Ons lewe behoort sommer elke dag gevul te wees deur uitgesproke, kragtige en kort geloofsbelydenisse.
Alles vir die sleutelwoord "christelik"
Gedagte vir die dag: Ons smag na rein harte
Skep vir my ‘n rein hart, o God. Gee my ‘n nuwe, standvastige gees. (Ps 51:12)
Gedagte vir die dag: Rein van hart
Die woord van God is vol lewenskrag en energie. Dit is skerper as ‘n swaard wat twee skerp kante het. Dit sny diep tot binne-in ons innerlikste wese, tot in ons gewrigte en murg. Dit vlek ons diepste motiewe en oorwegings oop. (Heb 4:12)
Gedagte vir die dag: God is hoop
Ek bid dat God in wie julle al julle hoop stel, elke deeltjie van julle geloofslewe sal vol maak met blydskap en vreugde. Dan sal julle, deur die groot krag van die Heilige Gees in julle lewens, altyd oorvloedige hoop hê. Dan sal julle onwrikbaar vashou aan die Here, kom wat wil. (Rom 15:13, Die Boodskap)
ToekomsVenster: Vrede, nog ʼn waarde vir ons tyd
Vrede is dan iets wat jy doen en ervaar en wat jy weggee. Suid-Afrika het baie vredemakers nodig.
Sou Jesus getwiet het?
Of Christene die internet en tegnologie voluit gebruik om Jesus Christus se koninkryk te vergroot, is ’n vraag wat elke gelowige vir homself moet beantwoord. Dit is wel raadsaam om die feit dat Jesus wel sóú getwiet het, in gedagte te hou.
ToekomsVenster: Betrokkenheid, nog ʼn waarde vir ons tyd
Ons het nodig om doelgerig betrokke te raak. Dit is al manier om die negatiewe afsydige gees te troef. Ons moet aksie neem en dinge doen om ons afsydigheid te demp. Maar dit is belangrik dat God eers ons negatiewe gedagtes nuut sal maak.
Gedagte vir die dag: Die kroon van God se skepping
Wanneer ek opkyk na die naghemel en ek sien die werke van u vingers, die maan en sterre wat U in hulle plekke geplaas het, wat is die mens dat U aan hom dink? U het hom ‘n bietjie minder gemaak as hemelse wesens, en hom gekroon met roem en eer. (Ps 8:4-6)
ToekomsVenster: Geduld, nog ʼn waarde vir ons tyd
Ons het in ons land baie geduld en vergifnis nodig. Daar is soveel opgehoopte woede en onverdraagsaamheid.
Gedagte vir die dag: Selfregverdiging – die groot leuen
Hy sê toe vir hulle: “Julle wil graag in die openbaar goed voorkom, maar God ken julle bose harte. Wat hierdie wêreld vereer, is ’n gruwel in die oë van God.” (Luk 16:15)
ToekomsVenster: Leerbaarheid, nog ʼn waarde vir ons tyd
Leerbaarheid as lewensingesteldheid (waarde) lei natuurlik ook daartoe dat ons die wysheid van die lewe ontdek en as mense geweldig groei. Hoe gouer jy leer dat jy nie alles weet nie en ook nooit volleerd is nie, hoe meer sal jy as mens groei.
Gedagte vir die dag: Die bloed van Jesus
Nou spreek God ons in sy genade vry op grond van die verlossing wat Christus Jesus vir ons verkry het – en dit sonder enige verdienste van ons kant. Want God het Hom gestuur as ’n offer wat deur sy sterwe versoening bewerk het vir almal wat glo. (Romeine 3:24-26)
ToekomsVenster: Nederigheid, nog ʼn waarde vir ons tyd
Ds. Jannie Pelser van die ToekomsVenster-inisiatief vra dat ons vandag hierdie gebed sal bid: “Here, help my om alle hooghartiheid wat nog aan my hang en weer en weer wil opstaan, te laat vaar. Help my om soos Jesus voete te was. Amen.”
Gedagte vir die dag: God vergewe en reinig
So ver as wat die verste punte van die heelal van mekaar af is, so ver, en nog verder, vat Hy ons sondes se straf van ons af weg. (Psalm 103:12, Die Boodskap)
Gedagte vir die dag: God op huurkoop
As jy dors is, kom dan na My toe en drink. Die een wat in My glo – soos die Skrif sê: “Riviere lewende water sal uit sy binneste vloei.” (Johannes 7:37-38)
Gedagte vir die dag: Die splinter van sonde
En hoe sien jy die splintertjie in jou medemens se oog raak, maar jy merk die yslike stomp in jou eie oog nie op nie? Of hoe sal jy vir jou medemens sê: “Kom, laat ek daardie splintertjie uit jou oog haal,” terwyl daar ’n yslike stomp in jou eie oog sit? Jou skynheilige, haal eers die stomp uit jou eie oog uit. Dan sal jy ook duidelik kan sien om die splinter uit jou medemens se oog te haal. (Matteus 7:3-5)
ToekomsVenster: Verantwoordelikheid, ʼn kernwaarde vir ons tyd
Here help my om hulle met verantwoordelikheid te versorg en te koester.
Gedagte vir die dag: Jesus maak ons vry
Christus het ons vrygemaak om regtig vry te wees. Hou vas aan hierdie vryheid. Moet dit vir niks ter wêreld prysgee nie. Moenie toelaat dat ander mense julle weer slawe van hulle skewe sienings maak nie. (Galasiërs 5:1, Die Boodskap)
ToekomsVenster: Eerlikheid, ʼn kernwaarde vir ons tyd
Jesus wil hê dat jou Christen-integriteit eenvoudig ‘n geval van ja of nee sal wees, en dat jy dit bedoel.
Gedagte vir die dag: Jesus maak ons vry
So ver as die ooste is van die weste, so ver verwyder Hy ons oortredings van ons. (Psalm 103:12)