Dié erfenisjuweel is afgestof en blinkgepoets danksy die grootste restourasiepoging in ons land se geskiedenis, ná die aardbewing van 6,3 op die Richterskaal wat dié dorp in die Noord-Boland in September 1969 in puin gelê het.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Boland"
Talle leerders, oudleerders toon steun vir Boishaai-onnie
Ondersteuning het Vrydag uit alle oorde ingestroom vir die Hoër Jongenskool Paarl in die Boland nadat die Wes-Kaapse onderwysdepartement gesê het bewerings van lyfstrafpraktyke by die skool sal ondersoek word.
Boland se voorstes stamp koppe in kwarteind
Die voorste Bolandse klubs stamp Saterdag in die Bolandstadion op Wellington koppe in die kwarteindronde van die bond se reeks om die Grootuitdaagbeker.
WP red uitspeelkanse twee minute voor einde
Die Westelike Provinsie, in ʼn rukkerige tweede rat, het Vrydagaand sy wedstryd op Nuweland teen die Boland Kavaliers 30-28 gewen en na die derde plek op die punteleer en Curriebeker-halfeindstryd deurgeskuur.
Bulle skrik maar klop Boland tog ver
Die Blou Bulle het die Boland Vrydagmiddag na verwagting goed in Wellington afgeransel, 48-26. Hulle het vyf Curriebeker-punte uit die wedstryd verdien en is steeds op koers vir ʼn halfeind-plek.
Griekwas bly op koers na Boland se loesing
Jy kan nie sonder die bal speel nie. Ondanks ʼn paar indrukwekkende skrums aan die begin, was besit die Boland se grootste probleem in sy neerlaag Donderdagaand teen Griekwas in Kimberley. Griekwas het 46-22 gewen.
Griekwas mik teen Boland na derde plek op puntelys
Dit is sewe jaar sedert Griekwas en die Boland laas in die Premierliga van die Curriebekerreeks teen mekaar gespeel het, en Donderdagaand (19:00) op Griekwapark is vir albei ʼn spesiale wedstryd.
Boland skok 14-man Pumas
DieKavaliers is wel vanjaar ʼn verrassing in die Premierliga maar nog ver van die volmaakte produk af. En die Pumas was eintlik grootliks vir hulle neerlaag verantwoordelik – en nou noem ʼn mens nie eers die rooi kaart van hulle senter Tyler Fisher in die 27de minuut nie.
Boland verloor drie van hulle bestes vir Leeus-stryd
Terwyl die Goue Leeus se afrigter Johan Ackermann elf veranderinge aangebring het aan die span wat verlede naweek teen Griekwas vasgeval het, moes hulle teenstanders Vrydagaand op Ellispark, die Boland Kavaliers, self ʼn aantal onvermydelike veranderinge maak.
Kings en Boland het albei heelwat te bewys
ʼn Saamgeflanste span om die naam van OP-rugby te begin herstel na Cheeky Watson en sy trawante se wanadministrasie, draf Vrydagmiddag vir die OP Kings in Port Elizabeth in ʼn Curriebekerwedstryd teen die Boland uit.
Vrystaat se goue kwartier knak Kavaliers
Die Vrystaat Cheetahs was Saterdag in veral die tweede helfte van die Curriebekerwedstryd in Wellington goed, en die Boland Kavaliers sou geleer het ʼn wedstryd word oor 80 minute beslis. Die Vrystaters het 44-16 gewen.
Gevangenes speel rugby vir rehabilitasie
Ongeveer tien gevangenisse van die Wes-Kaap is tussen 4 en 8 Julie in ʼn vriendskaplike rugbytoernooi by die Boland-rugbystadion te sien as deel van ʼn rehabilitasieprogram.
Boland moet lig trap vir Grens
Boland moet lig trap vir Grens as dié twee spanne mekaar Donderdag in die Buffalostad-stadion in Oos-Londen in die opstelronde van die reeks om die Curriebeker aandurf.
Twee Blitsbokke tussen Kavaliers se agt nuwes
Al agt nuwelinge in die Bolandse Kavaliers se span Vrydag teen die Sharks het provinsiale ervaring en twee het vir die Blitsbokke gespeel.
Wedstrydknoeiery in rugby ondersoek
Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) het Donderdag gesê hy gaan bewerings van wedstrydknoeiery by klubs in die Wes-Kaap ondersoek.
Nuuskommentaar: Wingerdstaking
Die beplande staking in die Boland word vandag voortgesit nadat onderhandelinge tussen verskeie rolspelers om dit af te weer, gisteraand laat op ‘n dooiepunt uitgeloop het.