Brittanje se hoogste hof het Dinsdag gelas dat eerste minister Boris Johnson se besluit om die parlement vir vyf weke op te skort, onwettig is.
Alles vir die sleutelwoord "Brexit"
Johnson sal Britte weer van Brexit moet oortuig
Indien Brittanje ’n belangrike internasionale rolspeler wil bly, het die land nodig om homself strategies te onderskei. Dit kan begin met Brittanje se uittrede uit die Europese Unie. Indien Johnson egter nie daarin slaag om sy mense van die noodsaaklikheid hiervan te oortuig nie, sal die land voortgaan om stelselmatig sy rol en relevansie op die globale politieke en ekonomiese terrein te verloor.
Tien vrae oor die wêreldpolitiek
Hier is tien knellende vrae wat tans internasionaal bespreek word:
Hoe nou verder met Boris en Brexit?
Johnson is wel nie iemand wat gaan lê nie en hy het moontlik iewers nog ’n troefkaart in die mou. Hy is ook bereid om ter wille van sy beginsels sy eie loopbaan op die spel te plaas.
Brittanje, SA bereik post-Brexit-ooreenkoms
“Dit is belangrik vir duisende Suid-Afrikaanse werkers wie se inkomste afhang van dié handel, asook vir die beleggers wat Suid-Afrika gebruik as uitvoerbasis na Brittanje en die res van die wêreld.”
SA ‘veilig’ indien Brexit-sonder-ooreenkoms voortgaan
Suid-Afrikaanse poste en beleggings is veilig selfs indien Brexit sonder ʼn ooreenkoms sou voortgaan, het Ebrahim Patel, minister van handel, nywerheid en ekonomiese ontwikkeling, Woensdag gesê.
Johnson skort Britse parlement op ná jongste neerlaag
“Ons moet Brexit afgehandel kry. Ons moet teen 31 Oktober uit die Europese Unie tree, andersins is ek bevrees permanente skade sal aangerig word.”
Brexit: Kan BoJo die Britte red?
Ten spyte van skeptisisme oor Johnson, kan hy met sy aanslag en gewildheid by die publiek, asook by opposisiekiesers, wel een van Brittanje se beter eerste ministers word.
Boris Johnson: die onverrassende verrassing
Die aanstelling van Johnson mag dalk net die eerste keer wees wat die Britse regering ʼn poging gaan aanwend om ʼn sukses van die onderhandelinge te maak en sodoende die talle voordele van ontknoping uit die EU na te jaag en op te kapitaliseer, skryf Hermann Pretorius.
Nuuskommentaar: Hoe lank vir Boris terwyl die “Keltiese opstandigheid” begin roer?
Met die verkiesing van Boris Johnson tot nuwe Britse premier is Brexit volgens alle aanduidings nou op koers, al is dit minstens nou nog ’n taamlike koerslose koers.
Britse leierstryd begin
Ná die bedanking van eerste minister Theresa May is die tafel nou gedek vir die opvolgstryd vir ʼn leier van die regerende Konserwatiewe Party en daarmee saam ook vir die pos van eerste minister van Groot-Brittanje.
Britse eerste minister bedank
“Dit was die grootste eer van my lewe om dié pos te beklee wat ek binnekort sal verlaat.”
Europese verkiesing ʼn groot uitdaging vir Britse politiek
Miljoene Britte is met goeie rede moeg vir die wyse waarop Brexit hanteer is en mense is gefrustreerd met die gevolge wat die Brexit-drama op hul land se beeld en ekonomie het.
Brittanje kry nog tyd vir Brexit
Theresa May, die Britse eerste minister, het ʼn noodberaad in Brussel bygewoon waar sy leiers van die Europese Unie oor die Verenigde Koninkryk se jongste Brexit-planne ingelig het.
Einde van integrasieprojek in Europa
Hoewel Europa en die EU nog lank nie uit mekaar gaan spat en in konflik gaan verval nie, is dit toenemend duidelik dat die toekoms van Europa deur ’n nuwe soort realisme gekenmerk gaan word en dat groter integrasie onwaarskynlik is.
Geen einde aan die Brexit-sirkus
Wat ook al met Brexit gebeur, dit lyk of Theresa May se dae as premier getel kan wees. Sy is net daar omdat niemand anders haar swak besluite as gevolg van ’n totale gebrek aan visie en leierskap wil oorneem nie.
Brexit-spertyd kruip nader; besluit het ook impak op SA
Britse eerste minister Theresa May word Woensdag by ʼn noodberaad in Brussel verwag, waar sy leiers van die Europese Unie (EU) oor die Verenigde Koninkryk se jongste Brexit-planne moet inlig. Die Britte se besluit het ook ʼn direkte gevolg op Suid-Afrikaanse handelsbelange.
Britse eerste minister vra wéér vir Brexit-uitstel
Die Britse eerste minister Theresa May het gevra dat die spertyd vir die Verenigde Koninkryk om die Europese Unie (EU) te verlaat weer uitgestel word.
Podlitiek: Ace, Moody’s en e-tol onder die vergrootglas
Die beweerde korrupsie van Ace Magashule, Moody’s se besluit oor Suid-Afrika se skuld, en e-tol se besluit oor agterstallige skuld, word hierdie week onder die loep geneem.
May se Brexit-plan wéér nie aanvaar
Die graderingsagentskap Standard & Poor’s (S&P) het intussen herhaal dat verskeie ekonomiese probleme Brittanje in die gesig staar indien die land die EU verlaat sonder ʼn ooreenkoms.