ʼn Groep stadsjapies gaan sake op ʼn plaas in die Swartland sonder moderne toerusting uitspook met die doel om R1 miljoen te wen.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "boer"
Orania-boer kritiek ná motorongeluk
Nooddienswerkers, paramedici, boere uit die omgewing en inwoners het almal gehelp om Kruger uit die wrak te help bevry.
Nóg voorvalle van bek-en-klou aangemeld
Die departement het ook gewaarsku dat inenting van vee teen bek-en-klouseer nét deur die staatsveearts gedoen mag word.
Boer aangerand oor grond
ʼn Boer van KwaZulu-Natal is Donderdag op sy plaas aangeval deur mense aan wie hy ʼn stuk grond verhuur.
Boer neem eie lewe: ‘Banke, droogte’ druk landbouers
“ʼn Droogte dagvaar nie. Hy maak jou maer en hy maak jou nederig. Dis ʼn bank wat dagvaar.”
Opkomende veeboer weiveld kwyt weens besetters
ʼn Opkomende veeboer van die Noord-Kaap is sy weiveld kwyt nadat grondbesetters verlede week daarop toegesak het.
Jong SA man se arm afgesit ná fratsongeluk op Amerikaanse plaas
Die masjien het sy arm ingetrek. Hy het homself dwars oor die masjien posisioneer sodat hy kon weerstand bied en sy hele lyf nie ook ingetrek word nie, waarna hy iemand gebel het om die masjien te kom afskakel.
Veebedrog: Albei broers nou agter tralies
“Pleks daarvan dat hy die geld aan die boer oorbetaal het, het hy die boer bedrieg en aangevoer dat die geld nog nie betaal is nie.”
Limpopo-krokodilboer ʼn ‘transformasie-suksesverhaal’
Molekoa (66) het ʼn groot deel van sy sukses nie net aan die departement toegeskryf nie, maar ook aan sy wit bure en medeboere, soos sy mentor Albert Pretorius, wat hom touwys gemaak het.
Só lyk Noordwes se Jongboer van die Jaar
“Dit is belangrik dat ons mekaar in hierdie tyd ondersteun, help en bystaan. In die verlede het die landbousektor verskeie aanslae oorleef en selfs sterker aan die ander kant uitgekom.”
Appel se lied ‘ʼn ode aan die boere’
“Grond is lewe en God is lewe. Ek dink dit is hoekom die boere so naby aan die grond wil wees, want dan is hulle naby aan God.”
Noordwes-boer vas ná meisie (11) gewond is in skietvoorval
Die boer het glo geskree dat hulle die grond moet verlaat voordat hy losgebrand het.
Megaboer neem eie lewe
Die welbekende boer, wat ook op die ‘Megaboere’-reeks te sien was, is dood op sy plaas aangetref.
Byna $700 000 vir tabakboere in Zim
British American Tobacco (BAT) gaan byna $700 000 (Amerikaanse dollar), ongeveer R9 miljoen, belê om jong tabakboere op te lei en oeste in Zimbabwe te vergroot.
[Foto’s] Boer se blink plan trek selfs oorsee aandag
“Dit het omtrent ʼn dag gevat om die ding aanmekaar te sit. Ek moes dit lekker stewig maak, want twee van my buurmanne is groot manne,” skerts hy.
Drywende mielieboer: ‘Ons is só geseënd’
“Ek vir my vrou gesê ek gaan nou op die tube klim en kyk waar die stroom my gaan vat.”
[Video] Herken jy dié drywende mielieboer?
ʼn Onlangse video wat op Facebook gedeel is, het mense omtrent aan die skater en gee weer hoop aan dié wat steeds bid vir reën. Herken jy dalk die boer wat tussen sy mielies dryf? Stuur vir ons ʼn e-pos na [email protected] of lewer kommentaar op Facebook.
Beeste nou op sjokolade-dieet
“Die beeste is mal daaroor,” sê De Bruin. “As jy dit in jou hand hou sal hulle agter jou aanloop. Hulle is soos kinders.”
[Foto’s] Reën sorg vir groot opwinding op Gannabos
Toe dit op 22 Januarie begin sous het, moes Merwe spring om alles reg te kry, en sy vrou, Nakkie, het die wonderwerk met haar kamera vasgevang en verewig.
Matriekafskeid: Die boerseun moet kan vas dans
ʼn Matriekleerder van die gekombineerde hoërskool in Hendrina, Mpumalanga, het haar tot sosiale media gewend om die perfekte metgesel vir haar matriekafskeid te vind.