En hoewel sy onlangs as kykNET-baas afgetree het, kan jy haar beswaarlik ’n pensioenaris noem. Dié pasaangeër en padmaker is vol planne vir die toekoms, én vir Afrikaans.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Brandpad"
Franna Benadé se splinternuwe seisoen
Ná agt albums en jare as aanbiddingsleier, sing op kampe en ook in kerke, het Franna Benadé ’n nuwe lied in sy hart én album op die rak. ʼn Splinternuwe seisoen op die randjie van sestig waarin God se goeie nuus gehoor móét word.
Appel, die hardebaard en sagte hart
Die woorde “Moenie bang wees nie” kom nie verniet 366 keer in die Bybel voor nie, sê hy toe ons groet. “Dis my rots, hou my staande in dié stormsee. Elke dag van die jaar. In onsekere tye moet ons juis ons afhanklikheid van Hom herbevestig, onsself herinner: sonder Hom het ons niks. Is ons niks.”
Paul Colditz: Kampvegter vir elke kind in elke klas
Paul Colditz is ’n verbete vegter wat onderwysowerhede in meer as 300 hofsake ore aangesit het. Magsmisbruik deur onderwysamptenare en politici maak dié pa van vier, wat net ná sy 68ste verjaarsdag in Oktober by Fedsas die tuig gaan neerlê, briesend.
Sonja Smith: Stem vir die stilgeborenes
“Dit het alles in 2005 begin met ’n telefoonoproep van ’n privaat hospitaal in Pretoria met die nuus dat daar ’n drieling is wat doodgebore is,” vertel Sonja Smith oor haar besluit om die wetgewing rondom babasterftes te beveg.
Hannes Noëth, man van woord en daad
By die werk gee hy die pas aan, maar by die huis is Hannes Noëth, hoof van Solidariteit Helpende Hand, net pa. In ‘n onderhoud met Maroela Media vertel hy meer oor sy reis van plaasseun tot predikant.
Danie Langner: Voortrekker, voorloper en vader van vele
Dr. Danie Langner is onlangs aangewys as die nuwe uitvoerende hoof van die Voortrekkermonument. In ‘n onderhoud met Maroela Media brei hy uit oor die monument se oorlewing as baken van hoop, sy rol as hoofleier van die Voortrekkers, die ander leierskapstoele waarop hy sit en dit waarop hy die trotste is – om ’n pa van ses te wees.