Pikitup, die maatskappy wat deur die Johannesburgse munisipaliteit gekontrakteer word om die stad se vullis te verwyder, het ʼn klagte van diefstal teen The Star-koerant gelê.
Alles vir die sleutelwoord "bedrog"
Valke gaan dalk Pippie se fonds ondersoek
Die Valke ondersoek beweringe dat geld, wat aan die brandslagoffer Pippie Kruger se fonds geskenk is, glo verduister word.
Minister Baloyi glo geskuif om bedrog toegesmeer te hou
Dié skuiwing volg nadat AfriForum die afgelope ses maande probeer om bedrog in die Madibeng Munisipaliteit in Brits oop te vlek.
Polisie op soek na sepie-aktrise
Die polisie in die Vrystaat is op soek na ʼn plaaslike sepie-aktrise om hulle by te staan in ʼn bedrogsaak, het kapt. Stephen Thakeng, Dinsdag gesê.
Vrou moet R4 miljoen aan Kapenaar terugbetaal
Kateryna Karpovska van Oekraïene wat ‘n bejaarde man glo oorreed het om R4 miljoen by die bank in Oekraïene te belê, maar toe die geld vir haarself gehou het, is Woensdag deur die Bellville gespesialiseerde misdaadhof sewe maande gegun om die geld terug te betaal of tronkstraf in die gesig te staar.
Pa van twee word vir bedrog gevonnis
Garth le Roux (39), ‘n voormalige rekenmeester van die Wes-Kaap wat vier verskillende metodes gebruik het om sowat R894 689 van Pep Clothing te verduister, sal volgende week op 359 klagtes van bedrog gevonnis word.
Tekort van R744 miljoen by Fidentia
ʼn Nuwe kurator se verslag bied besonderhede van miljoene rande van beleggers se geld wat glo deur Fidentia, ʼn finansiële bestuursmaatskappy, spandeer is.
Oud-SAID-beampte en haar man gevonnis oor bedrog
Bronwyn Tanya Masters Goldman en haar man, Neil Goldman, is Dinsdag gevonnis nadat sy bedrog van meer as R6 miljoen teenoor die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) gepleeg het.
Vasgetrek toe hulle geld wou onttrek
Drie mans en ‘n vrou is Saterdag in Nelspruit, Mpumalanga, vir bedrog in hegtenis geneem nadat hulle glo onwettig geld uit ‘n bankrekening wou trek.
Saak teen Bobby Motaung en ander laat vaar
ʼn Saak van bedrog, korrupsie en vervalsing teen Bobby Motaung, hoof van Kaizer Chiefs en twee ander mans is Maandag in die Nelspruit-streekshof laat vaar.
Malema-hofsaak tot Vrydag uitgestel
Julius Malema, die geskorste leier van die ANC-jeugliga, het Donderdag weer in die Polokwane-landdroshof op aanklagte van bedrog, korrupsie, geldwassery en rampokkery verskyn.
Kerk se bankkaart gesteel
Die polisie in King William’s Town in die Oos-Kaap is op soek na ‘n 28-jarige man in verband met ‘n gesteelde bankkaart van ‘n kerk.
Twee met miljoene se vervalste lugtydkoepons gevang
Twee mense is Woensdag in hegtenis geneem nadat hulle glo vervalste selfoonlugtyd-koepons verkoop het.
Departement stil na beweerde onwettige Malema-tender
Die departement van vervoer in Limpopo het nog geen kommentaar gelewer sedert die openbare beskermer Woensdag ‘n tender aan On-Point Engineering onwettig verklaar het nie.
Malema in warm water
Die tou span stywer om die geskorste ANC Jeuligaleier, Julius Malema, se nek. City Press berig die taksman, Openbare Beskermer én Valke is agter sy bloed aan.
Drie verskyn oor bestuuderslisensie-bedrog
Drie mans wat daarvan beskuldig word dat hulle by ‘n bestuurderslisensie-slenter betrokke was, se borgaansoek is Dinsdag in die landdroshof in Kemptonpark afgekeur.