Die stut Trevor Nyakane sal nie betyds vir die eerste twee toetse fiks wees nie, en is onttrek aan die groep wat tans in Sandton vir die eerste toets in die Rugbykampioenskap voorberei.
Alles vir die sleutelwoord "beserings"
Afrigters het almal gryshare
Is hy te vroeg vir die wolwe gegooi, of was dit `n fratsbesering?
KZN-liga: knieë en enkels spook by Highlanders
Knie- en enkelbeserings spook al hoe kwaaier by Newcastle Highlanders wat op die koop toe pas twee van sy uitblinkers aan ander weivelde moes afstaan.
Springbokke: Meyer doen laaste skaafwerk
Met slegs twee wedstryde oor voor die begin van die Rugbywêreldbeker is dit te betwyfel of die Springbokafrigter Heyneke Meyer veel wyser gaan word uit Saterdag se toets teen Argentinië in Durban.
Juan opgeroep om Bok-krisisse te besweer
Behalwe Victor Matfield se besering is Jean de Villiers ook nog nie fiks verklaar vir die toets teen Argentinië nie. Intussen is Juan Smith vir die oefengroep opgeroep. Dit is ook moontlik dat Matfield glad nie in die Rugbykampioenskap sal kan speel nie.
Beeldmateriaal van Schumi se ski-ongeluk ondersoek
Ondersoekbeamptes het gesê beeldmateriaal van Michael Schumacher se ski-ongeluk wys dat hy nie op die aangewese roete geski het nie.
“Geringe verbetering” in Schumacher se toestand
Volgens ʼn bron naby aan die F1-legende Michael Schumacher, is daar ʼn “geringe verbetering” in sy toestand nadat hy nege dae gelede in ʼn ski-ongeluk beseer is.
Franse speurders soek Schumi-video
ʼn Staatsaanklaer van Frankryk het Sondag gesê hy wil die beweerde selfoonbeeldmateriaal sien van die ski-ongeluk waarin Michael Schumacher beseer is.
Val by God’s Window: Pasiënt sterk aan
ʼn Toeris wat 90 meter ver by ʼn uitkykpunt by God’s Window naby Graskop in Mpumalanga geval het, is Maandagmiddag uit die intensiewesorgeenheid by die Nelspruit Medi Clinic na ʼn algemene saal oorgeplaas.
Minister moet opdok ná rugbyster se misdiagnose
Die Pretoriase hooggeregshof het beslis dat die minister van verdediging skadevergoeding moet betaal ná ʼn operasie op ʼn jong rugbyster by 1 Militêre Hospitaal skeefgeloop het.
Vrou jok glo oor beserings in ongeluk
Johanna Magdelena Serfontein (48), wat glo ‘n valse beseringseis by die Padongelukkefonds (POF) ingedien het, het Woensdag in die Belville gespesialiseerde handelsmisdaadhof verskyn.