Julle is deur die Heilige Gees gesalf, en julle ken almal die waarheid. (1 Johannes 2:20)
Alles vir die sleutelwoord "christelik"
Gedagte vir die dag: Ingeënt
God het die Israeliete gelos en Hy red julle wat heidene is. Dit is soos wanneer iemand takke van ’n mak olyfboom afbreek en dan takke van ’n wilde olyfboom inent op die mak olyfboom. Dan groei daardie wilde takke aan die mak olyfboom en hulle kry ook van die boom se wortel al die kos wat hulle nodig het. (Romeine 11:17, Die Bybel vir almal)
Gedagte vir die dag: ’n Olyfboom
’n Groen olyfboom met mooi gevormde vrugte, so het die Here jou genoem. Maar as die hordes met ’n gedruis aankom, sal hulle jou blare aan die brand steek en jou takke kaal stroop. Die Here die Almagtige wat jou geplant het, het bepaal dat die ramp oor jou kom. Dit gebeur oor die kwaad wat die mense van Israel en Juda hulleself aangedoen het toe hulle My gekrenk het met hulle offerandes aan Baäl. (Jeremia 11:16-17)
Gedagte vir die dag: ’n Houtkruis
Die boodskap van die kruis van Christus is wel onsin vir dié wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God. (1 Korintiërs 1:18)
Gedagte vir die dag: Timmerman
Is hy dan nie ’n timmerman, ’n seun van Maria en die broer van Jakobus, Joses, Judas en Simon nie? (Markus 6:3)
Gedagte vir die dag: ’n Juk
Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. My juk is sag en my las is lig. (Matteus 11:28-30)
Gedagte vir die dag: Tuinier
Here Jesus, U is die Groot Tuinier. Ek wil vrug dra. Dankie dat U met my bemoeienis maak. Amen
Gedagte vir die dag: God se stem in die tuin
Hulle het die stem van die HERE God gehoor terwyl Hy wandel in die tuin in die aandwindjie. (Genesis 3:8, Bybel in Afrikaans 1933/1953)
Gedagte vir die dag: Die paradys
Elkeen wat kan hoor, moet luister na wat die Gees vir die gemeentes sê. Aan elkeen wat die oorwinning behaal, sal Ek te ete gee van die boom van die lewe, wat in die paradys van God is. (Openbaring 2:7)
Gedagte vir die dag: Getsemane
Daar was ’n man met die naam Josef, afkomstig van ’n Joodse dorpie Arimatea. Hierdie man het na Pilatus toe gegaan en die liggaam van Jesus gevra. Nadat hy dit van die kruis afgehaal het, het hy dit in linne toegedraai en in ’n rotsgraf neergelê waarin nog nooit tevore iemand begrawe was nie. (Lukas 23:50, 52-53)
Gedagte vir die dag: Die tuin
Die Here God het toe ’n tuin in Eden in die ooste aangelê en die mens wat Hy gevorm het, daar laat woon. Die Here God het verder allerlei bome, mooi om na te kyk en lekker om van te eet, uit die grond laat uitspruit, ook die boom van die lewe in die middel van die tuin, en die boom van alle kennis. (Genesis 2:8-9)
Gedagte vir die dag: Die Gees van liefde
God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het. (Romeine 5:5)
Gedagte vir die dag: Die hele hart
Ek wil aan U gehoorsaam wees met my hele hart. (Psalm 119:10)
Gedagte vir die dag: Die krag van die Christen
Verder nog dit: Soek julle krag in die Here en in sy groot mag. (Efesiërs 6:10)
Gedagte vir die dag: Beklee jou met Christus
Beklee julle met die Here Jesus Christus. (Romeine 13:14)
Gedagte vir die dag: Die wêreld
Moenie die sondige wêreld en die dinge van die wêreld liefhê nie. As iemand die wêreld liefhet, is die Vader se liefde nie in hom nie. (1 Johannes 2:15)
Gedagte vir die dag: Volkome vir Christus
Hy het vir almal gesterwe, sodat dié wat lewe, nie meer vir hulleself moet lewe nie, maar vir Hom wat vir hulle gesterf het. (2 Korintiërs 5:14-15)
Gedagte vir die dag: Die Gees van gebed
Die Gees pleit volgens die wil van God vir die gelowiges. (Romeine 8:27)
Gedagte vir die dag: In Christus
Maar deur Hom is julle in Christus Jesus. (1 Korintiërs 1:30)
Gedagte vir die dag: Voorbidding
Doen dit alles biddend en smeek God by elke geleentheid deur die Gees. Wees waaksaam en bid gedurig vir al die gelowiges. (Efesiërs 6:18)