Die Russiese winter-strategie is geen haalbare en gesonde strategie nie. Wat die beweging van staatskole na privaat skole in beweging gaan laat kom, en hoe die tempo van oorgang versnel kan word, moet dringend beplan word.
Alles vir die sleutelwoord "bron"
NWU-sonkar laat wéér die rekords spat
Die spanlede van die Noordwes-Universiteit se sonkar, Sirius X25, kon Sondag spog dat hulle 3 524 km oor ʼn tydperk van agt dae tussen Pretoria en Kaapstad afgelê én minstens drie toekennings ingeoes het.
Rooibos: Skink ʼn koppie vol gesondheid
Dié drankie, wat net in Suid-Afrika verbou word, is propvol gesondheid en kan help met veel meer as ʼn mooi vel.
[Resep] Kiwi-appel-ment-ystee
Ons het verlede week Koffiedag gevier, maar ons besef daar is mense wat eerder tee verkies. Daarom het ons dit goedgedink om sommer dié week ʼn paar heerlike teeresepte te deel.
Entrepreneurskap: Om ondervinding met tegnologie te versoen
Hiermee ʼn voorsmakie van my onderhoud met Francois Maartens, eienaar van IMCC, die man wat weet hoe om die grootste moordenaar in Afrika aan te pak, eerskomende Woensdag.
Aksie in Afrikaans
Gedink ou honde kan nie nuwe truuks leer nie? Wel, Afrikaans kán. Sy is 91 jaar oud en is gedurig besig om te vernuwe en te transformeer.
Sasol Solar Challenge: NWU is eerste SA span oor die eindstreep
Die Noordwes-Universiteit se sonkar was Saterdag die eerste Suid-Afrikaanse span om die eindstreep in Kaapstad oor te steek in die Sasol Solar Challenge.
Noue ontkoming vir paramedici by Klerksdorp-ongelukstoneel
Paramedici het ʼn noue ontkoming gehad toe ʼn motor hulle byna getref het terwyl hulle op ʼn ongelukstoneel in Klerksdorp, Noordwes, gewerk het.
Gemengde reaksie oor ‘nuwe’ Lion King
Walt Disney Studios het die afgelope week aangekondig dat hy saam met regisseur Jon Favreau gaan saamspan om ʼn nuwe weergawe van The Lion King-fliek te maak.
NRO soek ‘slegs wittes’-nedersetting in Oos-Kaap
Jaqui Gary Gradwell, projekleier van “Die Eden Projek” het in ʼn video gesê dié organisasie is van voornemens om ʼn “slegs wittes”-nedersetting op ʼn plaas te begin.
Man verdwyn in see by Oubaai
ʼn Man het in die see verdwyn nadat ʼn golf hom van die rotse afgeslaan het by Oubaai naby Heroldsbaai in die Wes-Kaap
Ses beseer tydens brand in Jhb
Ses mense, waaronder vier kinders, is Saterdagmiddag beseer toe ʼn brand in ʼn woonstelblok in Hillbrow, Johannesburg uitgebreek het.
Polisie verwelkom vonnis in mensehandelsaak
ʼn 51-jarige vrou is gevonnis nadat sy toestemming gegee het dat ʼn 65-jarige man omgang mag hê met haar 12-jarige dogter.
Dief kom sy moses teë in voormalige Mej. SA
Cindy Nell, die voormalige Mej. Suid-Afrika, het vandeesweek sommer self ʼn dief agternagesit.
Buurman skiet glo ma en seun
ʼn Ma en haar seun is Vrydagaand tydens ʼn onderonsie in Olivedale, Johannesburg geskiet.
Vrou sterf toe sy onder trekker beland
ʼn Vrou is Saterdagoggend op die R603 in Eston, KwaZulu-Natal, dood, toe ʼn trekker oor haar gery het.
Video: Oom Ollie kom groet sommer lekker naby
Eswe Ras, een van die bestuurders van Sausage Tree Safari Camp by die Balule-privaat natuurreservaat in Hoedspruit, Limpopo, het ʼn nabye ontmoeting met ʼn olifant gehad.
Huishulp deur honde verskeur
ʼn Huishulp is in ʼn kritieke toestand nadat twee Amerikaanse veghonde haar Vrydag in Newlands-Wes in Durban verskeur het.
ToekomsVenster: Liefde sluit ons monde toe en ons harte oop
Onthou dat Jesus gesê het dat die ongelowiges ook diegene liefhet wat húlle liefhet, maar dat God van ons verwag om ons vyande lief te hê. Begin daardie persoon liefdevol behandel. Jy gaan verstom staan oor wat God gaan doen!
kykNET Buite Ekspo: Kuier dat die stof staan
Die ekspo is eintlik gemik op die buitelewe-entoesias, maar hier is soveel te doen, al het jy nog nooit in jou lewe gekampeer nie, sal jy dit hier geniet.