Kom luister saam na ‘n Griekwagebed, “Red my”. Voorgelees en opgeneem deur Veronica Geldenhuys uit die boek “Karos orie dyne” geskryf deur Hans du Plessis en uitgegee deur Lapa Uitgewers.
Alles vir die sleutelwoord "boekvoorlesing"
Boekvoorlesing: Uit die Beek 2020
“Ek en jy en ons enigste troos in lewe en in sterwe is die rede vir die betekenisvolste Vrydag tot nog toe,” verkondig dr. Barend Vos. Luister hier na sy boodskap vir Paasfees.
Luister: Griekwagebed – Erfkjind
Kom luister saam na ‘n Griekwagebed, Erfkjind, voorgelees en opgeneem deur Veronica Geldenhuys uit die boek “Karos orie dyne”.
Luister: Griekwagebed – Psalm 1
Kom luister: ‘n Griekwagebed, Psalm 1, voorgelees en opgeneem deur Veronica Geldenhuys uit die boek “Innie Skylte vannie Jirre”
Boekvoorlesing: Die wolkversamelaars
Nadia de Kock lees ʼn gedeelte uit haar derde roman “Die wolkversamelaars” voor.
Boekvoorlesing: Olke bolke, Lulu
Drie minute is net genoeg om ʼn sluk van jou koffie te vat. Sorg net eers dat die kleinspan aandagtig na Fanie Viljoen se voorlesing van “Olke bolke, Lulu” luister. Dit is geskik vir kinders sewe jaar en ouer.
Boekvoorlesing: 2048
Réney Warrington lees ʼn deel uit die manuskrip van haar distopiese roman “2048”.
Boekvoorlesing: Die kas
Dis so maklik soos een-twee-drie minute! Skuif vinnig nader en luister na “Die kas”. Wees gewaarsku – dié spookstorie deur Fanie Viljoen sal jou behoorlik laat ril! Dit is geskik vir kinders 13 jaar en ouer.
Boekvoorlesing: Die ergste marteling
Wat is erger as om jou ouma se toonnaels te knip? Roep vir boetie en sussie en kom luister saam na Jaco Jacobs se voorlesing van “Die ergste marteling”. Dit is geskik vir kinders sewe jaar en ouer.
Boekvoorlesing: Pieksel
Het jy vier minute? Kry die jongspan en skuif dan sommer gou nader om te luister na Fanie Viljoen se voorlesing van “Pieksel”. Dit is geskik vir kinders nege jaar en ouer.
Winckler en kroos deel Vadersdagboodskap
Vandag kan elkeen van ons dankbaar wees vir ‘n Hemelse Vader wat elke dag by ons is. Luister hier na Aletté-Johanni Winckler en haar kroos se spesiale voorlesing uit “Gediggies vir vrolike gesiggies”.
Boekvoorlesing: Soesji en Shosholoza
“Ek dink Japan is vir die meeste Suid-Afrikaners ʼn onbekende,” meen Erns Grundling, skrywer van Soesji en Shosholoza. “Maar dit is ʼn bestemming wat jou lewe kan verander.”
Wen: Maak potjielesse maklik met dié prettige boek
Drie lesers kan elkeen ʼn eksemplaar van die boek ‘Op die potjie, gou!’ wen.
Boekvoorlesing: ‘Oupa sê so’
Het jy drie en ʼn half minute? Kry die jongspan en skuif dan sommer gou nader om te luister na Mila Guy se voorlesing van die storie Oupa sê so uit WO Kühne se bundel van die klassieke Huppelkind-verhale.
Luister: Pantoffels en die professor
Desember. Kersliedere weerklink. In ons plaaslike winkelsentrum stap mense heen en weer met pakkies. Maar die Kersfees-atmosfeer, die bome en liggies vul my met beklemming.
Luister: Witter as wit
Dis stil. Dis net die horlosie se getik-tik en Ouma se asemhaling wat die klein kamertjie vul. Dit en die bekende reuk van Ouma se smeergoedjies. Ek vryf Ouma se sagte bo-arm saggies. Sy reageer nie. Dis net ek en sy.
Luister: Vensterkind
Hy is soos iemand agter ‘n dik eenrigtingruit. Naby, maar tog ver. Hy kyk soms na jou sonder om jou te sien. Jy praat met hom sonder dat hy reageer. Die mooiste seuntjie – ‘n donkerkoppie met ‘n ligte vel, blou ogies en die lieflikste glimlag.
Luister: Om huis toe te gaan
Laas Vrydag pak ek in om huis toe te gaan. Huis is die plek waar jou pa en ma bly. Huis is ‘n woord vol kleure, gebeure, beelde en klanke.
Luister: ʼn Rooi hartjie op my hart
Vyfuur. Skoolgebou. Ekstra klas. Bank toe gejaag om vir Sussie op die Puk geld in te betaal. ‘n Rugbytrui vir Boetie gaan koop. Hom weggebring en gaan haal, betyds vir sy oogarts-afspraak. Nou is daar ‘n lamte in my gebeente.
Luister: ʼn Halwe drie
My jongste lyk opgebruik toe hy by die kar inval. Die manier waarop hy sy sak agtertoe smyt, spreek boekdele. Daar is ‘n bloederige skraap op sy wang. Blou merke op sy bobeen. Sy krulle is met sweet aan sy slape vasgeplak.