ʼn Hond is gewoonlik die mens se beste vriend, maar soms is daar katte wat dié gesegde weerlê.
Alles vir die sleutelwoord "bejaarde"
Tuisgenoot-projek: ‘Vir ons vergete bejaardes’
“Talle senior burgers word vergete agtergelaat en is uitgelewer om na hulself om te sien.”
[Foto’s] Liefde blom in die herfsjare
Toe die 84-jarige Ouma Toerien op ʼn winderige Augustusdag in 2015 ʼn ouer man ophelp nadat hy geval het by die ouetehuis waar hulle albei woon, het sy nooit besef sy sou byna ʼn jaar later voor die kansel staan met dié man se broer nie.
Wys bejaardes liefde en ondersteuning
Vanjaar se Tooi Turkoois vir Bejaardes-veldtog vind plaas van 15 Mei tot 15 Junie. Dié bewusmakingsveldtog is daarop gerig om jaarliks aandag te vestig op omgee en versorging van ouer mense.
[Foto’s] Potch se senior burgers wys ou besems vee ook skoon
ʼn Groep senior burgers van die Potchefstroom-dienssentrum het Dinsdag besluit om die strate in te vaar en ʼn skoonmaakveldtog in hul omgewing te begin.
Die reuk van vars ink
Met 103 penvriende wat sy oor die afgelope 20 jaar versamel het, skryf sy gemiddeld een brief op ʼn dag. Ek wonder heimlik hoe ek gaan weet wat ek wanneer vir wie geskryf het, maar blykbaar kry sy dit steeds op so ʼn hoë ouderdom reg.
100 jaar oue ouma met nog baie woema
ʼn Ouma van Pretoria het onlangs haar 100ste verjaardag met styl gevier en bewys dat ouer mense steeds woema kan hê.
Video: ‘Hierdie ouma kleur mooi in!’ meen kleuter
Wanneer jy ʼn klomp bejaardes en kleuters bymekaar sit, gebeur die wonderlikste ding: al is hierdie twee groepe so ver van mekaar verwyder in ouderdom, is hulle soos vinkel en koljander wanneer die ys eers gebreek is.
97-jarige kry uiteindelik haar matrieksertifikaat
Margaret Thome Bekema (97), wat in 1936 matriek sou voltooi, het eers 79 jaar later dié geleentheid gekry.
[Video] Helpende Hand bring die vreugde van gehoor terug
Veertig bejaardes se lewens is drasties verander danksy Solidariteit Helpende Hand se Bejaardes-projek. Die bejaardes is almal hardhorend en moet gehoorapparate kry. Die eerste groep van 15 het hulle apparate gekry.
Praktiese wenke aan seniors tydens Ekspo 50
Die Centurion Raad vir Bejaardes het op 6 en 7 Oktober ’n suksesvolle Ekspo 50 met die tema “Verouder met grasie” in Centurion aangebied.
My ouma in kaneel…
Hierdie woorde uit die bekende Opperman-gedig wek by ’n mens ’n sekere emosie oor ’n ouma.
Graffiti vir bejaardes
Die doel van hierdie projek is om stereotipes af te breek wat bejaardes in sekere boksies plaas.
Luister: Silwerkroon 2015 – Felicity een van die topses
Felicity is die stigterslid van “Northern Free State Caregivers”, ʼn organisasie wat terminale kankerpasiënte gratis versorg. Felicity sê alles het in plek geval om dié organisasie te kon stig. ”Die Here het my bekwaam gemaak.”
Luister: Silwerkroon 2015: Dié bejaardes bewys ouderdom is bloot ʼn getal
Meer as 26 jaar terug het Dollie (81) en Gert (83) Smith begin om na ʼn paar mense om te sien wat in hul huis kom woon het. Vandag sorg hulle vir meer as 40 bejaardes in hul huis wat nou ook twee siekeboeë en ʼn paar voltydse versorgers het. Burger Meyer het met Dollie gesels oor hul Silwerkroon-nominasie.
Luister: Silwerkroon 2015: Stigter van SMF maak ‘n verskil
“Ek dink dis ons manier om dankie te sê vir die Here dat Hy vir ons die gawes en gunste gee om ook aan ander mense te gee.”
Luister: Silwerkroon 2015: Daar is geen einde aan dié steunpilaar nie
Willie Massyn (66) van Dominionville is een van Helpende Hand se top 6 Silwerkroon-finaliste. Dié projek erken en beloon bejaardes vir hul uitsonderlike passie vir hulle medemens.
Silwerkroon 2015: Raakvat bejaarde maak ʼn verskil in Brackenfell
Antie Poeding is die bynaam vir Mercia Ruthenberg (72), wat Sondae vir die verstandelik gestremde kinders van ʼn plaaslike psigiatriese hospitaal in Brackenfell, Kaapstad, lekkergoed vat.
Silwerkroon 2015: Bly SA se topbejaarde in Polokwane?
Helpende Hand se jaarlikse Silwerkroonkompetisie erken en beloon bejaardes vir hul uitsonderlike passie vir hulle medemens. Een van vanjaar se top 6 Silwerkroon-finaliste is Erik Bekker (74) van Polokwane in Limpopo.
Video: Komberse vir die winter
ʼn Groep flukse oumas van Kaapstad gebruik hul breipenne hierdie winter vir méér as net truie brei vir hul kleinkinders.