Le Roux onthou dat hy beeldmateriaal verwyder het waar oudpresident Jacob Zuma vergesel word deur voormalige raadsvoorsitter van die SAL Dudu Myeni en huidige polisieminister Bheki Cele.
Alles vir die sleutelwoord "Bosasa"
Bosasa-korrupsie: Vinger wys ook na hooflanddros Nair
Pretoriase hooflanddros Desmond Nair, wat die borgaansoek van Oscar Pistorius hanteer het, is op die lys van hooggeplaastes vir wie Bosasa sekuriteitstelsel geïnstalleer het, het die staatskapingkommissie Donderdag gehoor.
Podlitiek: Ngwenya, Bosasa en Zille onder die soeklig
Die Podlitiek-span bespreek Ngwenya se bedanking as die DA se beleidshoof, Bosasa se omkoop-gewoel, en Zille se vuur van ’n belastingkoeël.
Bosasa: ‘Mokonyane was baie belangrik’
“Ons het opdrag gekry om alles waarmee ons besig was net te los wanneer dit by Mokonyane gekom het.”
MRK verkla Agrizzi by gelykheidshof
Die Menseregtekommissie (MRK) gaan Angelo Agrizzi, die voormalige Bosasa-bedryfshoof en fluitjieblaser, by die gelykheidshof verkla.
Bosasa: Só het geldwassery gebeur
Andries van Tonder, voormalige hoof- finansiële beampte, het Woensdag by die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping getuig.
Krygkor-hoof sê Agrizzi se bewerings is ‘kwaadwillig’
“Krygkor het geen kontrakte met Bosasa aangegaan nie. Inteendeel, Krygkor het geen kontrakte met enige Gupta-gekoppelde maatskappye aangegaan nie.”
Korrupsie moet ʼn misdaad teen die mensdom wees
Die skaal en omvang van korrupsie is van so ʼn aard dat mens moet vra of Suid-Afrika se strafregstelsel nog die vermoë het om dit behoorlik te ondersoek en die reg behoorlik toe te pas? Die publiek sal moet sien dat die reg toegepas word en die tyd sal leer of senior politici en staatsamptenare agter tralies gaan beland.
Agrizzi noem joernaliste wat glo omgekoop is
“Bosasa het destyds swaargekry in terme van negatiewe verslaggewing. Hy het gesê hy kan joernaliste swaai om eerder positief oor Bosasa te skryf en kan inligting bekom oor enige slegte stories wat publiseer sou word.”
OB wil Ramaphosa se Bosasa-skenking ondersoek
“Die Bosasa-onthullings het die mite vernietig dat korrupsie in die ANC slegs ʼn kenmerk van oudpresident Jacob Zuma en die Gupta-familie was.”
Zille wil Bosasa-kontrakte ondersoek
Helen Zille, premier van die Wes-Kaap, het die provinsiale regering opdrag gegee om bestaande en vorige kontrakte met Bosasa te ondersoek ná bewerings dat die maatskappy betrokke was by grootskaalse korrupsie by die regering.
Staatskaping-kommissie hoor klankopname oor ‘Zuma-gesprek’
“Ons moet hierdie ding beëindig, meneer die President. Ons moet die regte mense op die regte plek kry. Jy moet nou die regte besluite neem, jy het nie baie tyd nie.”
Bosasa het joernaliste glo betaal om stories nie te skryf
“Hy het joernaliste betaal? Vir wat?” waarop Agrizzi geantwoord het: “Vir inligting, om nie stories te skryf nie.”
Maimane, Malema soek antwoorde oor Bosasa-bewerings
“Hierdie onthullings het ʼn einde gebring aan die mite dat korrupsie in die ANC bloot iets was wat tussen voormalige pres. Jacob Zuma en die Gupta-familie voorgekom het.”
Bosasa ‘het bewyse verbrand en begrawe’
“Daar was klaar ’n gat in die grond waarin ons die dokumente gegooi het. ’n Werknemer het vir ons petrol gebring wat ons oor die dokumente gegooi het waarna ons dit aan die brand gesteek het.”
Bosasa: Halfmiljard se tender vir tronkheinings
Angelo Agrizzi, voormalige bedryfshoof van Bosasa, het Dinsdag besonderhede verskaf oor die verhouding tussen Bosasa en die departement van korrektiewe dienste wat daartoe gelei het dat tenders toegeken is sonder behoorlike prosesse.
Krygkor-hoof kry spesiale verlof ná Bosasa-aantygings
Wakeford word blykbaar geïmpliseer in die beëdigde verklaring aan die kommissie deur Angelo Agrizzi, fluitjieblaser en voormalige Bosasa-bedryfshoof.
‘My regte geskend’, sê minister oor Bosasa-bewerings
Daar is Maandag getuig die minister het benewens ʼn maandelikse bedrag van R50 000 ook opgraderings aan haar huis en ʼn magdom kruideniersware jaarliks oor Kerstyd van Bosasa ontvang.
Bosasa het maandeliks omkoopgeld aan staatsamptenare betaal
Angelo Agrizzi, voormalige bedryfshoof van Bosasa, het Maandag aan die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping gesê Bosasa het maandeliks omkoopgeld aan staatsamptenare betaal.
Staatskaping: Zondo boos oor uitgelekte verklaring
Volgens die berigte was Nomvula Mokonyane, Nomgcobo Jiba, Lawrence Mrwebi, Dudu Myeni en oudpres. Jacob Zuma almal ontvangers van omkoopgeld wat Gavin Watson, uitvoerende hoof van Bosasa, betaal het om ondersoekers en moontlike vervolging af te weer.