Dus, brose nasie, hef aan lê nog voor! Ons moet erken dat ons as Suid-Afrikaners – almal van ons saam – die beste toegerus is om ons land vorentoe te vat.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Bell Pottinger"
Lesse te leer uit die Bell Pottinger-debakel
Die Bell Pottinger-debakel het weereens ʼn duidelike waarskuwing aan buitelandse maatskappye gestuur dat Afrika en sy mense nie op hul baadjies getakseer moet word nie.
Nuuskommentaar: Anti-fopnuus geen maklike speletjie
Die lot van die Britse firma Bell Pottinger bewys opnuut die spreekwoord van al loop die leuen hoe snel, die waarheid agterhaal hom wel. Tog sal Bell Pottinger nie die laaste instelling wees nie wat in weerwil van die beste kodes vir openbare skakelbeamptes en perskodes om op akkurate nuus te fokus, kluitjies gaan probeer aanwend om sekere doelwitte, en nie altyd eerbare doelwitte nie, te bereik.
Bell Pottinger: Meer as R20 m. moet teruggeploeg word
Die individue wat saam met Bell Pottinger ʼn eie en onaanvaarbare en onverantwoordelike agenda bevorder het moet nog die pad van reg en geregtigheid stap. Intussen kan die geld wat die agenda bevorder het gebruik word om Suid-Afrikaners te help om weer ʼn pad van herstel te stap.
Guptas se beeldpoetser skuldig bevind aan ‘erge wanpraktyke’
Bell Pottinger, die Guptas se beeldpoetser, is Maandagaand van sy lidmaatskap aan die Britse skakel-en-kommunikasievereniging (PRCA) gestroop nadat dié vereniging die agentskap se veldtog in Suid-Afrika beskryf het as die ergste voorbeeld van wanpraktyk wat hy nog gesien het.
Gupta se beeldpoetser appelleer
ʼn Beslissing op Bell Pottinger se appèl word Dinsdag verwag.
Guptas se beeldpoetser moontlik beboet
Van Damme het gesê indien die DA se klag nie deur PRCA se professionele praktykkomitee gehandhaaf is nie, sou hulle dit Donderdagmiddag bekendgemaak het.
#GuptaLeaks: Dit is wat jy moet weet
Bruce Whitfield van The Money Show op 702 Talk Radio het verlede week met Susan Comrie, ʼn joernalis van amaBhungane gesels. Whitfield het haar gevra om vir Suid-Afrikaners die grootste onthullings oor die #GuptaLeaks saam te vat:
Bell Pottinger voor dissiplinêre verhoor geroep
Die DA het Dinsdag bevestig dat die omstrede Britse skakelmaatskappy Bell Pottinger in Augustus voor ʼn dissiplinêre verhoor moet verskyn om te antwoord op dié party se klagtes dat die maatskappy rassespanning in Suid-Afrika aangewakker het.
SAKP verwerp Bell Pottinger se verskoning
Die Suid-Afrikaanse Kommuniste Party (SAKP) het ook sy stem gevoeg by diegene wat die Britse beeldpoetser- en skakelmaatskappy Bell Pottinger se verskoning verwerp en het beslissende aanspreeklikheid deur die agentskap versoek.
Strafregtelike klagtes volg dalk ná Bell Pottinger se verskoning
Die VF Plus aanvaar nie Bell Pottinger (BP) se verskoning oor sy optrede in Suid-Afrika nie en is van mening dat die organisasie dit bloot doen om verlore aansien te herwin en nie omdat daar werklik berou bestaan oor die rasse-polarisasie wat aangerig is nie.