Die Nigeriese regering het Donderdag aangekondig dat nog 21 van die meer as 200 skoolmeisies, wat in 2014 deur die Boko Haram-terreurgroep in Chibok in die noordooste van die land ontvoer is, vrygelaat is.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Chibok-ontvoering"
Boko Haram-ontvoering: Tweede meisie gevind
Die Nigeriese weermag het Vrydag bevestig ʼn tweede meisie is deur plaaslike soldate gered en het haar uitgeken as een van die skoolmeisies wat in April 2014 deur die terreurgroep Boko Haram uit Chibok ontvoer is.
Een meisie gevind ná Boko Haram-ontvoerings
Een van die 219 meisies wat op 14 April 2014 by hul skool in Chibok in Borno in die noordooste van Nigerië deur die Islamitiese groep, Boko Haram, ontvoer is, is glo vandeesweek, twee jaar ná die voorval, opgespoor.
Video: Boko Haram wys glo ontvoerde meisies
Boko Haram het Maandag ʼn nuwe video vrygestel waarin die vermiste skoolmeisies van Nigerië glo gewys word en aanvoer dat die tieners na Islam bekeer het en nie vrygelaat sal woord voordat alle militante gevangenes vrygelaat word nie. Die video volg onderaan die berig.
Ontvoerde skoolmeisies: NUM vra ondersteuning vir families
Die National Union of Mineworkers (NUM) het Donderdag versoek dat die families van die meer as 200 skoolmeisies wat deur ekstremiste in Nigerië ontvoer is, ondersteun sal word.
Video: Skoolmeisies ontvoer: Boko Haram aanvaar verantwoordelikheid
Boko Haram, ʼn Islamitiese groep, het Maandag verantwoordelikheid aanvaar vir die ontvoering van honderde skoolmeisies in die noorde van Nigerië.