“Die wrede moord is uitgevoer in die hartjie van die gemeenskap waar dit moeilik is om ʼn getuie te kry of om bewyse bymekaar te maak.”
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "bende"
Polisievrou gesoek ná geheime verhouding met bendelid
Die konstabel het glo vergaderings bygewoon waartydens bendes, bendeaktiwiteite en verdagtes na wie die polisie soek, geïdentifiseer en bespreek is.
Vermeende bendebaas glo in hospitaal geteiken
Drama het glo Donderdag by die Wes-Kaapse hospitaal ontvou waar die beweerde bendebaas behandel word nadat hy vroeg Woensdagoggend buite die Kaapstad Internasionale Lughawe tydens ʼn skietery gewond is.
Skote klap by Kaapstad-lughawe
ʼn Bendeleier is glo een van die mense wat tydens Woensdagoggend se voorval geskiet is.
Man doodgeskiet: Twee bendelede spoedig vasgetrek
Twee mans, wat vermoedelik deel is van ‘n bende, is Dinsdagmiddag in Port Elizabeth in hegtenis geneem kort nadat ʼn man in sy motor voor ʼn huis in die stad doodgeskiet is.
Uitspraak begin in reuse bende-verhoor
Die hooggeregshof in die Wes-Kaap het hierdie week begin met die uitspraak in een van die gruwelikste kriminele sake in die hof se geskiedenis.
‘Dagga-kleuter’ in veilige sorg
ʼn Driejarige kleuter wat glo deur haar ouer broer gedwing is om dagga te rook, is in veilige sorg geplaas.
Bende-ritueel lei glo tot gevangene se dood
ʼn Ondersoek is van stapel gestuur nadat ʼn gevangene glo dood is tydens ʼn beweerde bende-ritueel in die Brandvlei-gevangenis in Worcester, Wes-Kaap, het The Star Donderdag berig.
Vermeende bendelede in JHB aangekeer
Vier vermeende bendelede is in Doornfontein in Johannesburg aangekeer in verband met ʼn verskeidenheid van misdade.
Rooftog by Centurion Mall
Die iStore-winkel in Centurion Mall in Gauteng is Vrydag van meer as R1 miljoen se goedere beroof.
Boek: Lotta se lewe: Bendes, swape en skape
Dit is die een katastrofe ná die ander in Lotta se lawwe lewe! Haar avonture is egter altyd vol pret, humor en verrassings! Die dagboekstyl en skeeusnaakse illustrasies sal sorg dat lesers van 8 tot 12 jaar die sjarmante Lotta se eskapades onweerstaanbaar vind.
Polisiemanne verdink dat hul bendelede beskerm
‘n Ondersoek is van stapel gestuur nadat inligting aan die lig gekom het dat polisiebeamptes en ‘n staatsaanklaer glo sewe bendelede beskerm. Die bendelede word aangekla van geweld en moord wat glo verband hou met taxi-geweld in die Vaal-driehoek, het die Valke bekend gemaak.
Phalaborwa-skoliere takel bende glo met messe
Chaos het Woensdag in Phalaborwa in Limpopo uitgebreek toe ʼn groep skoolkinders, glo van Hoërskool Frans du Toit, en ʼn vermeende bende mekaar in die dorp se strate getakel het.
Moord in Klerksdorp-tronk
Die Klerksdorp-polisie het Dinsdag ʼn 26-jarige gevangene in hegtenis geneem vir die moord op ʼn 25-jarige gevangene. Sers. Kelebogile Moiloa, ʼn polisiewoordvoerder van Noordwes, het Dinsdag gesê die moord is Maandag omstreeks 11:30 in die Klerksdorp-gevangenis gepleeg.
Moontlike bendegeweld teister Boksburg-omgewing
ʼn Man is Woensdag doodgeskiet en ʼn tiener gewond in drie afsonderlike skietvoorvalle naby Boksburg.
Tiener in Kaapstad doodgeskiet
ʼn Tiener is Donderdagoggend in Kaapstad doodgeskiet.
Zille pak bendeprobleem
Helen Zille, die Wes-Kaapse premier, het Dinsdag bevestig die wiel is aan die rol om gespesialiseerde polisie-eenhede weer op die been te bring.