Liefde word in 1 Kor 13 as die allesoortreffende gawe van die Heilige Gees gesien. Almal het hierdie gawe as hulle Jesus en sy Gees het.
Alles vir die sleutelwoord "christelik"
Boek: Die Woord in kleur
Inkleurboeke vir elke ouderdom en smaak, gemeng met inspirasie wat elke dag sal ophelder. Dít is wat lesers kan verwag in Die Woord in kleur.
Gedagte vir die dag: Die uitroep van geloof
Sodra julle hoor dat die priesters ’n uitgerekte sein op die ramshorings gee, moet almal ʼn harde kreet gee. Die stad se muur sal dan inmekaarstort. Die manskappe kan dan daaroor klim om in die stad in te gaan. (Josua 6:5)
ToekomsVenster: Liefde laat God se wil in die gemeente geskied
Ek vra hoe my liefde die wil van God in die ander persoon se lewe kan laat geskied. Wanneer hierdie vraag ons gedrag bepaal, gaan ons werklik die krag van die Gees in ons gemeentes werksaam sien.
Boek: Liefde, seks en verhoudings
‘Liefde, seks en verhoudings’ kyk na die seksuele versoekings waarvoor meer as 20 Bybelse karakters te staan gekom het en wat jongmense uit hulle situasies kan leer.
Hoe maak ʼn mens: Die perfekte rolmodel vir ʼn huwelik
In vorige geslagte het mense se huwelike maklik van 50 tot 70 jaar gehou, terwyl niemand vandag sal blik of bloos indien iemand ná vier maande ʼn huwelik beëindig nie.
Gedagte vir die dag: Kies hoop
Elkeen wat op Hom vertrou, sal nóóit verneder word nie. (1 Petrus 2:6)
ToekomsVenster: Liefde breek die bose kringloop
Die liefde verander alles.
Gedagte vir die dag: Altyd getrou
Ons moet leer uit wat lank gelede reeds in die Skrif opgeteken is. Die standvastigheid en die bemoediging wat die Skrif aan ons gee, help ons om aan ons toekomsverwagting te bly vashou. (Romeine 15:4)
ToekomsVenster: ‘n Ander soort liefde
Die Bybelse beskrywing van liefde is so anders! God se liefde werk nie so nie – dank Hom daarvoor! Hy het ons lief ten spyte van wie en wat ons geword het. God het die wêreld onvoorwaardelik lief.
Boek: Hartsgebede & beloftes vir die siel
‘Hartsgebede & beloftes vir die siel’ bevat 70 gebede oor die gebeure van voor die kruisiging tot en met Jesus se hemelvaart.
Gedagte vir die dag: Hart van hoop
Hiervoor swoeg en veg ons, want ons hoop is op die lewende God wat die Verlosser is van alle mense, en veral van dié wat glo. (1 Timoteus 4:10)
ToekomsVenster: Liefde, die barometer vir volwassenheid
Die liefde vergaan nie. Geloof gaan oor in aanskoue. Die hoop word vervul. Liefde bly vir altyd, want God is liefde. Iets van God, iets van die hemel word ’n werklikheid wanneer mense deur God se Gees vervul word en mekaar liefhet.
Gedagte vir die dag: Bo alles
Vertrou op die Here. (Psalm 37:34)
Gedagte vir die dag: ’n Anker
God het vir ons ’n belofte sowel as ’n eed gegee. Hierdie twee dinge waarborg dat God sy woord sal hou. En so het ons wat onsself aan God toevertrou het, ’n kragtige aansporing om vas te hou aan die vooruitsig wat vir ons wink. Hierdie vooruitsig is soos ’n betroubare en stewige anker – ’n anker wat onbeweeglik vasgemaak is in die Allerheiligste van die hemelse heiligdom. (Hebreërs 6:17-19)
Gedagte vir die dag: Vol hoop
Ek bid dat dié God wat aan ons ’n toekomsverwagting gee, deur die geloof julle lewens met blydskap en vrede sal vul. Ja, mag julle lewens tot oorlopens toe vol verwagting word deur die kragtige werking van die Heilige Gees. (Romeine 15:13)
ToekomsVenster: Die gawe van alle gawes
Elke liggaamsdeel mag dalk ’n funksie hê. Daar is voete, hande, harte, oë en ore. As die liggaam nie bloed het nie, is dit dood. Dis ’n lyk. Die gedeeltes in die Nuwe Testament wat oor die gawes handel, maak duidelik dat liefde soos die bloed van die liggaam is.
Gedagte vir die dag: Vrede in jou gedagtes
Alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop moet julle julle gedagtes rig. En wat julle van my geleer en ontvang het, en gehoor en gesien het, dit moet julle doen. En God wat vrede gee, sal by julle wees. (Filippense 4:8-9)
ToekomsVenster: Die ryke verskeidenheid van God se mense
As jy volgende keer kerk toe gaan, kyk na elke mens wat rondom jou sit met hierdie ingesteldheid: Hulle is begaafde mense! God se Gees is op hulle uitgestort. Hy het vir elkeen ’n taak.
Hoe maak mens: Die resep vir ʼn huwelike wat hou
Wat het veroorsaak dat ons oumas en oupas se huwelike soveel langer as vandag se huwelike gehou het?