Die R55-afrit op die Krugersdorp-snelweg in Gauteng is Dinsdag vir verkeer gesluit nadat betogers van Olievenhoutbosch, suid van Pretoria, die pad met brandende bande en klippe versper het.
Alles vir die sleutelwoord "betogings"
Inwoners betoog buite JHB
ʼn Gedeelte van die R554 moes Maandagoggend vir verkeer gesluit word nadat inwoners van Weilers Farm, suid van Johannesburg, daar betoog het.
Bloemhof-onluste: “Polisie werk saam met betogers”
Raadslede van die Lekwa Teemane-munisipaliteit het die polisie daarvan beskuldig dat hulle met betogers van Boitumelong, Bloemhof in Noordwes saamwerk.
Video: Tiener doodgeskiet in Christiana-onluste
Die onluste in Noordwes het sy eerste slagoffer geëis ná dit van Bloemhof na die buurdorp Christiana oorgespoel het. Inwoners hier het verlede week begin plunder en die ontbinding van die plaaslike owerheid geëis.
SMS-gerugte oor Bloemhof onwaar
Die polisie in Noordwes het bevestig dat ʼn boodskap wat op sosiale media oor dreigende gevaar in Bloemhof versprei word, onwaar is.
Tiener in Bloemhof doodgeskiet
ʼn Tienerseun is Woensdag in Christiana in Noordwes tydens gewelddadige betogings in die Bloemhof-omgewing doodgeskiet.
Zuma sê diensleweringsbetogings nog oorblyfsels van apartheid
President Jacob Zuma het Dinsdag die hoeveelheid gewelddadige diensleweringsbetogings wat hy die afgelope vyf jaar in sy amp waargeneem het, veroordeel.
Bloemhof brand weer
Inwoners van Boitumelong in Bloemhof, Noordwes, het Dinsdag 12 huise van polisiebeamptes in die gebied afgebrand.
ANC versoek kalmte in Bloemhof
Die ANC het Dinsdag ʼn beroep gedoen op die inwoners van Bloemhof in Noordwes nadat ses huise Maandag gedurende ʼn gewelddadige betoging in Boitumelong afgebrand is.
Talle betogers vas oor plundering
Twintig mense is in hegtenis geneem tydens diensleweringsbetogings in Maake naby Burgersdorp in Limpopo.
Sóveel ernstige diensleweringsbetogings sedert Januarie
ʼn Organisasie wat al Suid-Afrika se 283 munisipaliteite monitor en assesseer het Donderdag bekend gemaak hoeveel ernstige diensleweringsbetogings sedert die begin van die jaar in die land voorgekom het.
Bronkhorstspruit-kliniek gaan nie herbou word nie
ʼn Kliniek wat tydens ʼn diensleweringbetoging in Bronkhorstspruit afgebrand is, sal nie herbou word nie, het The Star Woensdag berig.
Vryheid vra verantwoordelikheid
Dit was met ʼn siddering wat ek die onderstaande lees in The Star van 11 Augustus 2011. Dit is ‘n groot, amorele, gebrutaliseerde sub-kultuur van…