Die Spit, Skud en Dans-fees ten bate van Solidariteit Helpende Hand se Bemagtig ʼn Kind-projek, het Saterdag, 11 November, die gemeenskap byeengebring vir ʼn dag van lekker kuier en feesvier.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Bemagtig ‘n kind"
Spit, skud, en dans vir ʼn goeie doel
Kom dans, kuier en skep hoop! Die Spit, skud en dans-fees saam met Ricus Nel is vir die hele gesin en gaan onvergeetlik wees. Bespreek nou jou kaartjies vir die lekker fees, 11 November te Tierpoort, Pretoria-Oos.
Ek ken ʼn seuntjie …
Klein Dawid het in slegs ʼn bietjie meer as 2 100 dae wat hy al hier op aarde is, meer trauma ervaar as wat ek in my 12 700 dae ervaar het. Trauma wat so ʼn klein mensie glad nie verdien of enigsins moes sien nie.
Sy toekoms wink saam met hupstoot van besonderse fonds
Só sluit die mamma haar brief af. Ek lees die liefde van ʼn ma vir haar kind en ek hoor die desperate hulpkreet.
Ons Sentrum – waar kindertrauma gehoor word en aandag kry
Ons Sentrum is daarop ingestel om aandag te gee aan kinders se trauma en behoeftes, maar ook om die kind vanuit ʼn holistiese oogpunt op te bou.
ʼn Ma se plan vir haar kind
Wikus se verhaal kon ʼn ander uiteinde gehad het as die gemeenskap nie saamgestaan en fondse aan die Bemagtig-ʼn-Kind-projek voorsien het nie. Hierdie is ʼn besonderse voorbeeld van ʼn gemeenskap wat saamstaan om mekaar te help.
Koshuiskamervensterdrome
Reinhard ken die krag wat daarin lê as mense begin saamstaan en opstaan vir jou, hy het dit gesien en beleef. Alles het begin by die Helpende Hand-tannie by die sentrum wat haar hand vir hom uitgesteek het. Hy weet dat Helpende Hand se Bemagtig-ʼn-kind-projek die rede is waarom hy vandag met dankbaarheid en toekomsvooruitsigte by sy koshuiskamervenster kan uitkyk.
Bemagtig ʼn kind – die brug na ’n toekoms
Lewensveranderend. Dit is die een woord waarmee die hele doel van Solidariteit Helpende Hand se Bemagtig-’n-kind-fonds opgesom kan word.
Katelyn se wens vir Kersfees
“Wanneer ek in Katelyn oë kyk en luister hoe sy wens sy het ʼn plekkie om te behoort, weet ek dat sy ons nodig het; ek weet dat sy gehelp kan word. Haar soeke na veiligheid, privaatheid, ʼn tuiste en fisieke welstand is iets waarmee ons kan help, iets waarmee ons móét help. Sy laat my dink aan duisende ander dogters en seuns wat ook hierdie wens het.” Kom vind uit hoe Katelyn gehelp is en waar sy haar nou bevind.
Kom draf, loop vir ʼn goeie doel by Voortrekkermonument
Kranige drawwers, stappers en fietsryers word genooi om Saterdag 12 November by die Voortrekkermonument in Pretoria byeen te kom om geld vir hulpbehoewende kinders in te samel. Die Bemagtig-ʼn-kind-projek, ʼn gesamentlike inisiatief van Solidariteit Helpende Hand en Maroela Media, staan behoeftige kinders op verskillende maniere by om hul lewens in ʼn nuwe rigting te stuur.
Vrolike kinderboek uitgegee om fonds te versterk
“Vrolike Vaaltyn en sy verhale” is ʼn vrolike boekie, geskryf deur Sandra Krogh, vol prettige illustrasies vir voor- of selflees. Die Helpende Hand Bemagtig-ʼn-Kind-fonds baat by die uitgee van dié boekie. Gaan lees meer en stel vas hoe jy dié boekie kan aankoop.
Van trauma tot heling
Met al die trauma wat Hettie al in haar jong lewe beleef het, was dit nodig vir haar om te begin met ʼn helingsproses waar sy kan “deel voel” en net wees. Wat sy nodig gehad het, is die vaste roetine, gesonde verhoudings en dissipline.
Om net kind te wees
Swaarkry is sinoniem met baie mense se alledaagse bestaan. So ʼn geval is dié van Riana*, ’n saggeaarde tog gedrewe tienermeisie wie se grootste droom is om net haar skoolloopbaan te voltooi.
Spanwerk, alles vir ses sussies!
Die krag van ‘n gemeenskap wat saamstaan help om 6 sussies se toekoms bou.
Om ’n kind te help om kind te wees
Ons sal nooit die pappa-rol in Nathan se lewe kan inneem nie, maar ons kan saam met hom die pad stap. Sy lewe, sy opvoeding, sy kindwees en die wete dat hy nie alleen is nie, is vir die Bemagtig-ʼn-Kind-projek belangrik.
‘Leen my jou huis, asseblief?’
“Die jong meisie is deeglik bewus daarvan dat hulle uit dié omstandighede moet wegkom. Maar hoe? Hulle kan nie haar pa se huis leen nie. Dit is eintlik ook maar net ʼn kamer en hy is nooit daar nie. Sy sal maar aan iets anders moet dink.” Gaan lees Annika en haar sussie se storie:
Bemagtig ’n kind: So word daar gehelp
Ons leef in ’n tyd waarin die sosiale en ekonomiese uitdagings al hoe groter word en soms voel dit asof die klein bietjie wat jy wel kan bydrae net in ’n groot put gaan verdwyn en geen verligting gaan bring nie. Dit is dus ’n riem onder die hart om te hoor van gevalle waar elke bydrae wat gemaak word, ’n reuseverskil maak. So ’n geval is dié van Carien.
Nina se dankie-sê-briefies
Soms wonder ʼn mens of die bydrae wat jy maak of graag wil maak regtig by die regte mense gaan uitkom. Hier is so bietjie ʼn kykie in die lewe van Nina en hoe haar lewe positief beïnvloed is.
Jy kan ʼn verskil maak!
Benodig jy ekstra hulp om jou dag te beplan?
ʼn Bruggie van hoop
My gedagtes bly by klein Jacques. Ek is oortuig daarvan dat sy ouers goeie ouers is, en hulle doen wat hulle kan. Die finansiële druk wat hulle tans ervaar, is egter van so ʼn aard dat hulle nie behoorlik in baie behoeftes van hul kind kan voorsien nie. Hulle kort net ʼn bruggie vir nou.