Wat kan ʼn mens nou eintlik sê wanneer ʼn span kans op kans kry, maar nie kan afrond nie?
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Blue bulls"
Blou Bulle Maatskappy wil poste sny
“Só ʼn stap is sekerlik onafwendbaar nadat die geldkraan geleidelik begin opdroog.”
Goeie oefenlopie vir Stormers in hardloopstryd teen Bulls
Elf drieë, heelwat spanning en lekker rugby, ʼn onervare skeidsregter wat hier en daar na albei kante toe kleigetrap het en uiteindelik die regte uitslag.
Bulls se foute, Kings se wil om te wen beslis Loftusstryd
Die Southern Kings se kaptein en losskakel Lionel Cronjé het met die heel laaste aksie van die Superwedstryd op Loftus die wedstryd vir sy span met ʼn strafdoel gewen. Die telling op Loftus teen die Bulls was 31-30.
Fleck skommel kwaai vir Wolves; Marais verander net twee vir Kings
Die Stormers se afrigter Robbie Fleck het sy sterkste moontlike span gekies om die Sunwolves Saterdag op Nuweland te pak en die Bulls se Nollis Marais het net twee veranderinge vir die Loftusstryd teen die Kings aangebring.
Serfontein, Gelant die uitblinkers in hardloopstryd
Die Bulls het ná ʼn droewige seisoen uiteindelik vlamgevat en die Sharks Vrydagaand op Kingspark met 30-16 geklop in ʼn lekker wedstryd wat egter effens aan die losserige kant vir die fynproewer was.
Esterhuizen terug, maar talle beserings by Sharks en Bulls
Dis beserings net waar jy kyk, maar tussen die probleme by die Sharks en die Bulls wat Vrydagaand in Durban die Suid-Afrikaanse Superreeks weer aan die gang kry, is daar darem ʼn tikkie goeie nuus ook.
Bulls klop Cheetahs, wen Wêreld-klubtienetoernooi
Die Bulls het Sondag die Beachcomber-Wêreld-klubtienetoernooi in Mauritius gewen toe hulle die Cheetahs in die eindstryd met 26-7 geklop het.
John Mitchell moet Bulls probeer regruk
John Mitchell is Donderdagaand as die Bulls se nuwe afrigter aangewys.
Lesersbrief: Wat is fout met die Bulle?
Baie mense vra wat is die probleem by BBRU. Is dit die afrigter, is dit fiksheid of BBRU se bestuur wat die afrigter verhoed om sy afrigting te volg, of is dit kwotas?
[Video] Bulls-stut ʼn internetsensasie ná sangvideo
ʼn Video, waarin die Bulls-speler Pierre Schoeman ʼn liedjie sing om sy spanmaats te motiveer vir hul wedstryd teen die Sunwolves, versprei soos ʼn veldbrand op sosiale media.
Bulls-Supergroep wemel van Bokke en groentjies
Daar is 13 groentjies sonder ervaring van Superrugby in die groep van 46 spelers wat die Bulls se afrigter Nollis Marais Woensdag vir die reeks aangekondig het.
Bulls pak die onbekende aan in Brisbane
Die Bulls pak die onbekende aan met aanstaande week se opwarm-ekskursie na Brisbane.
Bulle skrik maar klop Boland tog ver
Die Blou Bulle het die Boland Vrydagmiddag na verwagting goed in Wellington afgeransel, 48-26. Hulle het vyf Curriebeker-punte uit die wedstryd verdien en is steeds op koers vir ʼn halfeind-plek.
ʼn Goeie geldskuif van die Sharks – en almal wen
Moenie dat ons dink dit gaan noodwendig finansieel voor die wind by die unies en die franchise’e nie.
Blaser maak blapse op Loftus
Dis nogal ironies as tegnologie ingespan word om uitsluitsel te gee oor 50/50-beslissings, maar dan tot nog groter kritiek lei.
Sukkelende Italië voorbeeld vir Bulls
Italië kry dit reg al wen hy amper nooit nie, maar die Bulls sukkel om hul mense op Loftus te kry.
Aanval is die antwoord
Dis die beste aanvallers en nie die beste verdedigers nie wat Superugby wen, is die slotsom waartoe die gerekende tydskrif Rugby World kom ná `n ontleding van die afgelope 19 reekse.
Video: Matfield skerts oor rooi “EFF-hoedjie”
Victor Matfield het Donderdagaand geskerts hy het sy “rooi EFF-hoedjie” op toe hy met ʼn rooi pet by ʼn perskonferensie opgedaag het ná ʼn uitlating vroeër vandeesweek dat sy kamoefleer-kopskerm aanstoot gee.
Video: Ludeke sê gebiedsvoordeel is bepalende faktor
Bulls-afrigter Frans Ludeke glo gebiedsvoordeel gaan die bepalende faktor wees in Saterdag se Superrugby-halfeindstryd teen die Brumbies op Loftus Versfeld.