In ‘Middeleeuse Filosofie’ word figure soos Augustinus, Boethius, Abelardus, Aquinas en Ockham onder die loep geneem. Lees meer oor prof. Johann Beukes se jongste navorsing.
Alles vir die sleutelwoord "boek-uittreksel"
Boek-uittreksel: Die Bybel is God se liefdesbrief aan sy kinders
Die Bybel is van begin tot einde in werklikheid ’n liefdesverhaal. Kom ontmoet God in hierdie Boek waarin Hy jou uitnooi tot ’n liefdesverhouding met Hom wat jou lewe vir altyd sal verander.
Lees ’n uittreksel uit ‘Maggie: My lewe in die kamp’
Dit is ʼn aangrypende, maar ook hartverskeurende ware verhaal. Hier volg ʼn uittreksel uit “Maggie: My lewe in die kamp”:
Boek-uittreksel: Bestanddele vir ʼn Wenvrou-resep
“Wees dapper, wees sterk, wees vasberade en wees doelgerig om jóú volle potensiaal in God te verwesenlik,” bemoedig Susan Coetzer in “Koeke en terte”.
‘Skarlakenkinders’ lig sluier oor mensehandel
In “Skarlakenkinders” lig Anzil Kulsen en Nadine Blom die sluier oor internetbruide, orgaan- en dwelmhandel, kinderarbeid en ander lokvalle in mensehandelnetwerke. Luister hier na die onderhoud.
Boek-uittreksel: Buys, Maritz bied gids vir jong Afrikaners
Flip Buys en Paul Maritz se jongste boek, “Afrikanertoekoms101: ʼn Vraag- en Antwoordgids vir Jong Afrikaners”, bied vrae en antwoorde oor sake soos apartheid, regstellende aksie, moedertaalonderrig en geloof. Lees hier ’n uittreksel.
Boek-uittreksel: ‘Negentien minute’ deur Jodi Picoult
Jodi Picoult se top-verkoper “Negentien minute” is nou in Afrikaans beskikbaar. Dit is deur Daniel Hugo vertaal.
Boek-uittreksel: Fanie Viljoen weef ʼn ‘Donker Web’
“Hallo, Oom Fanie. Ek is mal oor ‘Onderwêreld’. Gaan daar ʼn opvolg wees?” Na honderde sulke boodskappe van leerders, onderwysers en lesers het Fanie Viljoen besluit om dié verhaal uit te brei. Lees hier ʼn uittreksel uit “Donker Web”.
Boek-uittreksel: Die verlore seun vannie Gaatjie
“Welkom in die lewensveranderende verhaal van Ivor Swartz – energieke navolger van Jesus en kreatiewe storieverteller,” sê Stephan Joubert oor “Die verlore seun vannie Gaatjie.” Lees hier ʼn uittreksel uit die boek.
Boek-uittreksel: Wat beteken dit om eties te eet?
“Om in Suid-Afrika te eet is geen eenvoudige saak nie. Suid-Afrika is die plek in die wêreld met die grootste gaping tussen ryk en arm. Dit bepaal in ontsaglike groot mate wát op mense se borde is,” skryf Rudi Swanepoel in “Kom sit aan”. Lees hier.
Boek-uittreksel: In Christus – Van toeskouer tot spoortrapper
“Ek verwys in my boek “In Christus” ’n paar keer na die mense met die Jesus-kepse,” skryf Callie Roos. Lees hier ʼn uittreksel.
Boek-uittreksel: Die verdriet van België
“Die verdriet van België” beslaan die tydperk tussen 1939 en 1947: vrede, oorlog, vrede. Louis Seynaeve is elf jaar oud en ’n leerling aan ’n Katolieke kosskool waar die nonne sy lewe regeer. Lees hier ‘n uittreksel uit die eerste hoofstuk.
Boek-uittreksel: Mia – ‘n Ma se storie van verlies en hoop
’n Motorongeluk tydens ’n gewone gesinsvakansie verander die Robbertsgesin se lewe dramaties. Lees hier ʼn uittreksel uit “Mia – ‘n Ma se storie van verlies en hoop” deur Mariska Robberts.
Boek-uittreksel: Israel-reeks 11 – ‘Hooglied’
“Hooglied” is die elfde titel in Marzanne Leroux-Van der Boon se Israel-reeks. Sy lê gereeld besoek in Israel af en met haar diepgaande kennis van dié land skryf sy die Joodse leefwêreld vir haar lesers oop. Lees hier ʼn uittreksel.
Boek-uittreksel: Uit die Beek 2019: Beloftes
“Nou gaan Hy weg, sodat Hy dit vir hulle, vir óns, nog makliker kan maak om alles te glo wat Hy belowe het. In sy plek kom die beloofde Gawe van God: die Gees wat hulle sou oorweldig.” Lees dié spesiale uittreksel ter viering van Hemelvaart.
Boek-uittreksel: Die opstand van Poppie Nel
Poppie Nel het op ’n dag in November ongenooid in Lukas se lewe ingestap, net toe hy self probeer regop kom. Vóór dit het hy haar nie geken nie, nie eens van haar geweet nie. Lees hier hoofstuk een van Hans du Plessis se jongste roman.
Boek-uittreksel: Bloedsteen
“Storm voel asof sy ook deur ’n sneltrein getref is. Nie ’n enkele gedagte gaan deur haar kop nie. Haar brein het botstil gaan staan. ’n Bol watte agter haar voorkop.”
Boek-uittreksel: Die vlerke van naaldekokers
In “Die vlerke van naaldekokers” gaan Kylie saam met haar eksentrieke skrywer-oupa en sy aantreklike jong assistent, Lee, op ʼn onbeplande reis. Sy kry ʼn kans om te ontsnap. Lees hier ʼn uittreksel uit Cecilia Steyn se jongste jeugroman.
Boek-uittreksel: Gebede vir elke vrou
“Hoe meer ’n mens met iemand praat en hoe langer jy in daardie persoon se teenwoordigheid deurbring, hoe beter leer jy hom of haar ken. Dieselfde is waar van God.” Lees hier ʼn uittreksel uit Nina Smit se boek, “Gebede vir elke vrou”.
Boek-uittreksel: Help! My kind is anders!
“Help! My kind is anders!” is ’n praktiese gids deur Christien Neser wat jou met ’n gereedskapkis toerus om van jou en jou kind ’n kampioenspan te maak. Lees hier ʼn uittreksel uit die boek.