Agrizzi staan saam met die oud-ANC-LP Vincent Smith tereg op aanklagte van korrupsie en bedrog. Hy het Smith glo omgekoop om te help verseker Bosasa kry winsgewende staatstenders.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Bosasa"
Bosasa-tenderbedrogsaak uitgestel
Kontrakte is toegeken vir die verskaffing van spyseniering en opleidingsdienste, installasie van kringtelevisiekameras, grensdrade en die verskaffing van televisie- en moniteringstelsels.
Geen borgtog vir Agrizzi
Die voormalige hoof van die omstrede maatskappy Bosasa, Angelo Agrizzi, se aansoek om borgtog is Woensdag in die Palm Ridge-landdroshof afgekeur.
Agrizzi in hof oor beweerde omkopery van oud-LP Vincent Smith
Agrizzi het glo gesorg dat Smith betaal word om te verseker Bosasa baat by uiters winsgewende tenders.
Bosasa-base in hof oor R1,8 miljard se bedrog
Linda Mti, die voormalige kommissaris van korrektiewe dienste, en vier ander persone het in die Pretoriase gespesialiseerde handelsmisdaadhof verskyn oor aanklagte wat verband hou met tenders ter waarde van meer as R1,8 miljard.
Watson ‘laat komplekse nalatenskap agter’
Gavin Watson was ʼn gekompliseerde karakter en met sy dood laat hy ʼn ingewikkelde nalatenskap agter.
Gavin Watson-ongeluk: Ondersoeker ‘oorweeg baie moontlikhede’
Die private ondersoeker wat deur Gavin Watson se familie aangestel is om die oorsaak van die grusame ongeluk te ondersoek waarin hy gister gesterf het, sê daar is baie moontlikhede wat oorweeg en ondersoek moet word.
Deursigtige ondersoek geëis ná Watson se dood
Die afsterwe van Gavin Watson, die uitvoerende hoof van die eertydse Bosasa, kan ʼn groot impak hê op die werk van die Staatskapingkommissie, en dit is dus noodsaaklik dat die SAPD ʼn deeglike en deursigtige ondersoek moet doen as daar net ʼn sweempie is van vuilspel.
Omstrede Bosasa-hoof dood in motorongeluk
Gavin Watson, die uitvoerende hoof van die eertydse Bosasa, is in ʼn motorongeluk dood.
Nóg ʼn oorwinning vir Ramaphosa in stryd met OB
Mkhwebane het beveel dat Ramaphosa al die finansierders van die veldtog aan die parlement bekend moet maak.
Agrizzi, medebeskuldigdes vlugtig in handelshof
Die saak is tot 24 Oktober uitgestel.
Maimane sê Ramaphosa moet ‘self opdok’ vir regskoste in Bosasa-saak
“Geen burger is verhewe bo die reg nie, ook nie die president nie. Die DA gaan nie toekyk hoe politici staatsmag misbruik nie en sal verseker dat verkose verteenwoordigers aanspreeklik gehou word.”
Agrizzi voor hof oor k-woord-tirade
Agrizzi het verskoning gevra vir sy uitlating en gesê het hy is “verleë en skaam”.
DA wil Ramaphosa voor Zondo-kommissie sien
“Dit lyk of die Watsons vir die Ramaphosas is wat die Guptas vir die Zumas is.”
Saak uitgestel teen vermeende Bosasa-konkelaars
Die saak teen verskeie vermeende Bosasa-konkelaars is in die handelshof in Pretoria uitgestel.
Jhb sal Bosasa-kontrak ondersoek
Die Stad Johannesburg sal ondersoek instel oor ʼn kontrak tussen die vorige administrasie se metropolisiedepartement en African Global Holdings, voorheen bekend as Bosasa, het burgemeester Herman Mashaba Woensdag gesê.
Gautengse regering kanselleer alle Bosasa-kontrakte
Die Gautengse regering sal alle kontrakte met Bosasa kanselleer en prokureurs is opdrag gegee om die kansellasie met onmiddellike effek in werking te laat tree, het premier David Makhura Sondag gesê.
Maimane: ‘Ramaphosa steek iets weg oor Bosasa’
“Die president is verantwoordbaar teenoor die parlement, nie teenoor die openbare beskermer nie, en sy weiering om hierdie inligting bekend te maak wys daar is iets ernstigs om weg te steek tussen Ramaphosa en Bosasa.”
Minister tree op ná Zondo-onthullings
Die departement van justisie en korrektiewe dienste het begin optree teen sy amptenare wat na bewering by staatskaping betrokke was, het die betrokke minister, adv. Michael Masutha, in die parlement aangekondig.
‘Bosasa-personeel moet nou in tronke gaan werk’
Popcru meen die Bosasa-werknemers wat hul werk nou kwyt is, kan in die gevangenisse se kombuise uithelp.