Dis hoogs waarskynlik dat Eddie Jones in Junie ʼn verswakte Engelse toerspan na Suid-Afrika sal bring in wat egter as ʼn onderliggende waarskuwing vir die plaaslike rugbybase moet dien.
Alles vir die sleutelwoord "Britse en Ierse Leeus"
Korter Britse Leeus-toer oor swak SA rugbygehalte
Dis nog vier jaar voor die 2021-toer van die Britse en Ierse Leeus deur Suid-Afrika, maar reeds blyk dit dat ondermeer die swak plaaslike rugbygehalte ondersteuners van die geleentheid sal ontneem om ʼn volle Leeutoer te ervaar.
Die Leeus van 2017 was eintlik maar vulletjies
In die verlede het dit byna op elke rugbytoer gebeur dat van die spelers se koppe uithaak.
Wat gaan die All Blacks met Sonny Bill doen?
Een têkkel … en nou is die rugbywêreld op sy kop gekeer.
Dit was erger as om jou suster te soen
Jerome Poite … ongewild in Suid-Afrika, nou ook vyand nommer een in Nieu-Seeland.
Derde toets: is die glas half vol of half leeg?
Hoe vinnig kan dinge in rugby nie verander nie.
Is dit ʼn All Black-meesterskuif of ʼn brousel?
As jy goed genoeg is, is jy oud genoeg.
Leeus behou dieselfde 23-tal vir derde toets
Die Britse en Ierse Leeus se afrigter Warren Gatland het dieselfde span en plaasvervangersbank aangewys vir Saterdag se derde en beslissende toets teen die All Blacks op Edenpark.
Só klop jy die All Blacks
Wanneer dit reën, moet jy skep.
CJ Stander kry sy groot kans
Toe CJ Stander ʼn paar jaar gelede besluit het om sy rugbybande met die Bulls te verbreek om sy horisonne by Munster in Ierland te verbreed, het hy sekerlik nooit kon dink dat hy eendag in die Britse en Ierse Leeus se toetsgroep vir ʼn deurslaggewende toets teen die All Blacks in Wellington sou wees nie.
All Black-keurders het maar min grys hare
Dit is darem baie maklik om ʼn Nieu-Seelandse rugbykeurder te wees.
Niemand kan kla oor die uitslag nie
Hoe sê hulle nou weer? Dis soos om jou suster te soen.
Hoe goed is die Hurricanes sonder Beauden Barrett?
Die waarde van ʼn skakelpaar wat mekaar aanvul en verstaan, is ononderhandelbaar in rugby.
All Blacks speel Leeus voorlangs kis
Dit is afgesaag om dit te sê, maar jy het die bal nodig om mee te speel. Dit het die Britse en Ierse Leeus nie gehad nie, en hulle het Saterdag die eerste toets teen die All Blacks op Edenpark met 15-30 verloor.
Ierse flank O’Mahony is kaptein teen die All Blacks
Die Ierse flank Peter O’Mahony sal die Britse en Ierse Leeus Saterdag in die eerste toets teen die All Blacks in Auckland aanvoer.
Die Leeus begin hul toerritme vind; Chiefs ontgeld dit
Dit was nie naastenby die Chiefs se beste span nie, en ook net ʼn paar van die Britse en Ierse Leeus se waarskynlike toetsspan, wat mekaar vier dae voor die eerste toets teen die All Blacks in Hamilton gepak het.
Leeus waarsku All Blacks met indrukwekkende sege
Dit was ʼn goeie Saterdag vir spanne van die Noorde waarvan die pak wat die Britse en Ierse Leeus die Maori All Blacks toegedien het, die indrukwekkendste was.
Nog ʼn hoë hekkie wag op die Leeus
Die Britse en Ierse Leeus kom Saterdagoggend (09:35) voor nog ʼn groot toets te staan wanneer hulle in Rotorua teen die Maori All Blacks speel.
Ook die Highlanders gee Leeus bloedneus
Dinge loop nie vir die Britse en Ierse Leeus soos hulle gehoop het nie. Nie net begin beserings hulle nou inhaal nie, maar hulle het Dinsdag in Dunedin die tweede keer in vier wedstryde op dié toer verloor.
Leeus se brul is terug na hulle Crusaders kortvat
Die Britse en Ierse Leeus se brul is terug, en nie sommersó nie.