Die meeste voorspellings dui stééds op skamele groei van tussen 0,2% en 0,3% vir die jaar in die geheel.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "BBP"
SA spring resessie net-net vry
Dié skamele dog welkome groeisyfer volg nadat sommige ekonome van FNB die land verlede week op ʼn “ligte resessie” voorberei het.
BBP ‘bemoedigend’, maar lang pad lê voor
“In ’n land waar die meerderheid werkloos is, sal mense bloot in armoede probeer oorleef met ’n swaarder las op belastingbetalers om die ekonomie aan die gang te hou.”
BBP groei effens, maar…
Dié groei is nie genoeg om te vergoed vir die verliese wat deur die staat van inperking veroorsaak is nie, meen ’n kenner.
BBP-ineenstorting: Ramaphosa moedig nasionale samewerking aan
“Nadat die regering vinnig en beslissend opgetree het om lewens te red en die pandemie onder beheer te bring, is die regering se fokus nou op ekonomiese herstel.”
BBP-skok: ‘Medisyne was dodeliker as die siekte’
“Dit is nie die pandemie wat ons hier laat beland het nie, maar pres. Cyril Ramaphosa en sy kabinet se hantering daarvan.”
SA se ekonomie kry harder hou weens Covid-19
Hy meen dat Suid-Afrika se vermoë om te herstel gaan afhang van hoe vinnig die afsonderingsmaatreël opgehef gaan word, en watter ekonomiese beleid daarna ingestel word.
Grafieke: Belemmerde ekonomie sukkel al vir twee jaar
Hiervolgens sien Suid-Afrika dan twee opeenvolgende jare waar vaste belegging nie gegroei het nie, wat ’n prentjie skets van ’n belemmerde ekonomie.
Grafieke: ’n Blik op BBP in die derde kwartaal
Hierdie bestaande realiteit (oor die swak groei in BBP-per-capita) behoort ons baie meer te bekommer as vrese oor ’n “tegniese resessie” in die vierde kwartaal van 2019.
Plaaslike ekonomie kry weer ʼn hou ná inkrimping
Die groeikoers van Januarie tot September is ook kommerwekkend.
Die skuldstrik span al stywer om SA
’n Gradering van onder beleggingstatus vir Suid-Afrikaanse maatskappye sal nie alleen die koste van hul skuld hoog hou nie, maar ook hul toegang tot kapitaal belemmer. Korporatiewe Suid-Afrika is reeds onder groot druk en om nog wind van voor te kry, sal hul winsgrense verder knou en die risiko van nog afleggings vergroot.
Hoekom ons nié die IMF nodig het nie
Sedert die skrywer RW Johnson ʼn ruk gelede voorspel het dat Suid-Afrika dalk geen ander keuse sal hê as om by die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) vir ’n lening aan te klop nie, het ander ontleders of kommentators ook by die koor aangesluit. Ek stem egter nie hiermee saam nie, skryf Dawie Roodt.
Grafiek: ʼn Vinnige oorsig van die BBP-groei
Die jaar-tot-jaar-groeikoerse dui steeds daarop dat die ekonomie geensins uit die moeilikheid is nie. Dié koerse projekteer tans ver onder 1% vir 2019 in geheel.
Mynbedryf gee ekonomie ’n welkome hupstoot
Die mynboubedryf het hoofsaaklik die groei in die tweede kwartaal aangedryf. Mynwese het met 14,4% gestyg en dit is dié bedryf se sterkste vertoning sedert 2016.
Grafieke: Inkomste en uitgawes van die Suid-Afrikaanse regering
Suid-Afrika se begrotingstekort het in die tweede kwartaal van 2019 beduidend vergroot namate staatsbesteding die hoogte ingeskiet het tot nagenoeg 33% van die BBP, terwyl belastinginkomste effens verbeter het tot 27% van die BBP.
Waarheen is SA se ekonomie op pad?
Volgens die graderingsmaatskappy is daar ’n kans dat die ekonomie in ʼn tegniese resessie kan verval ná die skok van die BBP-gegewens vir die eerste kwartaal.
Rand nou uiters kwesbaar vir negatiewe nuus
Die rand is onder druk weens verskeie faktore en die kanse is goed dat die geldeenheid verder ontwrig kan word.
SA se BBP-groei sedert 1994
“Ons meen die regering moet pa staan vir groot dele van hierdie gebrek aan ekonomiese buigsaamheid en aanpasbaarheid. Markgerigte hervormings, laer belastings en beter beleid is nodig om dinge te verander.”
Ekonomiese oorsig oor 2018: Die jaar van Ramaforie
Na Ramaphosa se aanstelling vroeg in 2018, het die publiek op beter gehoop. Dit is duidelik weerspieël in die rand se aanvanklike bewegings en die uitsonderlike versterking in verbruikersvertroue. Hierdie vertroue het nie sterk deurgevloei na verskeie “harder” ekonomiese metings nie, skryf Gerhard van Onselen.
Ekonome verwelkom styging in BBP
Die vuisvoos Suid-Afrikaanse ekonomie het gedurende die derde kwartaal van vanjaar van die planke opgestaan soos ’n bokser wat katswink geslaan was. Dit het beleggers, markspelers en senior regeringslui die kans gegee om ’n slaak van verligting te gee.