Die aanstellingsproses het tot stilstand geknars nadat ʼn regsmening bevind het dat Busiswe Mkhwebane versuim het om botsende belange aan te meld.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Busisiwe Mkhwebane"
Mkhwebane hof toe oor gratifikasie-betaling
Adv. Busisiwe Mkhwebane, afgedankte Openbare Beskermer (OB), gaan regstappe teen die kantoor van die OB instel nadat sy verneem het sy is nie geregtig op ʼn pakket van miljoene rand ná haar dienstydperk as OB nie.
Mkhwebane hoor glo sy is nie geregtig op R10 miljoen-betaling
Adv. Busisiwe Mkhwebane, afgedankte Openbare Beskermer (OB), is glo deur die kantoor van die OB ingelig dat sy nie geregtig is op ʼn pakket van miljoene rande ná haar dienstydperk as OB nie.
Van OB tot LP: Mkhwebane ingesweer
“Ek sal seker maak dat nie eens my grootste vyand deurgaan wat ek deurgemaak het nie,” sê die afgedankte Openbare Beskermer (OB).
Mkhwebane nou trotse lid van die EFF
Die afgedankte Openbare Beskermer (OB) se lidmaatskap is Maandag aangekondig. Mkhwebane het ʼn rooi baret vir die geleentheid gedra.
Ramaphosa pos Mkhwebane
Ná ʼn jare lange stryd het pres. Cyril Ramaphosa die Openbare Beskermer, adv. Busisiwe Mkhwebane, finaal die trekpas gegee.
Onstuimige ampstermyn voor Mkhwebane se doppie geklink word
Binne 100 dae nadat die destydse president Jacob Zuma adv. Thulisile Madonsela in Oktober 2016 met adv. Busisiwe Mkhwebane as Openbare Beskermer (OB) vervang het, het die wiele begin afkom.
‘Mkhwebane het publiek in die steek gelaat’
“Vir die afgelope sewe jaar het ons vasgehou aan ons oortuiging dat sy nie ʼn geskikte kandidaat is om die amp van Openbare Beskermer te beklee nie. Vandag is ons teenkanting teen haar aanstelling uiteindelik geregverdig.”
Mkhwebane kry die trekpas as OB
Altesaam 318 stemme is vir haar ontheffing en 43 daarteen ingevorder, wat die vereiste tweederdemeerderheid behaal het.
LP’s stem vanmiddag oor geskorste OB
Parlementslede besluit Maandagmiddag oor die lot van die geskorste Openbare Beskermer (OB), adv. Busisiwe Mkhwebane. LP’s sal omstreeks 14:00 in die Kaapstadse stadsaal (waar die…
Mkhwebane se klagte teen LP’s, speaker ‘ongegrond’
Mkhwebane het klagte ingedien teen Pemmy Majodina, ANC-hoofsweep, Qubudile Dyantyi, voorsitter van die art. 194-komitee wat haar ondersoek het, en wyle ANC-LP Tina Joemat- Pettersson, in verband met die omkoperybewerings.
Mkhwebane: ‘Ek keer vandag terug werk toe’
“Mkhwebane se jongste pogings is ʼn demonstrasie van misplaaste arrogansie en beklemtoon bloot dat sy eenvoudig nie geskik is vir haar doel nie.”
‘Geen kandidaat geskik as nuwe OB’
Die waarnemende Openbare Beskermer, adv. Kholeka Gcaleka, is die verkose kandidaat van die ad hoc-komitee.
Versoeke om Mkhwebane uit te skop voor ‘goue handdruk’
“Dit sou ʼn onreg wees as sy toegelaat word om met ʼn goue handdruk af te tree.”
Mkhwebane nog nader om as OB verwyder te word
Mkhwebane is tot 21 Augustus kans gegee om op die verslag te reageer, maar het dit nie gedoen nie. Die komitee het wel Sondagaand korrespondensie van ‘n prokureursfirma ontvang wat hulself as Mkhwebane se nuwe regsverteenwoordigers voorgestel het.
Verslag is ‘bespotting van geregtigheid’, sê Mkhwebane
Mkhwebane bevraagteken hoe sy veronderstel is om op die konsepverslag kommentaar te lewer terwyl sy steeds in die proses is om nuwe regsverteenwoordiging te bekom.
Aanbeveling gemaak om OB uit haar pos te verwyder
ʼn Meerderheid van die komiteelede was ten gunste daarvan om Busisiwe Mkhwebane uit haar amp te verwyder.
Parlementêre komitee se ondersoek na OB afgehandel
Die ondersoek na die geskorste Openbare Beskermer, adv. Busisiwe Mkhwebane, se bevindings is dat sy haar aan wangedrag skuldig gemaak het, en dus onbevoeg is om haar pos te beklee.
Voorsitter in Mkhwebane-ondersoek gaan hom nie onttrek
“Ek twyfel nie dat ek regverdig, redelik, ferm en gebalanseerd was in die poging om te verseker dat die komitee sy fundamentele grondwetlike funksie vervul nie. Daar is dus geen substantiewe meriete in die herroepingsaansoek nie.”
Geskorste OB glo sy word ‘geteiken’
Die geskorste Openbare Beskermer sê sy in die posisie waar haar bevoegdheid deur ʼn parlementêre komitee ondersoek word as gevolg van “die doelbewuste waninterpretasie van feite” deur onder meer die presidensie, politieke partye, die howe en die komiteevoorsitter van die ondersoek.