Maar, ek is ook (amper) 24, en ek is ook in ʼn aktiewe liefdesverhouding met God. Én ek is ʼn Christen. Christen is nie net ʼn naam nie, dit is my identiteit. Dit beteken ek is een met Christus, en daarom wil ek Hom navolg in alles wat Hy van my vra.
Alles vir die sleutelwoord "Christenskap"
Liberales se vreemde beheptheid met bespotting
Liberalisme gee voor om die ideologie van verdraagsaamheid te wees. Dit lyk egter soms of die enigste verdraagsaamheid wat liberalisme voorstaan, verdraagsaamheid teenoor hul eie onverdraagsaamheid is.
Christen-kers in Midde-Ooste byna uitgedoof
Daar is ’n ander probleem waaroor in die Weste óf glad nie, óf slegs fluisterend gepraat word: Die grootskaalse vervolging van Christene, veral in die Midde-Ooste en Noord- en Oos-Afrika.
‘Christene ervaar hoë vlakke van vervolging in 73 lande’
Kyk hier na die top‑10‑lande waar Christene tans die meeste vervolging ervaar.
‘My besef dat Afrikaans, Christenskap en rugby nie boos is nie’
Van ʼn jong Durbanse seun wat in die Hindoegeloof grootgeword en geleer het dat Afrikaans en rugby boos is tot ʼn man wat al talle Afrikaanse boeke geskryf het, ʼn Christen is en rugbyspelers met sy motiveringspraatjies help.
1 uit elke 12 Christene verduur ‘uiterste’ mates van vervolging
Geopende Deure stel jaarliks ʼn lys vry van die top-50 lande waar dit die moeilikste is om ʼn Christen te wees.
Kultuurorganisasies kan unieke oplossings bied
Kultuurorganisasies wat bereid is om deur erkenning die ryk historiese en kulturele skatkis waaroor kultuurgemeenskappe beskik te ontsluit en eietyds toe te pas, het reeds ’n alternatiewe oplossing hiervoor.
SA klug: Genoeg is genoeg
Kan Christene aan so ʼn oproep beantwoord of sal ons tientalle verskonings aanbied waarom skole, kerke, besighede, staatsdepartemente, hospitale, koerante, die kunste nie vir ʼn paar uur tot stilstand kan kom en verklaar nie: Dis nou of nooit!
Nuuskommentaar: Ruk die wetenskap handuit?
Die bekende Stephen Hawking het pas in ’n tydskrif-onderhoud gesê kunsmatige intelligensie hou ’n bedreiging (en geleenthede) vir die mensdom in. Sy “oplossing”, ’n wêreldregering, sal waarskynlik onder erger kritiek as sy ander menings deurloop. Maar hoe reageer die Christen op die wetenskap / natuur?
“Vir die voëls” se Simoné: ‘Ek verkondig van nature my Christenskap’
“Ek het myself hoor sê ‘Here, as ek ooit die geleentheid kan hê om op die groot skerm te wees en om dít te doen, dan belowe ek om, wanneer die kollig op my is, dit soos ʼn spieël na U toe terug te skyn, want ek wil dit nie vir myself hê nie’.”
‘Mighty Men’ bid 40 dae vir die land
Die Karoo Mighty Men-konferensie het hul 40-dae-bid-samekoms op 17 Maart bekendgestel. Gedurende dié jaarlikse geleentheid kan Suid-Afrikaners hande neem om 40 dae lank vir die land te bid.
Kerkleiers maak stemme dik oor ‘Lucifer’-reeks
Die televisiereeks, Lucifer, het onlangs ʼn herrie op sosiale media ontketen weens die sensitiewe aard van die inhoud van die reeks en verskeie Suid-Afrikaanse kerkleiers het ook hul stemme dikgemaak teen M-Net.
SA filantroop, sakeman se unieke boek op die rakke
Francois van Niekerk, Atterbury se medestigter, het destyds 70 persent van sy maatskappy se aandeelhouding vir liefdadigheid en Koninkryksuitbreiding aangewend.
Taliban-moorde: ʼn Nuwe begin in geloof
Dr. Hannelie Groenewald se lewe is minder as ʼn jaar gelede lewe abrup verander toe haar gesin in hul huis in Afganistan deur ’n Taliban-moordbende uitgewis is.
400 eerstejaars sing lofliedere in reën
Foto’s van ongeveer 400 eerstejaars wat spontaan begin lofliedere sing toe die reën tydens ʼn eerstejaarskamp uitsak, word wyd op sosiale media gedeel.
As die rykes ‘moan’, wat moet die armes doen?
My dogters weet ons is ryk. Skatryk. Ryker as die meeste mense op aarde – ons bly byvoorbeeld in ʼn baksteenhuis, het krag wat gereeld trip en ek en Marina het elkeen ons eie kar. Dis belangrik dat hulle dit weet. Niks is erger as rykmense wat ‘moan’ nie.
Nuuskommentaar: Christen-reaksie op SA-gebeure
Christene se reaksie op gebeure in die land word tans veel meer getoets as net deur die litigasie oor die plek van ’n godsdienstige etos in skole.
Godsdiens in skole: AfriForum sal skole se regskostes dra
Die burgerregte-inisiatief AfriForum het aangebied om die volle regskostes van skole met ʼn Christelike etos te dra, sou diegene wat gekant is teen godsdiens in skole hulle dreigement uitvoer om dié skole in die hof te probeer dwing om op te hou om godsdiens op skool te beoefen.
Christenwaardes in skole: Verset teen hofaksie gesteun
Die VF Plus steun die hewige versetreaksie teen die beoogde hofaksie wat daarop gemik is om ses Suid-Afrikaanse skole te verbied om Christenwaardes by die skole uit te leef, aangesien dit indruis teen die wese van demokrasie in die land.
Nuuskommentaar: Skole – beteken godsdiensvryheid géén godsdiens?
Die organisasie vir godsdienste-onderrig en demokrasie het ʼn aansoek in die hooggeregshof in Johannesburg gebring om ses skole landswyd te verbied om ʼn Christelike etos voor te staan. Maar beteken godsdiensvryheid noodwendig géén godsdiens? Herman Toerien neem die saak onder die loep.