Die bestuurder van ’n vragmotor is by die Beitbrug-grenspos voorgekeer.
Alles vir die sleutelwoord "Beitbrug-grenspos"
Dissiplinêre proses is aan die gang, sê De Lille
Minister Patricia de Lille het gesê dissiplinêre prosesse is reeds in haar departement van stapel gestuur oor die omstrede nuwe grensdraad by die Beitbrug-grenspos.
Beitbrug-skandaal byt al dieper
Die vorige grensdraad, wat meer as dertig jaar gelede opgerig is, is in ’n beter toestand as die nuwe een.
LP’s kyk Saterdag sélf hoe lyk omstrede Beitbrug-grensdraad
Die grensdraad is 20 km weerskante van Beitbrug op die grens van Zimbabwe opgerig.
Forensiese verslag oor Beitbrug-grensdraad ingedien
Daar is ʼn sterk vermoede dat onomstootlike en duidelike korrupsie en wanbestuur tydens die projek plaasgevind het.
Beitbrug-grensdraad: R1 miljoen per km; talle ander ongerymdhede
Die ondersoek na die Beitbrug-grensdraadprojek het talle ongerymdhede aan die lig gebring en daar word stappe teen beamptes van die departement aanbeveel.
Verdagte smokkel glo springstof in lykswa
Die verdagtes het by die grenspos aangekom in ʼn lykswa van ʼn begrafnisonderneming in Johannesburg.
Onafhanklike oudit versoek oor Beitbrug-grensdraad
Patricia de Lille, minister van openbare werke en infrastruktuur, het die ouditeur-generaal versoek om ʼn onafhanklike oudit te doen van ʼn 40 km lange grensdraad by die Beitbrug-grenspos wat haar departement herstel en vervang het.
Van Beitbrug tot parlement vir genesing in SA
Ds. Deon van der Berg spring op 12 Maart manalleen op sy fiets om ʼn 2 200 km-toer van Beitbrug, die grenspos tussen Zimbabwe en Suid-Afrika, tot by die parlement in Kaapstad aan te pak.
Vrou vas ná dwelmvonds by grenspos
Tydens dié deursoeking is ʼn witterige, kristalagtige stof in ʼn klomp kleurvol versierde beursies in plastiek gevind. Die middels het positief reageer op toetse vir die dwelmmiddel, het die SAID gesê.
Drie by grenspos met springstof vasgetrek
Drie verdagtes is die afgelope naweek by die Beitbrug-grenspos in Limpopo in hegtenis geneem toe springstof in ʼn perdesleepwa in hul besit gevind is.
‘Gesmokkelde’ kinders teruggestuur na Zimbabwe
Die bestuurder van die vragmotor het aan polisiebeamptes gesê hy is R200 per kind betaal om die kinders na Suid-Afrika te vervoer.
Polisie onderbreek glo uitsending, behandel joernaliste ‘hardhandig’
ʼn Groep joernaliste van die SAUK was glo in die middel van ʼn regstreekse uitsending toe polisielede hulle onderbreek en hardhandig behandel het.
[Foto’s] Meer smokkel nou weens Zim se invoerverbod
Die internasionale oorgrenshandelaarsvereniging en die Musina-sakeforum het vroeër vandag aan joernaliste by die Beitbrug-grenspos gesê dat sommige gefrustreerde handelaars nou ware na Zimbabwe smokkel.
Departement monitor Beitbrug-situasie
Die departement van binnelandse sake monitor die situasie by die Beitburg-grenspos tussen Suid-Afrika en Zimbabwe ná betogings Vrydag die grenspos ontwrig het.
Grensposte gereed vir feesseisoen
Die Beitbrug-grenspos tussen Suid-Afrika en Zimbabwe het hul diens aansienlik opgeskerp te midde van 17 000 meer reisigers as gewoonlik wat vandeesweek daagliks deur die grens gaan.
Seekoei byt drie naby grenspos dood
ʼn Seekoei het Woensdagaand ʼn groep beweerde onwettige immigrante, wat die land deur die Limpoporivier naby Beitbrug wou binnekom, aangeval en drie mense doodgebyt.
Skatkisvonds by grenspos gemaak
Meer as R2 miljoen se edelgesteentes en goud is by die Beitbrug-grenspos gevind toe ʼn vragmotor van die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) Woensdag daar deur doeanebeamptes deursoek is.
Goedere vernietig in brand by Beitbrug-grenspos
Goedere ter waarde van tot $5 miljoen (ongeveer R55 miljoen) is vernietig tydens ʼn brand by die doeanestoor aan die Zimbabwiese kant van die Beitbrug-grenspos.
Drie vas oor plofstof
Drie mans is Woensdag by die Beitbrug-grenspos in hegtenis geneem nadat daar onwettige plofstof in hulle besit gevind is.