Die departement van korrektiewe dienste het Maandag gesê hulle ondersoek is byna afgehandel om die verdagte beamptes vas te trek wat glo twee van die sogenaamde Waterkloof-vier gehelp het om ʼn selpartytjie by die Kgosi Mampuru-gevangenis in Pretoria te hou.
Alles vir die sleutelwoord "Christoff Becker"
Twee van Waterkloof-4 sal 72 uur aangehou word
Christoff Becker en Frikkie du Preez, twee van die sogenaamde Waterkloof-4 wat Sondag weer in hegtenis geneem is nadat hulle glo alkohol gebruik het terwyl hulle nog in die Kgosi Mampuru-Sentraal-gevangenis in Pretoria was, gaan vir 72 uur lank aangehou word terwyl die voorval ondersoek word.
Waterkloof-4 eersdaags vry
Die sogenaamde Waterkloof-4 gaan in Februarie op parool vrygelaat word.
Waterkloof-2 moet terug tronk toe
Die hooggeregshof in Pretoria het Maandag beslis dat twee van die sogenaamde Waterkloof-4 terug moet gaan tronk toe, het die SAUK berig.