As die boek as jeugroman bedoel is (wat ʼn mens aanvanklik vermoed) is die verwysings na die 80’s, mét ʼn skeut nostalgie, bo-oor tieners se koppe en word die boek iets van ʼn historiese roman met ʼn moraal-ondertoon.
Alles vir die sleutelwoord "boekresensie"
Boekresensie: ’n Kat se kans: Verhale van vurige en kordate katte
Dit is voorwaar die purrr-fekte boek vir lesers wat dol is oor katte. Dit word voorgeskryf vir kinders nege jaar en ouer, maar volwassenes sal die boek ook van waarde vind.
Fiksie oor reeksmoordenaars
Wanneer jy boonop ’n boek lees wat die donker psige en modus operandi van ’n reeksmoordenaar oopvlek, is dit soos om na ’n grusame ongelukstoneel te staar en nie in staat te wees om weg te kyk nie.
Kinders, wees veilig aanlyn!
Hierdie broodnodige gids vir die lewe aanlyn is geskik vir kinders nege jaar en ouer. Saam met die oulike karakters, Anzil en Chris, ontdek kinders die wonders van die internet en leer hulle ook oor die gevare daarvan.
Boek van die maand: ‘Zola’ deur Johan Jack Smith
Johan Jack Smith se debuut, Zola, is ʼn aanduiding van dié soort roman wat meer is as (meesleurende) misdaadfiksie: Dit is ook ʼn verhaal van Johannesburg, kompleet met feitelike geografiese, maatskaplike en historiese bagasie.
Christelike leesstof vir selfverryking
Die mens is meesterlik aanmekaargesit – liggaam, siel en gees. “Die heel beste jy” is ‘n alles-in-een-handleiding wat ‘n mens inspireer om die heel beste jy te word en “Jy is kosbaar” is ʼn Bybelstudie waarin jy in ses weke ontdek hoe om vry van skaamte te leef en jou selfvertroue in Christus te vind.
Roman oor verlies en weer vol word
Al gaan die storie oor verlies en die rimpeleffek daarvan, is dit nie ’n swaar stuk leeswerk nie. Daar is ook vrolikheid.
Historiese roman beïndruk
Ek het heerlik aan hierdie blitsblaaier van ’n historiese liefdesverhaal gelees en beveel dit sonder skroom aan.
Boekresensie: Pieksel
Vossie kry meer ‘menslike’ interaksie by die robot as wat hy by die grootmense in sy lewe kry – beslis ’n aanklag op die moderne samelewing! Hierdie lieflike storie sal tot menige alleenkind se hart spreek.
Wonderlike kinderboeke
Dié vyf boeke word voorgeskryf vir kinders tussen drie en ses jaar oud.
Boek van die maand: ‘Die boek van gelukkige eindes’
Debbie Loots weef ʼn verhaal wat heg en pas; sy hou koers met ʼn magdom karakters op tou en sy bou en behou spanning reg deur haar verhale. So bly die leser nuuskierig leidrade volg.
Boekresensie: Smulkos
Dankie tog dat Esther nie skrik vir ’n uitdaging of twee in die kombuis nie, want haar “slim kinkels en vindingryke veranderings” maak dat ekonomiese kos nie “vaal en voorspelbaar” hoef te wees nie.
Wetenskap en fantasie ontmoet in hierdie kinderreeks
Die Zinzi en Saffraan-reeks laat meisies van sewe jaar en ouer se verbeelding oortyd werk! Magiese diere, monsters, avonture en raaisels word vernuftig vermeng met interessante feite en wetenskaplike eksperimente.
Boekresensie: Leesstof vir feitevrate
As jy van feite hou en graag wil weet hoe dinge werk, sal jy die volgende twee boeke baie geniet.
Boek van die maand: ‘Die verevrou’ deur Jan van Tonder
Sonder twyfel is Van Tonder ʼn knap wewer van stories. Oor die vaardighede beskik hy; sy belewing van die omstandighede en plekke waaroor hy skryf is só eerstehands dat ʼn mens nie eens van navorsing sou wou praat nie, en die gegewe wat hy as verhaallyn(e) gebruik is eweneens aangrypend.
Lesersindruk: Dowe gode
“Dowe gode” is ʼn boeiende boek en ʼn mens wil dié boek nie sommer neersit nie, meen Alexander S. Mickel.
Boekresensie: Smit Motors
Dit is ’n ryk en veelvlakkige roman waaruit die leser baie waarhede kan put. Dit leer mens om met meer empatie en verdraagsaamheid na ander te kyk – al dink en doen hulle anders as jy.
Christelike fiksie wat jou hart aanraak
Dis aangrypende storieboeke waarin lewensgetroue karakters uitgebeeld word wat op eg menslike wyse deur hulle emosies en omstandighede worstel. Hulle lewenspaaie lei hulle tot vaste geloof in God en ’n verhouding met Hom.
Boek van die maand: In ‘n land sonder voëls
“In ‘n land sonder voëls” is ‘n verdoemende ondersoek na die impak van ‘n totalitêre bestel en een man se besinning oor sterflikheid en dít wat ons mense maak.
Die reeks wat op elke kind se boekrak hoort
Ek is gaande oor die Vind uit!-reeks en glo dit hoort sonder twyfel op elke kind se boekrak