Kinders wat lief is vir lees en hulle ook graag verlustig in boeke met mooi prentjies, kan gerus naderskuif – daar is tans baie oulike boeke beskikbaar in die boekwinkels.
Alles vir die sleutelwoord "boekresensie"
Boek van die maand: ‘Die heelal op my tong’ deur Anoeschka von Meck
Soos in Ridley Scott se “Thelma and Louise” word die dorre Richtersveld-landskap die konteks waarbinne Anoeschka von Meck haar verhaal van verliefdheid en venyn, van vergryp en verwerping plaas, en die konteks vir die katarsis.
Boekresensie: Uitvinders, planmakers en ander slimkoppe van Suid-Afrika
Engela Duvenage verskaf feite deur middel van lekkerleesverhale wat die leser se verbeelding aangryp en minder na “skool” en “leer” voel.
Boekresensie: Dik Dun Thick Thin
“Ek het heerlik aan hierdie verhale gelees wat onder meer geïnspireer is deur Nataniël se kinderjare (veral sy ouers en ouma), maar ook meer vertel oor sy optredes as sanger op klein dorpies.”
Boekresensie: Onder een dak
Dana Snyman deel in “Onder een dak” 100 van sy ou en nuwe stories. Louise Viljoen meen die boek moet “proe-proe gelees word”. Dit is nie een van daardie boeke wat jy gryp en in een aand wil verslind nie.
Boek van die maand: ‘Skepsel’ deur Willem Anker
In plaas daarvan om die verhaalgegewe hier weer te gee of iets te laat glip oor die heerlike verrassings wat die leser in dié roman te wagte kan wees, laat ek dít oor aan die leser en meer nog aan die wakker leser wat afdraaipaadjies vat. Afdraaie wat die leeservaring net soveel ryker maak.
Boek: Blokraai-antwoorde
Nie net gee jy jou brein oefening wanneer jy blokraaie invul nie, maar dit help ook om jou stresvlakke te verlaag. Dit is ’n baie insiggewende stokperdjie wat jy enige tyd en op enige plek kan beoefen.
Boekresensie: Amper Frans
Louis skryf onderhoudend in ’n heel gemaklike geselstrant wat die leser nie net oorrompel nie maar ook die Franse platteland op ’n besonderse wyse deur sy oë (en ander sintuie) laat ervaar.
Resensie: Het Ben du Toit as dominee toe uiteindelik gekies vir die slang?
“Die boek se insigte gaan die meeste mense ontstel en selfs teleurstel.”
Boekresensie: Die husse en die klein jakkalsies
As jy al ooit gewonder het wat vir ’n ding ’n hus is, sal jy bly wees om te verneem dat daar pas ’n kinderboek op die rakke verskyn het wat vir jou álles omtrent husse sal vertel.
Boek van die maand: ‘Aanspreeklikheid’ deur Jaco Fouché
“As ʼn mens jouself wil wysmaak dat boosheid ver verwyderd is, ondergrawe Fouché in dié roman waarin die (denkbeeldige) karakter Jaco Diehl aan die woord is, dié ‘waarheid’.”
Boekresensie: Die koning se paddaboutjies
Die hedendaagse kind (die boek word voorgeskryf vir sewejariges en ouer) sal beslis aanklank vind by die hersiene weergawes. Daar word selfs melding gemaak van moderne tegnologie soos byvoorbeeld die internet, kuberkrakers, megagrepe, mikroskyfies en Wi-Fi.
Resensie: Jan Braai Braaibroodjies en burgers
As daar nou ’n resepteboek is wat lesers se monde laat water lank voordat hulle nog ’n resep uitgetoets het, dan is dit Jan Scannell – beter bekend as Jan Braai – se “Braaibroodjies en burgers”!
Boekresensie: Offers vir die vlieë
Hierdie grensverskuiwende jeugverhaal is aangewys as die waardige wenner van LAPA se 2019 jeugromankompetisie.
Boekresensie: Maggie: My lewe in die kamp
Die verhaal is dus deurspek met nie net swaarkry en ontbering nie, maar ook medemenslikheid en vriendskappe – selfs oor vyandsgrense heen. Dit is ook ’n storie van eers alles verloor en dan weer oor begin.
Boek van die maand: ‘Weerlose meganika’ deur Anton Roodt
Anton Roodt se verrassende debuut is minder wetenskapfiksie as wat ʼn mens op die oog af sou vermoed. Of dalk net soveel as wat Dante se digbevolkte engelesfeer was – met engele met net so min vleis en bloed as robotte.
Boekresensie: Verstommende raaisels en rampe
Kinders wat daarvan hou om feite na te vors en self antwoorde op hulle vrae te soek, sal hierdie boek baie leersaam vind. Kom, ondersoek wat régtig gebeur het!
Boekresensie: Sasol Voëls van Suider-Afrika
Die voëlgroepe het my aangepor om verkyker om die nek na ons geveerde vriende te gaan soek. Name soos katlagters, kleinjantjies, tjeriktits, wielewale en wulpe het my verbeelding op loop gejaag.
Boekresensie: Sonder dié boek is taalpraktisyns armer
Pas het nóg ’n boek verskyn wat elke taalpraktisyn in hul arsenaal móét hê: “Gewone Taal: ’n Oorsig” deur prof. Eleanor Cornelius. George de Bruin verduidelik waarom taalpraktisyns ‘n plek op hulle boekrak vir dié boek moet maak.
Boekresensie: Dagboek van ʼn dork-reeks
Skaf die Dagboek vir ’n dork-reeks gerus aan. Meisies die wêreld oor is gaande daaroor. Dit is propvol drama, spanning, humor en dork-oomblikke.