Black First Land First (BLF) en die organisasie se leier, Andile Mngxitama, is aan minagting van die hof skuldig bevind.
Alles vir die sleutelwoord "BLF"
‘Massa-grondbesettings kom op 31 Desember’
“Ons gaan inbeweeg. Dit is alles net deel van die kleedrepetisie.”
ʼn Aanslag wat ons nie kan verduur nie
Hoewel die media altyd bevraagteken moet word, kan Suid-Afrika dit nie meer bekostig dat koerante geboikot, media-organisasies teen mekaar afgespeel word en joernaliste sonder meer afgekraak word nie. Dié mense doen ʼn ondankbare werk. Hulle is ʼn laaste bastion teen die oorweldigende tsoenami van bedrog en korrupsie wat oor die land spoel.
Polisie sal ingryp as BLF joernaliste teister
Fikile Mbalula, die minister van polisie, het Saterdag die hofuitspraak verwelkom ten gunste van die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) teen Black First Land First (BLF).
Politieke partye verwelkom uitspraak teen BLF
Spanning het Vrydag hoog geloop tussen lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) en lede van Black First Land First (BLF) buite die Johannesburgse hooggeregshof nadat die hof ʼn interdik toegestaan het teen BLF wat die media geteister het.
Hof sê oor interdik teen BLF
Uitspraak is Vrydag in die Johannesburgse hooggeregshof gelewer in Sanef se dringende aansoek om ʼn interdik te bekom teen Andile Mngxitama en sy organisasie Black First Land First (BLF).
BLF: “Ons vertrou geen wit mens nie”
“Teen 12:00 môre [Vrydag] sal ʼn wit regter uitspraak lewer. Hy kom net soos alle wit mense uit ʼn raamwerk wat glo dat sy witheid eerste moet kom. Ons vertrou nie enige wit mens nie,” het Andile Mngxitama, leier van BLF, gesê.
BLF sê joernaliste ‘vertrou nie die polisie’
Sanef het Donderdag ʼn dringende hofaansoek gebring om ʼn interdik teen die Black First Land First-groep aan te vra.
Saftu veroordeel teistering van joernaliste
Die vakbondfederasie Saftu het Dinsdag gesê hy veroordeel die “booswigte wat die media teister” en “veroordeel ten sterkste diegene wat redakteurs en verslaggewers intimideer”.
Regstappe teen Black First Land First oorweeg
Die sakeregtewaghond AfriSake oorweeg regstappe om ’n interdik te bekom teen Black First Land First (BLF), Andile Mngxitama (leier van dié beweging) en Lindsay Maasdorp (nasionale woordvoerder), ná oproepe aan sy ondersteuners en lede van die publiek om onbeboude grond onwettig te beset.
[Video] Sanef soek interdik teen BLF
‘n Video volg onderaan die berig waar Waldimar Pelser ‘n onderhoud doen met Andile Mngxitama van die organisasie Black First Land First (BLF).
Nuuskommentaar: BLF se joernalistelys: Skandvlek of ererol?
Dui die storie agter die storie van die BLF daarop dat Suid-Afrika nie net gekaap is nie, maar in ’n Mafiastaat in Tamatiestraat ontaard het?
‘Inhegtenisnemings kom’ ná BLF joernaliste dreig
Black First Land First het ‘n verklaring uitgereik waarin hulle joernaliste by die naam noem wat hulle “voortaan sal teiken in hul protesaksies teen wit media”.
Apartheidsgeld: Betogings by Absa-banke verwag
“Absa weier om aan die OB se bevinding gehoor te gee en noop ons om te betoog.”
Kaders se korrupsie
Die kernwoord is die gebrek aan verantwoordbaarheid. In die Suid-Afrika van 2017 is dit waarskynlik te veel gevra.
‘Wit mense moet wegbly by byeenkoms oor grond’
“Wit mense moenie na die imbizo kom nie, tensy hulle kom om ons grond terug te gee. Ons is baie kwaad. Ons kan nie hul veiligheid waarborg nie.”
Wes-Kaapse brande: Stappe teen ‘aanhitser’ om wit plase af te brand
ʼn Klag is teen Lindsay Maasdorp van die Black First Land First-groep gelê nadat hy onder meer te midde verwoestende brande in die Wes-Kaap gesê het: “If farmers felt blessed by God when it rained on their fields, then oppressed black people could feel blessed if white-owned farms burnt down.”
AfriSake kap Black First Land First se dreigemente oor grond
Die organisasie Black First Land First (BLF) wat dreig om grond in Suid-Afrika af te neem soos wat Robert Mugabe dit in Zimbabwe gedoen het, is ’n leë dop wat met die harde kant van die gereg te doen moet kry.
‘Ons sal ons grond vat soos Mugabe’
Andile Mngxitama, leier van Black First Land First (BLF), het Donderdag gesê dié beweging sal grond in Suid-Afrika met geweld afvat, net soos pres. Robert Mugabe in Zimbabwe gedoen het.