Die perfekte boek om aan ma’s of voornemende ma’s geskenk te gee. Ek het kop geskud en geknik en ook gehuil en gelag toe ek hierdie boek oor die vreugde en uitdagings van ma-wees lees
Alles vir die sleutelwoord "boekresensie"
Boek van die maand: ‘Geen engel nie’ deur Andre Krüger
Dit lees soos ʼn droom, laat jou met heelwat binnepret én gryp jou meteen aan die hart en boonop hou dit jou op die punt van jou stoel.
Boekresensie: Voetspore in Suid-Afrika 2 – ’n reisgids
Ek is van vooraf oortuig dat ons in die mooiste land ter wêreld woon, en dat ons eers ons eie land moet verken voordat ons oorsee wil gaan rondrits. Hierdie reisgids gaan my nog lank laat droom en in my gedagtes laat saamreis.
Boekresensie: Van ongenooi tot ingenooi
Ek het met die lees van hierdie boek opnuut besef hoe dankbaar ons moet wees vir goeie gesondheid. Ek het ook nuwe respek gekry vir die mediese personeel wat pasiënte bystaan in hulle strewe om weer gesond en so heel as moontlik te word.
Boekresensie: Die Toeligtingsbybel
“Hierdie toeligtende verduidelikings en historiese konteksbeskrywings het my gehelp om dieper te delf in die Woord en ’n beter begrip te hê van wat ek lees. So word my geloof versterk en vind geestelike groei plaas.”
Boekresensie: In die teenwoordigheid van die Allerhoogste
“In die teenwoordigheid van die Allerhoogste” is ideale leesstof vir diegene van ons met ’n woelige leefstyl wat besef dat daar iets in ons lewens kort, naamlik die vervulling wat ’n meer vredevolle en vreugdevolle lewe in God kan bring.
Geestelike leesstof vir kinders
Hierdie boeke is met die hand uitgesoek vir kinders van so jonk as vier jaar oud tot tieners om baat te vind by dié geestelike leesstof.
Boekresensie: Die duisend en eerste nag
Daar is gratis aanlyn musiek en video’s beskikbaar waarin lesers hulle kan verlustig terwyl hulle hul in die storie verdiep.
Boek van die maand: ‘Dol heuning’ deur SJ Naude
So versigtig kies Naudé sy woorde en so gelaagd is sy verwysings dat ʼn mens kwalik die raakvlakke tussen woorde en verhale en meer nog, die psige van karakters en van mens- én onmenslikheid, kan mis.
Boekresensie: 107 Kaalkoppe
Nataniël skryf op ’n onopgesmukte wyse oor alledaagse dinge wat sy hart (en dus ook sy lesers s’n) raak, maar hy doen dit met ’n tikkie ekstra oemf wat moeilik is om te beskryf.
Freek Robinson: Op die man af
In ‘Op die man af’ verweef Freek sy lewe en vyf-en-veertig jaar lange loopbaan en gee hy die leser ’n blik op interessante nuusontwentelinge en -gebeure in ons land se geskiedenis.
Die mooiste stories van Helena Lochner
Hoewel die skrywer reeds in 1951 oorlede is, leef haar stories voort en bekoor dit steeds oud en jonk.
Boek van die maand: ‘Simoelégri, stad van onrus’ deur Jaco Fouché
Jaco Fouché bewys homself as uitbeelder van die enkeling wat buite staan en waarneem en bied insig in ʼn verwordende samelewing.
’n Reeks wat kinders van emosies leer
Dit is in vandag se tyd belangriker as ooit dat kinders meer oor hulle emosies leer en toegerus word in hoe om dit te hanteer sodat hulle meer selfbewus en medelydend sal wees. Dankie tog vir dié ‘Op die plaas’-emosiereeks!
Boekresensie: Kom ons loop weg
Erika skryf van die uitdagings wat daar op haar en haar man, Tom, gewag het nadat hy in 2001 toe hulle 27 jaar getroud was met parkinsonsiekte gediagnoseer is.
’n Sonneblom vir elke dag
Die daaglikse boodskappe beslaan elk een bladsy, maar dis kragtig, interessant, leersaam en inspirerend.
Herontdek jou selfvertroue
Deesdae vind Rolene Strauss vreugde daarin om vroue wêreldwyd aan te moedig om NEE te sê vir perfeksie, vergelyking en lae selfvertroue, en JA vir selfwaarde, moed, geluk en sukses.
Boek van die maand: ‘Die miskruier en die maan’ deur Carié Maas
Die titel van die boek is ontleen aan die (Afrika-) verhaal oor hoekom die miskruier nooit ophou om sy bol mis te stoot nie. “Die maan het vir Miskruier belowe sy sal met hom trou as hy al die vuil op aarde opgeruim kry. En daarom beur hy so dapper voort.”
Dagstukkieboek die ideale geskenk
Die eerste ‘Uit die Beek’-uitgawes is in Nederlands geskryf, maar sedert 1929 verskyn dit ook jaarliks in Afrikaans.
Jou omvattende vleisgids
Die indrukwekkende verskeidenheid resepte nooi tuiskokke én professionele kokke om die resepte uit te toets – vleis is immers lekker én voedsaam.