Daar is ʼn spreekwoord wat lui: “Leen geld aan ’n vriend, en kry dit terug, indien jy gelukkig is, by ’n vyand.”
Alles vir die sleutelwoord "bejaarde"
Aftrede: Sorg só vir jou eie veiligheid
Pensioentrekkers en ouer mense is ongelukkig dikwels “sagte teikens” vir aanvalle deur misdadigers, swendelaars of uitbuiters. Waar syfers rakende werkloosheid en armoede hoog is, vier misdaad gewoonlik ook hoogty.
Aftrede: Voorkom oormatige skuld só
Dit is skrikwekkend dat byna die helfte van Suid-Afrika se verbruikers ʼn swak betalingsrekord het en dat die meeste van hulle tot meer as drie maande agterstallig is met betalings.
Aftrede: Moenie dat jou gemoed jou onderkry op jou oudag nie
As jy reeds in die “dryfsand” van negatiwiteit, selfverwyt, woede, magteloosheid en depressie beland het, onthou: Daar is hoop. Jy kan weer daar uitkom.
Aftrede: Sien só om na jou gesondheid
Daar is ʼn paar aftakelende en chroniese siektes wat algemeen by ouer mense voorkom, maar as jy jouself mooi oppas en jou gesondheid goed bestuur kan jy die vrugte daarvan in jou ouer jare pluk.
Aftrede: Maak dié aanpassings
Die lewe ná aftrede is jou derde en laaste lewensfase. Daar is baie redes waarom dit die gelukkigste tyd van jou lewe behoort te wees. Maar jy kan dit nie as vanselfsprekend aanvaar nie. Dit sal net gebeur as jy reg beplan het en jouself ten beste daarby aanpas.
[Foto’s] Kleuters kikker bejaardes se dag op
‘Baie bejaardes vereensaam, maar ʼn vriendelike kindergesiggie beur ʼn swaar hart gou weer op. Die interaksie is altyd baie positief.”
101-jarige verbeter valskermspringrekord
ʼn 101-jarige man van Engeland het ʼn nuwe valskermspringrekord opgestel.
Bejaarde (83) waarsku ander ná 2 rooftogte in 2 dae
“Ek het albei kere om hulp geskree, en daar was talle mense, maar niemand het op my krete gereageer nie. Niemand het ná die tweede rooftog eens kom hoor of ek oukei is nie.”
Senior burgers met groen vingers bemagtig hulself
Dié groentetuin spog onder meer met eiervrug, spinasie, groenbone, tamaties en selfs kool.
70 j. getroud toe sterf hul minute ná mekaar
“Ek het haar Sondag gaan besoek en toe sy haar oë oopmaak, het sy my gevra waar oupa is. Sy het my vertel hy het nog laaste aan haar gesê: ‘Ons is regte pasmaats, nè?’ Hy kon haar nie meer onthou nie, en dit het haar afgetakel.”
[Foto’s] Bejaarde, wat reis bó chemo kies, sterf
“Dokter, ek is 90 jaar oud, nou vat ek die pad,” was Bauerschmidt se woorde aan haar dokter.
[Video] Bejaardes sê mekaar die stryd aan
“Ek dink as ek maar net ʼn bietjie vorentoe geleun het by die wenstreep, kon ek dalk wen…”
[Foto’s] 99-jarige se vreemde versoek
Almal het ʼn wenslysie van dinge wat hulle nog graag wil doen. Sommige mense wil graag oorsee gaan vakansie hou en ander wil uit ʼn vliegtuig spring. Maar dié 99-jarige vrou se wenslysie lyk so bietjie anders.
Agter die skerms van skoonheidskompetisie vir 60+
“Een vir een het die vroue voor die kamera ingespring en begin flankeer terwyl ek die foto’s neem.”
[Foto’s] Bejaardes in dié oord kaatjie van die baan
ʼn Sorgsentrum vir diere en ʼn sorgfasiliteit vir bejaardes het hande gevat, en die uitkoms is wonderlik.
[Foto’s] Bruid kies eensame bejaardes as strooimeisies
Vir Doriana Miclea van Roemenië, was haar troudag een van die beste dae van haar lewe. Nie net omdat sy met die liefde van haar lewe, Eugen, getrou het nie, maar ook omdat vier van haar goeie vriende dié spesiale dag saam met haar kon vier.
Bejaardes met rooi lippe en groot harte
Rooi lippe is beswaarlik iets wat ʼn mens met ʼn senior burger verbind, nog minder sanitêre ware. Die vroue van die Parow-seniorsentrum het egter heelhartig hulle ondersteuning vir die #HelpHanna-projek gewys deur hulle lippe helderrooi te maak en geld vir dié projek in te samel.
Inwoners van Silwersig ontvang soet verrassing
Die inwoners en personeel van Huis Silwersig in Silverton, Pretoria, is vroeër vandeesweek bederf met ʼn stukkie koek.
[Video] Trane vloei toe bejaarde ná jare weer kan hoor
“Nou kan ek vanaand 7de Laan luister,” sê Magdalena Ludick (73) nadat sy ʼn gehoorapparaat ontvang het en weer vir die eerste keer in jare kan hoor.