“Ons kon die groeiende kosnood in dié tyd in sekere Afrikaanssprekende gemeenskappe sien. Hierdie hulpbehoewendes het geen ondersteuning van amptelike bronne ontvang nie.”
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Atterbury Trust"
Terugploeg se hulp wat werk
Die Covid-19-pandemie het baie swaarkry voor Suid-Afrikaners se deure gelê, maar dit het ook wonderlike inisiatiewe van naasteliefde en omgee tot gevolg gehad.
Hoenderbedryf spring in om hulp te verleen
Die plaaslike hoenderbedryf het in Julie saam met die nie-winsgewende organisasies WeCan en die Atterbury Trust 222 kwesbare gesinne van Pretoria-Wes asook vyf kinderhuise van broodnodige proteïen verskaf.
Drie van die Bestes hou e-konsert
Raak die reis van die sitkamer na die kombuis nou vervelig? Optog! sorg weer die naweek vir opwinding in jou woonkamer met ʼn e-konsert deur Drie van die Bestes.
Wenner van negende Atterbury Nasionale Klavierkompetisie aangewys
Die 15-jarige Qden Blaauw van Parow is die afgelope naweek as algehele wenner van die negende Atterbury Nasionale Klavierkompetisie aangewys.
Atterbury se klipreus kry die groen en goud
Volgens Boshoff was dit behoorlik ’n uitdaging om die vier ton‑standbeeld in ʼn Springboktrui en -broek te klee. Die trui moes ’n anderhalwe meter lank wees, en pas om ’n fors borskas met ’n omvang van twee en ’n halwe meter.
Angus Taylor praat oor sy ‘Kinders van hierdie Klippe’-beeld
Taylor sê ‘Kinders van hierdie Klippe’ is oop vir talle interpretasies, maar daar is verskeie lae van betekenis wat hy in die werk ingebou het.
ʼn Liefdesbrief aan die Karoo
Daar is iets magies aan die Karoo. In die stilte en die oopte en die vlaktes en die bossies is daar iets wat aan jou hart kom klop, wat in jou oor kom fluister, wat jou voete anker. Die Karoo laat jou nie sommer gaan as hy jou eers beetgekry het nie. Jy kan honderde kilometers ver weg wees, dan dra jy steeds die Karoo in jou hart rond.
Muurkuns wat die storie van ’n stad vertel
Selwyn Steyn is tans ’n topargitektuurstudent in sy twee jaar by Tukkies, en het so pas ’n treffende muurkunswerk by Atterbury se nuwe hoofkantoor, Die Klubhuis, aangebring. Hy het met Melinda Shaw gesels:
Beurs om teks oor studenteproteste te ontwikkel
“Dis ’n oorlog waarin kinders se tonge uitgesny word. Hande gebind word. Later gearresteer word.”
GROOTfm se omgeegemeenskap
Ons sal jou “instaan-familie” wees as tyd, geld of afstand veroorsaak dat jy nie by ouma se 90ste verjaardag kan uitkom nie!
Borg ʼn student en verander ʼn lewe
Wees ʼn weldoener aan ʼn student se kant.
Elize se ongewone dagtaak
Elke ooghaartjie moet presies in die regte rigting lê, selfs die oor-haartjies moet realisties lyk.
Afrikaans is Groot, Groter, Grootste!
En wat die aanbieding betref, is dit elke jaar natuurlik anders, en om die verhoog en al die elemente daarvan te bou was soos ’n legkaart. ’n Deel is in Doebai aanmekaargesit, ’n ander deel in Holland, nog een in Duitsland …
Meisieshoër vereer vroue vir Cool Capital
Die basis van die projek is ʼn spontane benadering tot kunsmaak.
Laerskool skep toevlug vir weerlose kinders
Laerskool Generaal Beyers is een van die skole wat al baie jare lank onder die vleuels van die Atterbury Trust is, en ons gee elke jaar ’n skenking wat aangewend kan word waar die behoefte die grootste is.
Leeslus is lewendig, wys suksesvolle BoekeJol en FilmRol
Daar is gedebatteer, jagstories vertel, resensies ontleed, boeke in diepte bespreek, sosiale media beloer, gekook, geklets, gesing en gelag. Kortom, die tweede jaarlikse BoekeJol en FilmRolfees was ’n dawerende sukses.
Vastfontein het jóú stem nodig om leersentrum op te rig
Die niewinsgewende organisasie Vastfontein Community Transformation net buite Pretoria is onlangs aangewys as een van die finaliste van die R150 000-prysgeld wat deur die internasionale organisasie Fluor geskenk word vir gemeenskapsopheffing.
Pretoria-skole kan nou inskryf vir 2016 Cool Capital
ʼn Kunsprojek vir hoërskole in Pretoria word vanjaar vir die derde keer aangebied. Dié projek wat deel vorm van die Cool Capital-biënnale vind vanjaar van 23 September tot 31 Oktober in die Jakarandastad plaas.
SA filantroop, sakeman se unieke boek op die rakke
Francois van Niekerk, Atterbury se medestigter, het destyds 70 persent van sy maatskappy se aandeelhouding vir liefdadigheid en Koninkryksuitbreiding aangewend.