’n Emmerskop-lys moet eintlik ’n lééf-lys wees. Die lewe is ’n geskenk wat elke dag ten volle geniet en gebruik moet word.
Alles vir die sleutelwoord "boekresensie"
Boekresensie: Die nuwe Afrikaanse prosaboek
Liefhebbers van kortverhale sal verheug wees oor die groot verskeidenheid verhale wat in die bundel verskyn.
Boekresensie: Grilgrypers-reeks
Kinders hou van bangmaakstories, maar natuurlik binne perke. DeWet Hugo se Grilgrypers-reeks behou ’n fyn balans deurdat dit kinders laat ril en gril met die wete heeltyd in die agterkop dat dit net ’n storie is.
Boekresensie: Fouriesburg en sy mense in die Brandwaterkom 1840 – 2019
Dis ’n boek wat op elke Fourie in die land, maar veral dié wat in Fouriesburg of omgewing woon of bande met Fouriesburg het, se koffietafel hoort.
Boekresensie: Huis van gruwels
Die boek lees soos ’n riller wat jou wind uitslaan. Mens sukkel om te glo dat dit ’n ware verhaal is en nie grieselrige fiksie nie.
Boek van die maand: Die biblioteek aan die einde van die wêreld
Dit is inderdaad Etienne van Heerden se geronde karakters en die intrige wat die leser op ʼn reis neem, van Boedapest tot Beijing, en die leser wat wil volstaan met ʼn gawe leeservaring meer as genoeg bied.
Boekresensie: 101 Nagmerries
Ek gaan eerder nie sê of ék dapper genoeg was om die boek van voor tot agter deur te lees nie. Selfs Imile Wepener, die illustreerder, se illustrasies het die bloed laat stol in my are …
Boekresensie: Leierskap 101
Nadat ek dié inspirerende boek, wat ’n onapologetiese geestelike strekking het, neergesit het, het ek my verstout deur te wens dat elke persoon in ons land wat ’n leierskapposisie beklee (verál ons parlementslede!) gedwing kon word om ’n kopie daarvan te lees.
Poenankies: Bekendes se kinderstories
“Poenankies” bied heerlike leesstof en kan as ’n versamelaarsitem beskou word.
Boekresensie: My naam is Prins, ek slaap met die lig aan
In hierdie aangrypende én skokkende verhaal open Christine Barkhuizen-Le Roux haar lesers se oë onder meer vir hoe slinks ’n pedofiel sy slagoffers manipuleer sodat van hulle selfs dekades ná die misbruik soms nog sukkel om die “goeie” oom wat hulle onskuld gesteel het te sien vir wie en wat hy werklik is – ’n monster wat op kinders teer.
Boekresensie: Die wolkversamelaars
Hulle wel en wee het my bygebly lank nadat ek die boek terug op my boekrak geplaas het. Ek is spyt dat ek nie iewers kan gaan loer hoe dit nou met sus of so gaan nie!
Boekresensie: 365 Stories, gebede en beloftes
Dit is ’n ideale slaaptyd-storieboek vir kinders tussen vyf en agt jaar oud wat die dissipline wil aanleer om daagliks stiltetyd te hou en ook hulle Bybelkennis wil uitbrei.
Drie lekkerlees romans
Dié drie romans vir volwassenes beloof ure se lekkerlees vermaak. As leser lag én huil jy saam met die vroue-karakters en vier jy hulle unieke menswees.
Boek van die maand: ‘Die slaghuis’ deur Cas Wepener
Dit is juis Wepener se fyn (en selfs objektiewe) waarneming, aangebied as ʼn soort kroniek, onder meer soos verwoord in waarnemings van die vierjarige Joshua, wat ʼn soort naïewe onskuld na vore bring.
Lesersindruk: Blinde gode deur Dibi Breytenbach
Blinde gode is Dibi Breytenbach se vyfde boek en ʼn opvolg van haar boek Dowe gode.
Gevierde digter se liefdespoësie
Ek het nie ’n woordeboek nodig om sy gedigte te probeer ontsyfer nie; ek kan myself net verloor in die mooi daarvan.
Boekresensie: Karlien kan nie kook nie
Karlien is glo glad nie bedrewe agter die kospotte nie, en dié kookboek met sy eenvoudige bestanddele en maklike resepte is blykbaar nét wat sy nodig het om in ’n japtrap smullekker geregte voor te sit.
Boek van die maand: ‘Halley se komeet’ deur Hannes Barnard
As die boek as jeugroman bedoel is (wat ʼn mens aanvanklik vermoed) is die verwysings na die 80’s, mét ʼn skeut nostalgie, bo-oor tieners se koppe en word die boek iets van ʼn historiese roman met ʼn moraal-ondertoon.
Boekresensie: ’n Kat se kans: Verhale van vurige en kordate katte
Dit is voorwaar die purrr-fekte boek vir lesers wat dol is oor katte. Dit word voorgeskryf vir kinders nege jaar en ouer, maar volwassenes sal die boek ook van waarde vind.
Fiksie oor reeksmoordenaars
Wanneer jy boonop ’n boek lees wat die donker psige en modus operandi van ’n reeksmoordenaar oopvlek, is dit soos om na ’n grusame ongelukstoneel te staar en nie in staat te wees om weg te kyk nie.