Die televisie is ontsettend magtig. Die bekendes skei maklik. Ons mense sien al hierdie goed en dit word aanvaarbaar.
Alles vir die sleutelwoord "Carpe Diem Media"
4 600 Kinderbybels vir graadeens
Finesse-tydskrif ondersteun Helpende Hand se Skooltassieprojek deur ʼn geestelike element by te voeg. Vanjaar word beoog om die 4 600 skooltassies elk van ʼn Kinderbybel te voorsien.
Skei maak seer: Die troubelofte
Toe ek die tweede keer getrou het, het ek geweier om weer die belofte te maak.
Skei maak seer: Groepsdruk, kultuur en pyn
Dit is nooit te laat om te verander om jou huwelik te red nie. Dis die hoop wat getroudes met hulle kan saamneem uit een man se seerkry en heelword.
Boekbekendstelling: Wat sê jy?
Onder leiding van Liesel Krause-Wiid, is 40 vrouedominees gevra om elkeen ’n Bybelvers te kies en te skryf oor die impak van jou woorde. Nadat jy hierdie boek gelees het, sal jy beslis twee keer dink voor jy praat!
Boekbekendstelling: Wilderniswenke vir vroue
“Wilderniswenke vir vroue” is ’n oorlewingsgids deur en uit elke wildernis – terug na lewe in blydskap, volheid, vryheid … met sy Gees as kompas.
Boekbekendstelling: Mamma het ʼn breek nodig
In “Mamma het ʼn breek nodig” maak Susan Coetzer vensters oop op ʼn ma se wêreld. Sy praat op pittige wyse oor tye soos wanneer haar enigste kuiken saam met sy pêlle oorsee gaan vakansie hou en die lewenslesse wat sy by ʼn vyfjarige dogtertjie kon leer.
Boekbekendstelling: Die Trouboek
Hierdie boek bevat alles wat julle nodig het om die perfekte troudag én huwelik te verseker. Skep moed, julle is nie alleen nie!
Gedagte vir die dag: Liefde vir God bied ewige hoop
Laat ons styf vashou aan die hoop wat ons bely, want God isgetrou: Hy doen wat Hy beloof het. Laat ons ook na mekaar omsien deur mekaar aan te spoor tot liefde en goeie dade. (Hebreërs 10:23-24)