Enkele ure voordat hy die mediumtermyn-begrotingsraamwerk sal aankondig, het Tito Mboweni, minister van finansies, Twitter so te sê vaarwel geroep.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "begrotingsrede 2019"
Hooftrekke uit die 2019-begroting
Na ons mening sê die syfers basies dat die ANC, selfs onder sy nuwe leierskap, dit klaarblyklik onmoontlik vind om die regering na enige ware en broodnodige hervorming van sy finansies te stuur. Dit is die kruks van die saak oor die 2019-begroting.
Mboweni se balanseertoertjie
Dat Mboweni die probleem van die oneffektiewe staatsdiens wat die begroting dreineer, pak, en dat hy die vermindering van poste en die vermindering van voordele in vooruitsig stel, is uiters noodsaaklik, maar ook besonder dapper in ’n verkiesingsjaar.
Kredietagentskap sal dan oor gradering sê
Die president van die SA Reserwebank, Lesetja Kganyago, sê egter plaaslike banke kan ’n afgradering suksesvol weerstaan omdat hulle goed gekapitaliseer is, konserwatiewe leierskap het en die sentrale bank se weerstandstoetse geslaag het.
Opposisiepartye trek begrotingsrede uitmekaar
Die EFF is boos dat staatsamptenare nie in die komende finansiële jaar bonusse sal ontvang nie, terwyl die Inkatha Vryheidsparty die begrotingsrede as “futloos” bestempel het.
Begroting: ‘Strop om belastingbetalers se nekke al nouer’
Hoewel Tito Mboweni, minister van finansies, nie ingestem het dat die staat van Eskom se skuld sal oorneem nie, is die R69 miljard-reddingsboei wat hy aan die kragvoorsiener sal lewer vir verskeie kritici steeds ʼn rede tot kommer.
Wipwa-rit vir rand tydens begrotingsrede
Kort nadat Tito Mboweni, minister van finansies, in sy 2019-begrotingsrede aangekondig het dat die staat oor die volgende drie jaar nog R69 miljard in Eskom sal pomp, het die rand onmiddellik met 1,8% getuimel.
Begrotingsrede: Dít gaan jou sak tref
Tito Mboweni, minister van finansies, het Woensdagmiddag die begrotingsrede vir 2019 in die parlement gelewer. Só gaan die begroting vir 2019/20 jou sak raak.
Mboweni se bitter medisyne vir siek SA ekonomie
Tito Mboweni, minister van finansies, het Woensdagmiddag sy begrotingsrede in die parlement gelewer. Staatsbeheerde instansies, verhoging in sondebelasting, brandstofheffings, maatskaplike toelae, datakoste en die omstrede grondkwessie het alles onder die loep gekom.
Begrotingsrede: ‘Beskerm die armes, belas die rykes’
“Hoewel Cosatu kennis neem van die beperkings rakende hoe hoë belastingskale verhoog kan word, glo ons die rykes betaal nie hul regverdige deel nie.”
Nuuskommentaar: Landbou en die nasionale begroting (of bekleining?)
Gaan die landbou met die jongste begroting weer, soos gereeld sedert 1994, aan die agterspeen suig, of is die ekonomie nou so lendelam dat almal maar om die agterspeen sal moet meeding, synde dat al die ander reeds leeggesuip of gesteel is?
DA verwag taaiste begroting sedert 1994
Die DA lys die grootste uitdagings vir Mboweni onder meer as swak ekonomiese groei, ʼn tekort aan belastinginkomste, noodsaaklikheid om uitgawes te beperk en toenemende nasionale skuld.
Gaan Mboweni kredietagentskappe gelukkig hou?
Ontleders meen dat met die huidige vlaag van ekonomiese en politieke druk, gaan Mboweni waarskynlik ’n netjiese eierdans moet doen om die land se kop bo water te hou en sy kredietgraderingstatus te behou.
’n Staatsrede van herhalings, nou vir die begrotingsrede
Botha sê ná die staatsrede het die fokus nou na die begroting verskuif wat op 20 Februarie gelewer word. Totdat die begroting afgehandel is, verwag hy dat dit ook tot groter onbestendigheid in die wisselkoers kan lei.