Charlie Smidt van die FAK is terug om te gesels oor wat in jou kontrei op die kultuurfront gebeur.
Alles vir die sleutelwoord "BoekeJol"
Kom jol met boeke en flieks
Pretoria is besig om sy stertvere reg te skud vir die Boekejol en Filmrolfees wat in Augustus plaasvind. Kultuurvrate is omtrent in vir ʼn fees met dié vier dag lange viering van Afrikaanse rolprentmakers en skrywers se werk.
Luister: Pretorianers skud hulle vere reg vir eerste boekfees
As jy lief is vir lees, meer oor die skrywers van jou gunsteling boek wil weet of wil hoor wat is nuut op die boekrak in Augustus, is die BoekeJol en FilmRolfees net die plek vir jou.