Die aansoek kom skaars twee weke voordat Qubudile Dyantyi sy werk in verband met die bevoegdheid van adv. Busisiwe Mkhwebane as Openbare Beskermer moet afhandel.
Alles vir die sleutelwoord "Busisiwe Mkhwebane"
Ramaphosa nié verkeerd om OB te skors – Grondwethof
Die land se hoogste hof het adv. Busisiwe Mkhwebane se skorsing Donderdag bekragtig. Die African Transformation Movement (ATM) is alles behalwe gelukkig.
OB-komitee gaan voort ondanks Mkhwebane se versuim
Intussen sal die nuutaangestelde ad hoc-komitee wat ʼn permanente opvolger vir Mkhwebane moet benoem vandag vergader om ʼn verslag te ontvang oor die aansoeke en benoemings wat vir die pos van die nuwe OB ontvang is.
Agt maande later steeds geen uitspraak in OB-skorsingsaak
“Hierdie vertraging spreek óf van growwe onbevoegdheid op die hoogste vlakke van die regbank óf van ʼn hof wat die president aktief in sy onwettige optrede bystaan,” sê ATM.
Mkhwebane kap na komitee wat haar ondersoek
“Daar word van my verwag om eiehandig ʼn dokument wat langer is as die Bybel in die bestek van ongeveer een week te produseer. Dit is pure absurditeit.”
Skriftelike vrae aan Mkhwebane gestuur
Qubudile Dyantyi, voorsitter van die komitee, het herbevestig dat die komitee hou by sy hersiene pad vorentoe, aangesien Mkhwebane nou die fondse en toegang het tot ʼn opdraggewende prokureur.
Mkhwebane sleep weer voete by komitee
“Sy word opnuut aangemoedig om te verseker dat sy al die hulpbronne tot haar beskikking gebruik om haar te help. Die komitee gaan voort met die verrigtinge, ongeag jou kliënt se standpunt. Die deelname van jou kliënt word dus sterk aangemoedig, maar daar kan in alle billikheid nie van my verwag word om meer pogings aan te wend om jou kliënt te help as wat ek reeds gedoen het nie.”
Mkhwebane se aansoek verwerp
Die konstitusionele hof het Woensdag die geskorste Openbare Beskermer adv. Busisiwe Mkhwebane se aansoek om direkte toegang tot die hof van die hand gewys.
OB-komitee vir soveelste keer vertraag
Lede van die komitee het ook die bewerings van omkopery wat tans nuusopskrifte haal, uitgewys en gepoog om dit op die agenda van die komitee te plaas.
Ná nog vertragings móét Mkhwebane nou getuig
Die speaker van die Nasionale Vergadering het intussen haar kommer uitgespreek oor die voortdurende bewerings van korrupsie wat in die media gemaak word teen sekere lede van die art. 194-komitee.
Afpersbewerings rakende OB net nog ʼn ‘vertragingstaktiek’
Bewerings dat hoëprofiel-parlementslede glo gepoog het om adv. Busisiwe Mkhwebane af te pers om die ondersoek na haar te staak, is net nog ʼn vertragingstaktiek.
OB-komitee weer vertraag oor Mkhwebane-regshulp
Die kantoor van die OB het dit aan die begin van Maart duidelik gemaak dat hy net tot einde Maart vir Mkhwebane se regskoste kan betaal. Nieteenstaande dit is ʼn verdere R4 miljoen beskikbaar gestel.
OB-ondersoek uitgestel oor Mkhwebane se regsverteenwoordiging
Die komitee het gehoor die OB se kantoor het sedertdien ʼn verdere R4 miljoen beskikbaar gestel om die proses af te handel.
Hoeveelste bloedneus vir OB in hof
Die Wes-Kaapse hooggeregshof het Donderdag bevind dat adv. Busisiwe Mkhwebane se hersieningsaansoek voortydig is.
Mkhwebane getuig oor ‘viktimisasie, jaloesie’
Busisiwe Mkhwebane, geskorste Openbare Beskermer (OB), beweer sy is geviktimiseer bloot omdat sy haar werk gedoen het en dat regters jaloers op haar is omdat die remediërende optrede van die OB bindend is.
Mkhwebane te siek om te getuig
Daar is intussen ook kommer oor Mkhwebane se regsverteenwoordiging wat slegs tot einde volgende week deur die kantoor van die OB betaal word.
Mkhwebane getuig oor CR17-veldtog
“Vir my is dit ’n kwessie van lewe en dood.”
Mkhwebane móét dan getuig
Die komitee het intussen ‘n brief van die kantoor van die openbare beskermer (OB) ontvang oor Mkhwebane se regskoste.
Madonsela getuig nou wel in OB-ondersoek
Madonsela was vroeër die week gereed om te getuig, maar is toe nie geroep nie nadat daar onsekerheid was oor wie haar eerste sou ondervra.
Kommer oor ‘vertragingstaktieke’ deur OB, regspan
Die parlement se artikel 194-komitee, wat gelas is met die proses oor die moontlike verwydering van adv. Busisiwe Mkhwebane as OB, moes Donderdag weer sy sitting kortknip na ʼn week van vertragings en uitstelle.