“Alhoewel dit die moeite werd is om te vier dat 300 werknemers uiteindelik hul agterstallige salarisse sal ontvang, is dit net so betreurenswaardig dat die meerderheid werkers nie betaal sal word nie, omdat hul eise onsuksesvol was.”
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Aurora"
Reuse-oorwinning vir voormalige Aurora-werknemers
“Ná agt jaar van swaarkry, is die eerste betalings en die sekwestrasie van die Aurora-direkteure ʼn oorwinning vir geregtigheid vir elke werknemer, maar die pyn en lyding was so groot dat dit ʼn leë oorwinning is.”
Die sage van die Aurora-transaksie: In sonde ontvang en gebore
Die hartseer gevolg van die Aurora-korrupsie is die vernietiging van 5 300 direkte werksgeleenthede en 6 000 indirekte poste (dié van kontrakteurs, subkontrakteurs en diensverskaffers).
Aurora-direkteure se appèlaansoek van die hand gewys
“Geregtigheid het vandag vir honderde Aurora-werknemers geskied en hierdie uitspraak is ’n aanduiding dat ander betrokkenes by hierdie saak nie van die reg kan skuil nie.”
Aurora-direkteure binnekort gesekwestreer
Die Noord-Gautengse hooggeregshof het vandag Solly en Fazel Bhana se aansoek om appèl oor die vroeëre uitspraak dat hulle aanspreeklik is vir R35 miljoen in die Aurora-saga, van die hand gewys.
Aurora-direkteure moet honderde miljoene betaal
Die Noord-Gautengse hooggeregshof het Donderdag gelas dat die direkteure van Aurora Empowerment Systems aanspreeklik gehou word vir honderde miljoene rande in skadevergoeding aan voormalige Pamodzi-werkers.
Aurora-uitspraak vandag gelewer
Ná ʼn uitgerekte regstryd van langer as vyf jaar sal die Noord-Gautengse hooggeregshof Donderdag uitspraak lewer in die omstrede hofsaak teen verskeie direkteure van Aurora Empowerment Systems.
Hierdie Aurora het ʼn donker skynsel
Gideon du Plessis, hoofsekretaris van Solidariteit, skets die agtergrond rondom die Aurora-debakel en die verwagtinge van die hofsaak.
Uitspraak voorbehou in Aurora-saak
Die Pretoriase hooggeregshof het Dinsdag uitspraak voorbehou in die Aurora-saak.
Valke swyg oor Zondwa Mandela-soektog
Die Valke wou nie Vrydag bevestig dat hy op soek is na oudpresident Nelson Mandela se kleinseun in verband met ʼn voortslepende bedrogondersoek wat met Aurora Empowerment Systems verband hou nie.
Khulubuse Zuma verloor Aurora-aansoek
Khulubuse Zuma se dringende aansoek om eise ter waarde van meer as R1.5 miljard teen Aurora Empowerment Systems tersyde te stel, is Dinsdag in die Pretoriase hooggeregshof van die hand gewys.
Khulubuse Zuma hof toe oor eis teen Aurora
Khulubuse Zuma, president Jacob Zuma se broerskind, sal Maandag ʼn dringende aansoek in die hooggeregshof in Pretoria bring om ʼn eis van nagenoeg R1,6 miljard se skadevergoeding teen Aurora ter syde te stel.
Bhanas moontlik landuit; balju kom voor dooiemansdeur
Die vakbond Solidariteit sê hy het uit goeie bron verneem dat die Bhana-familie, wat midde die Aurora-debakel is en teen wie die hof ʼn eis van R15,5 miljoen ingestel het, moontlik landuit gevlug het.
Aurora-bestuurders moet miljoene terugbetaal
Die voormalige bestuurders van Aurora en sommige van hul familielede en vriende moet ʼn bedrag van meer as R15 miljoen aan die maatskappye se likwidateurs terugbetaal.
Foto’s en klank: Solidariteit en Cosatu betoog teen uitstel van Aurora-hofsaak
Die saak teen Aurora se direkteure, onder wie Khulubuse Zuma, president Jacob Zuma se broerskind en Zondwa Mandela, kleinseun van oudpresident Nelson Mandela, is Maandagoggend in die Noord-Gautengse hooggeregshof uitgestel.
Zuma kry glo R13m. vir broerskind
Pres. Jacob Zuma se kantoor wou nie kommentaar lewer oor ‘n berig dat hy sy broerskind, Khulubuse Zuma, gehelp het om finansiering vir sy mynmaatskappy te bekom nie.