmverse is ʼn reeks animasiefilms van Afrikaanse gedigte en die tweede reeks van Filmverse word nou beplan vir 2016.Maroela Media het met Nita Cronje van die ATKV gesels oor die konsep van Filmverse en hoekom hierdie soort projek belangrik is vir die animasiebedryf.
Video: Naelbyter spelkompetisie in drie tale
Baie mense sukkel om woorde in hul moedertaal reg te spel, maar ʼn groep graad 9-leerlinge het gewys hulle kan dit sommer in ʼn tweede, derde en selfs vierde taal doen.
Jeugdag ideale tyd om oor taalregte te besin, meen ATKV
Volgens die ATKV is Jeugdag die ideale dag om oor taalregte en die belang van moedertaalonderrig vir kinders te besin.
Foto: Jongste en oudste verteenwoordigers van die ATKV
Die jongste en oudste verteenwoordigers van die ATKV, Carla O’ Connell en Roy Riley, het onlangs die algemene jaarvergadering bygewoon en tydens dié geleentheid ook ʼn kopie van die ATKV Centurion se Omgee-CD ontvang.
Jongste voorsitter van GHA verkies
Pieter Oosthuizen (27) is as voorsitter van die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans verkies.
Jurie Els kuier saam met ATKV Centurion-sangers by bejaardes
Jurie Els het verlede week saam met die ATKV Centurion-sangers by die Residentia-stigting- en Magaretha Ackerman- tehuis in Pretoria opgetree.
Foto’s: Gesinsfees se pret vir die hele gesin
Die Gesinsfees wat hierdie naweek by Supersportpark in Centurion aangebied is, het iets vir almal gebied.
Die ATKV al 85 jaar lank deel van Afrikaans 90
Afrikaans is dalk nie die grootste taal in die wêreld nie, maar dit is beslis nie ʼn liggewigtaal nie. Daarvan getuig die negentig jaar se amptelike status. Die ATKV is trots daarop om al 85 jaar lank te kan deel in die nege dekades waarin Afrikaans vele hoogtepunte bereik het.