Terwyl die polisie kla dat hy te min geld het om sy werk te doen, word miljoene rand aan vermaak, verblyf en spyseniering bestee.
Alles vir die sleutelwoord "Bheki Cele"
Parlement moet ‘loslippige’ Cele oor verkrag-opmerking ondersoek
Die DA sê Bheki Cele se opmerking is net nog ʼn bewys dat hy nie geskik is vir sy amp nie en die trekpas moet kry.
Man in hof ná hy hom glo as polisieminister voordoen
Zakhele Morris Nkosi (34) het Donderdag in die Witrivier-landdroshof in Mpumalanga verskyn nadat hy hom glo op sosiale media as polisieminister Bheki Cele voorgedoen het.
Cele se kop geëis oor verkragting-uitlating
Bheki Cele, minister van polisie, het tydens ʼn onderhoud gesê dat een van die slagoffers, ʼn 19-jarige vrou, “gelukkig was om deur een man verkrag te word”.
‘Cele mislei oor vordering met DNS-toetse’
Polisieverslae wat onlangs deur die minister self onderteken en aan die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie voorgelê is, skets ’n donker prentjie.
Cele oor Krugersdorp-verkragtings: ‘Geen steen onaangeraak’
Dit het tydens die ontmoeting aan die lig gekom dat van die verkragtingslagoffers so jonk as 19 jaar oud is. Cele het hulle en hul gesinne die versekering gegee dat die polisie geen steen onaangeraak sal laat in die soektog na die aanvallers nie.
‘Cele se wanbestuur strem misdaadbekamping’
Die kwessie rakende die afwenteling van die polisiediens na provinsiale vlak is ook weer tydens die imbizo geopper. Cele het in reaksie hierop gesê dit is nie hy wat ʼn besluit hieroor kan neem nie, maar dat dit ʼn grondwetlike kwessie is.
Derduisende teken al petisie teen Cele
Meer as 115 000 mense het die petisie van Action Society onderteken, terwyl die DA se petisie op sowat 7 700 staan.
Skop Cele uit, eis DA met petisie
ʼn Politieke ontleder sê uiteindelik kan net die ANC en die president minister Bheki Cele die trekpas gee, maar die druk op Cele neem toe.
Cameron kla by Opod ná Cele hom uit vergadering skop
Die drukgroep het ná verlede week se voorval ook ’n petisie begin om Cele uit sy pos te laat verwyder. Volgens Action Society is die petisie reeds deur meer as 70 000 mense onderteken.
1 300 minder speurders onder Cele se bewind
Terwyl Bheki Cele, minister van polisie, vir besorgde burgers en gemeenskapsorganisasies sê om hul monde te hou, is polisiëring in die land besig om in duie te stort.
Versoek dat Cele oor kontrakte ondersoek word
“As daar een plek is waar korrupsie nie geduld mag word nie, is dit juis die polisie.”
‘Ek sal dit weer doen,’ sê Cameron
“Ek kan nie onthou hoe ek op daardie oomblik gevoel het nie, die adrenalien het my oorweldig. Al wat ek onthou, is hoe ʼn tannie wat by my gesit het, my hand vasgehou het.”
Cele se politieke tirade word ʼn Kiffness-treffer
“Welgedaan aan Ian Cameron dat hy die waarheid met ons minister van polisie gepraat het,” het The Kiffness in dié video se Facebook-plasing geskryf.
‘Bly stil!’ skree Cele vir Action Society-lid tydens vergadering
“Jy beskou my as ʼn tuinjong. Bly stil! Bly stil! Sit en luister jong man, of gaan uit,” het Bheki Cele vir Ian Cameron geskreeu. Kyk hier na die video.
Cele se uitsprake is ‘gevaarlik’, sê TLU SA
“Dis die regering wat toelaat dat dié ongedokumenteerde mense in die land is. As [minister Cele] nou ’n probleem daarmee het, moet hy eerder die vinger na homself wys as na die boere.”
Cele stort trane oor taverne-tragedie
Leë bottels alkohol, pruike en selfs ’n pers “Happy Birthday”-serp het Sondagoggend in die stofstraat buite die Enyobeni Tavern in Scenery Park gelê.
Cele: ‘Ek sal waai as…’
“Ek glo dat as iemand dit beter kan doen, moet hulle dit kom doen …”
‘Cele moet ook waai’
“Bheki Cele wil die rol van kommissaris speel, hoewel hy ’n politikus en geensins ’n ervare en kundige polisieman is nie.”
Misdaadstatistieke: ‘Cele se kop moet rol’
Verskeie organisasies het hul menings uitgespreek oor die jongste misdaadstatistieke wat Vrydag bekendgemaak is.