Hy is en bly op die troon, ʼn metafoor wat getuig van sy absolute en totale beheer en insig in elke situasie. Rus vandag in daardie wete.
Alles vir die sleutelwoord "christelik"
Gedagte vir die dag: Is my sonde te groot?
Niemand wat deur God sy kind gemaak is, maak nog ’n gewoonte van die sonde nie. Hoe kan hy? (1 Johannes 3:9, Die Boodskap)
Gedagte vir die dag: Net jý het ’n deurhandvatsel!
Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As jy my stem herken en die deur oopmaak, sal Ek na jou toe ingaan en ons sal die fees-ete saam geniet. (Openbaring 3:20)
Gedagte vir die dag: Hoe sien jy ander?
Wees ’n voorbeeld vir alle gelowiges deur wat jy leer, in die manier waarop jy lewe, in jou liefde. (1 Timoteus 4:12b)
ToekomsVenster: God bly getrou
Antwoorde is nie geredelik beskikbaar nie en daarmee moet ons vrede maak. Veral met die wete dat God getrou is en ons roep om Hom onder alle omstandighede te vertrou. Na alles, dis mos ʼn reis in geloof!
Gedagte vir die dag: Bietjies-bietjies
Vertrou op die HERE! Wees sterk en skep moed! Ja, vertrou op die HERE! (Psalm 27:14)
ToekomsVenster: Deel jou ervaringe van God
Vertel hoe God jou tegemoet getree het, hoe jy verligting gevind het, hoe jy die moed bymekaar geskraap het om op te staan.
Gedagte vir die dag: Soms is ’n mens sommer net bang
Moenie bang wees nie, want Ek is by jou. (Jesaja 41:10a)
ToekomsVenster: Ons Here is groot, almagtig en innoverend
Die ewigheid self is nie lank genoeg om God en sy wysheid te dissekteer nie. As alles klaar gesê en gedoen is, het ons maar nog net begin…
Boek: Maak tyd om te lewe
Maak tyd om te lewe sal lesers help om terug te staan van hulle grense en die ruimte te skep wat hulle nodig het om God te vertrou om te doen wat Hy in hulle en deur hulle wil doen.
Gedagte vir die dag: Gee vandag ’n glimlag
Vriendelikheid maak ’n mens gelukkig. Goeie nuus is goed vir jou gesondheid. (Spreuke 15:30, Die Boodskap)
ToekomsVenster: God se kinders lewe anders
God se kinders moet anders lewe. Ons roeping is om ander se lewenskwaliteit en potensiaal te verbeter. Die toekoms gaan die besluite wat ons vandag maak uitspeel.
Gedagte vir die dag: Vind rus in die Moontlike!
Jesus het opgestaan, die winde en die see streng aangespreek en daar het ’n groot kalmte gekom. (Matt 8:26b
ToekomsVenster: Psalms vir die toekoms
Die Psalmdigter gee ‘n belangrike sleutel tot die groot lewensvraag: “Hoe kan ek seker maak dat dit goed gaan met my en met ander?”
Boek: Die inspirerende inkleurboek vir grootmense
Dié prettige boek vol teksverse en pragtige patrone sorg vir ‘n unieke inkleurervaring – dit sal jou na ‘n ander wêreld meevoer en jou kreatiwiteit na vore bring. Word stil, kry rus vir jou siel en kom nader aan God.
Gedagte vir die dag: Dagbreek-genade – dis joune!
Die pad van die regverdiges is soos die lig met dagbreek. Dit word al hoe helderder totdat die volle dag aanbreek. Die pad van die goddeloses is soos stikdonker. Hulle weet nie eers waaroor hulle gestruikel het nie. (Spreuke 4:18-19)
Gedagte vir die dag: Jy’s soveel meer …
My genade is genoeg vir jou, want my krag kom juis in swakheid tot volle verwesenliking. (2 Korintiërs 12:9)
Gedagte vir die dag: Meer as net nog iemand
Daarom, soos julle reeds doen, moet julle aanhou om mekaar moed in te praat en geestelik op te bou. (1 Tessalonisense 5:11)
ToekomsVenster: Leiers wat dien
Jesus se model van leierskap is dat dit dienend moet wees. Om te dien beteken om jouself te gee. In Jesus se geval het sy selfprysgawe uitgeloop op sy dood.
Gedagte vir die dag: Beursies sonder gate!
Die beursies van die hemel kry nie gate in nie. Julle skat sal veilig wees – geen dief kan dit steel en geen mot dit vernietig nie. Waar jou skat is, dáár sal jou hart en gedagtes ook wees. (Lukas 12:33b-34)