Jy kan een van die dae luister na ʼn splinternuwe radiovervolgverhaal, Môregloed – ʼn verhaal wat swaarbelaai is met temas soos familie-intriges, vasbyt en deernis, ʼn stryd om te oorleef, kinderontvoering en pleegsorg, die vernietigende effek van dwelms en die ewige soeke na môre – alles opgedis met ʼn goeie skoot humor.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Bettie Kemp"
Luister: Die spanningsdrama ‘Vuurvreters’ is hier
Maak jou gereed vir ʼn nuwe spanningsverhaal wat jou hoendervleis sal gee en jou vasgenael sal hou… ʼn Heerlike spioenasieradiodrama begin binnekort.
[Video] Maroela maak geskiedenis met nuwe radiostorie
ʼn Groepie bekende radiopersoonlikhede, saam met ʼn nuwe stem of twee, het Woensdagoggend geskiedenis gemaak toe die eerste episode van ʼn splinternuwe radiovervolgverhaal in Maroela Media se radio-ateljee in Centurion opgeneem is.
[Luister] ‘Dis ’n skitterende verhaal!’ sê akteur oor nuwe radioverhaal
Dié radiodrama spog met gesoute stemkunstenaars soos Richard van der Westhuizen, Magda van Biljon en Sulette Thompson.
Sterbelaaide radiovervolgverhaal binnekort te hoor
Van Maandag 7 Maart kan luisteraars van gemeenskapsradiostasies landwyd hul ore spits vir ʼn nuwe radiovervolgverhaal, Seweweekspoort.
[Luister] Antowan Nöthling oor Afrikaanse animasieprent
Die Sneeukoningin is ʼn splinternuwe internasionale animasiefilm wat later vandeesmaand in Afrikaans uitgereik word. Antowan Nöthling is die stem van een van die karakters in dié rolprent en Maroela Media het met hom gesels oor die uitdagings om stemopnames vir animasie te doen.
Splinternuwe radiovervolgverhaal vol intrige eersdaags op jou radiostasie
Vanaf Maandag, 7 September kan luisteraars van 22 gemeenskapsradiostasies landswyd weer hul ore spits vir ʼn splinternuwe radiovervolgverhaal, Groblerspruit, wat in opdrag van Maroela Media deur Bettie Kemp vervaardig word.
Soektog na die mees kreatiewe handwerker en Boggomsbaai se akteurs praat oor radiodrama
Monean Winterbach van Metz Press uitgewers praat oor die soektog na die kreatiewe handwerker van die jaar en ons gaan maak ʼn draai by ‘n opname van die radio-vervolgverhaal, Boggomsbaai.
Khumba: 3D-animasie in Afrikaans met talle bekende stemme
Die Suid-Afrikaanse animasierolprent, Khumba, begin vandag by teaters draai en fliekgangers gaan vir die eerste keer die geleentheid hê om ʼn driedimensionele animasieprent in Afrikaans te sien.