“Die PPF is daarom onapologeties verheug dat mnr. Molefe moontlike hoë salarisse in die privaatsektor opgegee het en gekies het om onbaatsugtig tot ons jong demokrasie by te dra.”
Alles vir die sleutelwoord "Brian Molefe"
ANC-LP bevestig skuif uit finansieskomitee
ANC-LP Makhosi Khoza het Dinsdag bevestig sy skuif uit die parlement se staande komitee vir finansies, maar wou nie bespiegeling dat dié pos moontlik deur die voormalige Eskom-hoof, Brian Molefe, gevul sal word, bevestig nie.
Cosatu verbaas dat Molefe ʼn LP gaan word
Die vakbondfederasie Cosatu in Noordwes het gesê die besluit om die voormalige hoof van Eskom Brian Molefe aan te stel as ʼn lid van die parlement, is ʼn “verrassing” en die organisasie is nooit hieroor genader nie.
Oud-Eskom-hoof Brian Molefe op pad na parlement
Brian Molefe, die voormalige uitvoerende hoof van Eskom wat verlede jaar bedank het, sal binnekort as ʼn LP ingesweer word, het die wetgewer Vrydag bevestig.
Brian Molefe nié in hegtenis geneem, sê Eskom
Eskom ontken gerugte dat sy uittredende uitvoerende hoof Brian Molefe in hegtenis geneem is ná ʼn beweerde onsuksesvolle selfmoordpoging en gesê die bron is ʼn valse nuuswebwerf genaamd News24-TV.
Aanklagte teen Molefe gebring ondanks bedanking
“Dit is verdag dat Molefe bedank het nadat ons die proses begin het om hom te dwing om onder eed in die parlement die waarheid te vertel.”
Eskom sal binnekort tydelike leierskap aankondig
“Die waarnemings wat in die staatkaping-verslag gemaak word, is onakkuraat, gegrond op gedeeltelike feite of doodeenvoudig onwaar. Madonsela was vasbeslote om hierdie waarnemings in die verslag in te sluit, sonder om enige skadelike uitlatings eers aan my te openbaar soos sy wetlik verplig was om te doen.”
Eskom-hoof bedank
Brian Molefe, Eskom se uitvoerende hoof, het Vrydag sy bedanking aangekondig.
‘Molefe moet onder eed getuig’
“Molefe het gerieflikheidsonthalwe probeer om die verdoemende onthullings in die openbare beskermer se staatskaping-verslag tydens mediakonferensies weg te verduidelik.”
Eskom-hoof vra almal moet voorafbetaalde krag gebruik
Brian Molefe, die uitvoerende hoof van Eskom, het Woensdag gesê wetgewing moet ingestel word om voorafbetaalde elektrisiteit die norm vir alle huishoudings te maak.
Eskom sê oor beurtkrag dié winter
Brian Molefe, Eskom se uitvoerende hoof, het verslaggewers Donderdag buite die parlement toegespreek oor Eskom se verwagting rondom die instelling van beurtkrag in die komende wintermaande.
Waarnemende Eskom-hoof se kontrak verleng
Eskom het Woensdag aangekondig dat hy sy waarnemende hoof se kontrak verder verleng het.
Transnet sê Rapport se artikel is vals
‘n Onlangse berig in Rapport oor die lot van Transnet-pensioenarisse is onakkuraat, ongegrond en sonder bewyse, sê die maatskappy in ‘n brief wat Sondag in die koerant verskyn het.
Transnet-baas van haatspraak aangekla
Die Vryheidsfront Plus het Woensdag gesê die party gaan ʼn klag van haatspraak by die Menseregtekommissie (MRK) indien teen Brian Molefe, die uitvoerende hoof van Transnet, weens sy “rassistiese en dreigende uitsprake teen pensioenarisse van Transnet”.