Die einde van die Eerste Wêreldoorlog word vandag, 11 November 2016, wêreldwyd gevier. Flip Buys ondersoek waarom die einde van die Eerste Wêreldoorlog met reg as die begin van die Tweede Wêreldoorlog beskou word.
Alles vir die sleutelwoord "Brittanje"
Volkereg: Die problematiese streep
Tog, wat die wêreld tans het, al is dit hopeloos onvolkome en selfs skynheilig, is beter as heeltemal niks. Tans bestaan daar darem ʼn jurisprudensie waarop teruggeval word. Maar veel is dit nie. Welkom in die internasionale politiek!
R89 miljoen boete ná gru-tuimeltreinongeluk
Altesaam 16 mense is beseer waarvan twee meisies, Leah Washington (18) en Vicky Balch (20), elk ʼn been verloor het nadat die tuimeltrein in ʼn stilstaande wipwa, met minstens 14 sitplekke, teen 140 km/h op die baan gebots het. Die operateur het boonop ook nie die tuimeltrein gestop nie ondanks sterk rukwinde die betrokke dag.
Video: Die Audi-advertensie wat Brittanje nie mag sien nie
Die motorvervaardiger Audi se jongste advertensie vir die R8-sportmotor is vandeesweek in Brittanje van die lug verwyder ná klagtes dat dit “roekelose bestuur” aanmoedig.
Groot uitdagings vir Brittanje se nuwe premier
Theresa May sal Woensdag by Downingstraat 10, die premier se ampswoning in Londen, intrek.
Brittanje het teen dan nuwe leier
Brittanje sal teen Woensdagaand ʼn nuwe premier hê en dis moontlik weer ʼn vrou.
Britte verlaat die Europese Unie
Op 23 Junie 2016 het Brittanje uit die Europese Unie getree. Die skommeling in die geldmarkte het aangedui dat die uitslag onverwags en selfs vir baie ongewens was. Dit is vir ons van belang om te weet hoe die gebeure ons raak.
Drie hoera’s vir Brexit!
Die “chattering classes” het baie geskryf en gepraat, Brexit gekritiseer, min gebalanseerde ontleding aangebied en dan bloot volstaan met “ons weet nie wat gaan gebeur nie”. Dr. Eugene Brink neem die Brexit-referendum en uitslag onder die loep.
Wat sê die Britte met Brexit?
As ʼn mens die reaksies op Afrikaanse media se berigte en kommentare lees, lyk dit of baie lesers die uitslag, dat Engeland die Europese Unie gaan verlaat, simplisties op grond van hul eie ideologiese uitgangspunte benader. Leopold Scholtz neem die referendum en uitslag onder die loep.
David Cameron gaan bedank
Die Britse premier David Cameron het te kenne gegee dat hy gaan bedank nadat Brittanje in ʼn referendum besluit het om die Europese Unie (EU) te verlaat.
Brexit: Ja of nee?
Stemlokale oor die hele Brittanje is reeds oop met Britte wat ʼn geskiedkundige besluit moet neem oor die land se voortgesette deelname aan die Europese Unie (EU).
Wat hou ‘Brexit’ vir die wêreld in?
Die nuusmedia is vol van die referendum wat op Donderdag 23 Junie oor Brittanje se voortgesette deelname aan die Europese Unie (EU) gaan plaasvind. Nico Stegmann neem die gevolge van die besluit onder die loep.
Terreurwaarskuwings: Zuma, ministers vergader
Pres. Jacob Zuma en ministers in die veiligheidsgroepering het Woensdag vergader oor die terreurwaarskuwing wat deur die Amerikaanse ambassade uitgereik is.
SA vaar uit oor ‘ongegronde, twyfelagtige’ terreurwaarskuwings
Die Suid-Afrikaanse regering het gesê die waarskuwings oor moontlike terreuraanvalle in die land is “twyfelagtig, ongegrond en dat die bron daarvan dit op twyfelagtige gevolgtrekkings gegrond het”.
Terreurwaarskuwing: Engeland maan ook sy burgers
Brittanje het nou ook sy burgers gewaarsku teen moontlike terreuraanvalle in Suid-Afrika, kort nadat die Amerikaanse ambassade ʼn soortgelyke waarskuwing aan sy burgers in die land gerig het.
Britte se besluit oor EU kan verreikende gevolge hê
In Brittanje begin die senuwees aan die politici knaag namate die referendum oor Britse lidmaatskap van die Europese Unie (EU) op 23 Junie nader kruip. Die regerende Tories is middeldeur geskeur oor die saak, met premier David Cameron en die man wat hom bitter graag van sy troon wil stoot, die flambojante Boris Johnson, wat bekveg asof hulle geswore politieke opponente is.
[Foto’s] Kô, lat ons sing, blaf, bulk en blaas
Honde, perde, ponies, marmotte en katte het onlangs by die kapel van die Felsted Preparatory School in Engeland saamgedrom vir dié privaat skool se spesiale Troeteldierdiens.
Cameron en Johnson se uitval kan party skaad
Die uitval tussen die Britse premier, David Cameron en sy grootste mededinger in die Konserwatiewe Party, Boris Johnson, loop uit op ʼn bloedige burgeroorlog waarvan die party self die grootste slagoffer kan word.
Veldtogte op kampusse: Niks nuuts onder die son nie
Die Suid-Afrikaanse media het die laaste paar maande baie aandag gegee aan (dikwels bevoorregte) studente se vloermoere op verskeie kampusse. #FeesMustFall, Open Stellenbosch en ander dergelike veldtogte het gereeld die voorblaaie van koerante gehaal.
Sieklike Suid-Afrikaner (92) geforseer om Brittanje te verlaat
Myrtle Cothill, ʼn 92-jarige weduwee wat in Suid-Afrika gebore is maar nou in Brittanje by haar enigste dogter woon, word moontlik deur afgedwingde deportasie in die gesig gestaar, ondanks haar swak gesondheid.