ʼn Boeremaglid wat van seksuele aanranding beskuldig word, sal vandag in die landdroshof op Bronkhorstspruit verskyn. Die hof sal na verwagting betoë aanhoor van een van die slagoffers nadat sy aangedui het sy wil nie meer met die saak teen hom voortgaan nie.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Boeremag"
Boeremag-lede mag skootrekenaars in tronk gebruik
Hierdie vergunning geld solank die gevangenes geregistreerde studente by ʼn erkende tersiêre instelling is.
Twee van Boeremag soek steeds parool
Indien die tydperk wat hulle voor vonnisoplegging in die tronk was dus in ag geneem word, is Johan en Wilhelm Pretorius reeds sowat 18 jaar agter tralies.
Piet ‘Skiet’ Rudolph oorlede
“Oom Piet het stadig herstel, maar die laaste twee dae het sy toestand versleg.”
Drie van Boeremag bly agter tralies ná hofaansoek misluk
Riëtte Pretorius, die vrou van een van die Boeremag-gevangenes, se dringende aansoek dat haar man, skoonpa en swaer vrygelaat word, is in die hooggeregshof in Pretoria van die rol geskrap.
Boeremag-lid se vrou nader hof vir tydelike vrylating
Die vrou van een van die Boeremag-gevangenes gaan die hooggeregshof in Pretoria nader om te versoek dat haar man, skoonpa en swaer vrygelaat word.
Aantygings oor ‘Boeremag’-infiltrasie in Sita-stelsel bevraagteken
Dit is glo “onwaarskynlik” dat Andre du Toit, ʼn lid van die Boeremag wat in 2013 skuldig bevind is op aanklag van hoogverraad, die Sita-stel geïnfiltreer het.
Boeremag het glo toegang tot SAPD-infrastruktuur
LP’s het Woensdag gehoor twee werknemers van die staat se amptelike inligtingstegnologie-agentskap (Sita) het kontak gehad met Andre du Toit, ʼn lid van die Boeremag, wat in 2013 skuldig bevind is op aanklag van hoogverraad.
Ondersoek oor gat in tronksel
Die departement van korrektiewe dienste het ‘n ondersoek van stapel gestuur nadat daar ‘n gat in ʼn tronksel by die Baviaanspoort-gevangenis buite Pretoria gevind is. Twee Boeremag-lede is glo onder die 12 gevangenes wat in die sel aangehou is.
Boeremag-arsenaal opgespoor
Die Valke het Sondag gesê ‘n arsenaal van die Boeremag is opgespoor.
Boek: Hoogverraad van die verraaides: ‘n Satiriese reis deur die aanloop tot die Boeremagverhoor
Die uitspraak van die sogenaamde Boeremagverhoor het Suid-Afrika pas weer ‘n dosis slegte publisiteit oorsee besorg. Maar presies wat het die mans beweeg om so op te tree dat hul, en hul gesinne, se lewens verwoes is? Die antwoord moet baie ver terug gesoek word.
Boeremag-lid kry nie borgtog nie
Daar is geen redelike vooruitsig dat ʼn ander hof die skuldigbevinding van die 20 Boeremag-lede sal verander nie, het die Pretoriase hooggeregshof Woensdag bevind.
Boeremaglede onbevoeg om wapens te besit
Regter Eben Jordaan het Vrydag in die Pretoriase hooggeregshof verklaar dat alle lede van die Boeremag, buiten drie, onbevoeg is om vuurwapens te besit.
Boeremag-dokter sê hy sal sterf in die tronk
Dr. Lets Pretorius, mediese dokter en lid van die Boeremag wat tronkstraf opgelê is vir hoogverraad, het Vrydag aan die Pretoriase hooggeregshof gesê hy is oortuig hy sal in die tronk sterf omdat hy ʼn wit politieke gevangene is.
Boeremag-getuies kry nie vrywaring nie
Twee Boeremag-medepligtiges, wat vir die staat getuig het in die lang verhoor oor hoogverraad, se vrywaring om vervolging is deur die Pretoriase hooggeregshof geweier.
Boeremag-lid groet op Facebook
Wilhelm Pretorius, die veroordeelde Boeremag-lid het ure voordat hy tot 25 jaar tronkstraf gevonnis is, uit die gevangenis in Pretoria sy vriende en aanhangers op Facebook gegroet.
Nuuskommentaar: Hoofstuk van Boeremagverhoor afgesluit
Met die vonnisoplegging van die Boeremaglede is ‘n hoofstuk voltooi, maar duidelik lank nie die boek nie.
Hof lewer Boeremag-vonnis
Die vonnisuitspraak van die Boeremagverhoor is Dinsdag in die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria gelewer.
Boeremag sou “bloedbad” veroorsaak
Indien die Boeremag se hoogverraad-planne tot ‘n uitvoering gebring is, sou dit op ‘n bloedbad uitgeloop het, het regter Eben Jordaan Maandag in die Pretoriase hooggeregshof gesê.
Boeremag-dokter “nie ʼn rassis”
Dr. Lets Pretorius, ʼn lid van die Boeremag, het Maandag in die Pretoriase hooggeregshof getuig dat hy nie ʼn rassis is nie en nooit ten gunste daarvan was om geweld te gebruik om ʼn verandering mee te bring nie.